Books > Language & Literature > Literature: texts > Essays, journals, letters & other prose works
|
Buy Now
Portrette in My Gang (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R58
Discovery Miles 580
|
|
Portrette in My Gang (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
Loot Price R58
Discovery Miles 580
Expected to ship within 4 - 8 working days
|
In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge
en gebeurtenisse wat 'n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het.
Die digbundel word as 't ware 'n klein galery van skilderye wat
momente in die skrywer se lewe vasvang. Die openingsgedig
“Vergange” bevat 'n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor
daardie oomblikke wat huiwer tussen “aankoms en vertrek”, oomblikke
waarin die tyd “saamvloei in die nou / se durende verlede.” Daarom
dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp
nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert
Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se
moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, 'n stoere
wildeseringboom en 'n gunsteling-posduif. Daar is ook gedigte oor
magiese oomblikke, soos 'n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv,
'n nag by die see en 'n oesdag in die Overberg wat herinner aan 'n
Van Gogh-skildery. Dit is 'n ontroerende bundel waarin die digter
nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor
beskawing en by monde van Bartolomeus Dias “vermoed: Afrika duld
nie vreemde goed”.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.