Eben Venter se Brouhaha-rubriek is by verre die gewildste in die
Saterdag-BY. Sms'se van lesers stroom weekliks in: 'Ek hou so baie
van Eben Venter se Stoney-stories. Hy doen meer om begrip en selfs
bewondering van die gehate Oz by ons rotsvaste ek-
sal-nooit-emigreer-Suid-Afrikaners te vestig as enigiets of iemand
anders.' Ook: 'Eben Venter se woordkuns is soos 'n oase in die
BY-woestyn.' Geniet die keur uit sy allerbeste Stoney-stories, 'n
handvol onverbeterlike resepte met sy verstommende
Brouhaha-vertellings as bonus. Brouhaha is nou in boekvorm
beskikbaar op aandrang van die leserspubliek.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!