|
|
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Errol Tobias se verkiesing tot Springbok was onmiddelik omstrede. In 1980 word hy ons eerste swart Springbok rugbyspeler – te midde van internasionale sport-isolasie en groeiende protes weens die regeringsbeleid. In Errol Tobias: Suiwer Goud vertel hy openhartig van sy sportloopbaan: vanaf kindsbeen tot met die groot oomblikke in die groen-en-goud, die vreugdes, die verlies, en die omstredenheid.
Die waarheid agter legendariese rugbywedstryde word onthul, soos die Suid-Amerikaanse toer waar Tobias ’n rekord gebreek het, en die rampspoedige Nieu-Seeland-toer waar protesaksie teen die Springbokspan oorweldigend geword het. Hy skryf oor sy hegte vriendskap met Springboklegende Rob Louw, en die onwrikbare ondersteuning van Danie ‘Dok’ Craven. Hier is ook Tobias se opinie oor vandag se kwotastelsels.
Baie ander mense het al hul opinie oor Errol Tobias en sy rol in Suid-Afrikaanse rugby gelewer. Hier is sŭ kant van die saak.
Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel vir Artemis keer: die vigilante wat besig is om misdaad teen kinders met 'n lang lem te wreek. Met die media wat skree, politici wat druk toepas, 'n span onbeholpe jong speurders en kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie 'n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van 'n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
Coenraad de Buys was die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêrelduit. Van die Langkloof swerf Buys - oftewel Khula, Koning van die Basters, veelwywer, rampokker, voëlvry-verklaarde, pes van die regering, reus - deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Buys is 'n roman oor grense en oor grond. Dit vertel waar ons vandaan kom.
Biljart kopkrapper. Elke situasie in hierdie boek is 'n moeilike
gemeenskaplike tafel probleem. Die basiese idee is eenvoudig.
Voltooi die eerste bal. Voltooi dan die tweede bal. As jy 'n goeie
biljarter, jou sukses met hierdie konfigurasies bewys dat jy is 'n
ernstige mededinger. (Google Translate) Hierdie boek is beskikbaar
in die VSA (amazon.com) en Europa (*.uk, *.fr, *.de, *.es, *.it).
Also see the author's Billiards Blog on the Billiard Gods web site.
Biljart kopkrapper. Elke situasie verduidelik die presiese
vaardigheid wat nodig is vir die perfekte posisie. Daar is 'n
verduideliking vir die korrekte wit spoed en spin. Hierdie boek
leer jy die regte keuses en die regte besluite. Jou nuwe
vaardighede en kennis help jy wen baie speletjies. Hierdie boek is
beskikbaar in die VSA (amazon.com) en Europa (*.uk, *.fr, *.de,
*.es, *.it). Also see the author's Billiards Blog on the Billiard
Gods web site.
Hierdie opleiding boek het honderde van verskillende tipes van bore
en oefeninge. Begin met maklike setups en dan stadig beweeg in die
moeilike skote. Dit sal jou vermoens te verbeter. Week na week,
maand na maand, sal jou vaardighede en kennis te verbeter. Hoe meer
jy oefen, hoe gouer sal jy 'n kenner biljart speler geword. Hierdie
boek is beskikbaar in die VSA (amazon.com) en Europa (*.uk, *.fr,
*.de, *.es, *.it). Also see the author's Billiards Blog on the
Billiard Gods web site.
Aalwyne word algemeen gebruik in tuine dwarsoor die land, en is gewilde 'argitektoniese plante', daar is ook 'n groeiende belangstelling in hulle medisinale en kommersiële gebruike. Daar word gekyk na onder meer klassifikasie, identifikasie, en hoe om tuin te maak met aalwyne. 50 spesies word beskryf, met inligting oor die kleur en verspreiding. Kleurfoto's word regdeur gebruik.
Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse
uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste
stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande
Italie, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto (1963),
Ole (1965) en Midi (1969). Baie leesbare verhale wat steeds iets
weerspieel van daardie eerste vroee opgetoendheid oor n wereld
wat nog gele en wag het om in Afrikaans ontdek te word, soos Brink
dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is
speels en ook indringend.
Die Maja-kalender sê ons einde kom in 2012.
Maar daar was al oorgenoeg ánder eindes vir die wêreld of die menslike beskawing voorspel. Johannes de Villiers ondersoek die aardskuddende gevare wat ons (miskien?) inwag. Die profesieë van die Majas en Nostradamus, ons ontstuimige son, natuurrampe, meteoriete uit die buitenste ruim, selfs zombies en eindvisies eie aan Suid-Afrika word hier saamgevat. Daar is hoop, selfs al gebeur die ergste.
Vind uit wat om te doen in die eerste 5 minute ná die groot ramp, en ’n egte “survivalist” wys ’n bietjie van hoe om in die veld te oorleef. En dan wat van mense wat moet voortleef ná hulle verkeerde voorspellings gemaak het?
Roepstem van die Horison is 'n versameling ware jag- en
natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher (1937 -
2007). Johann Bacher was 'n polisieman van beroep wat altyd na aan
die natuur geleef het, maar voorts 'n besondere mens in die sin dat
hy 'n uitstekende sportman was met Springbokkleure in amateurstoei
en provinsiale kleure in stoei, boks, atletiek en swem, 'n
gesinsman, natuurkenner, jagter van formaat, maar ook skrywer en
digter. Hierdie boek bestaan nie net uit jagtersverhale nie, maar
bevat ook 'n unieke jagtersfilosofie wat soos 'n goue draad deur
die boek verweef is. Verder kleur die skrywer die wonder van die
natuur en die skepping in met sy unieke skryfstyl en sorg hy dat sy
liefde vir die Afrika-natuur ook by die leser sal aansteek. Die
boek bevat vervolgens onontbeerlike praktiese veldwenke vir die
jagter asook die natuurliefhebber.
In the age of Blackberry, iPods, iPads, iPhones and such, an astonishingly versatile is brought to you by a classic dame.
Evita Bezuidenhout presents her own version of surviving a technologically-challenged state of mind: a notebook focussed on organising one's life with enjoyment and humour.
This is much much more than a journal and includes photos and sayings of Evita.
Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee is 'n rusbankreis deur
die wereld vir die van ons wie se wanderlust nog nie tot
uitbarsting gekom het nie. Dus, sit terug en kom kuier saam in
Farnese, Libie, Haiti, die Midde-Ooste, Hong Kong, Finland, Chili,
Afghanistan, Irak, Papua New Guinea, Reni in die Oekraine, en nog
baie ander vreemde plekke.
In my geval was dit nie 'n ligte mistykie om af te tree nie, maar
'n moerse een. Meestal is dit net ek en my nuutgevonde pel Johnnie
Walker. My vrou is bekommerd oor hierdie vriendskap. Erg. So begin
Franz Kemp se lakoniese en bitterbekkige vertelling oor sy sestig
dae in die Suid-Soedan. Om van verveling te ontsnap aanvaar hy 'n
werksaanbod om 'n nuwe TV-stasie in Juba, die hoofstad van die
Suid-Soedan, van die grond af te kry deur die daaglikse
nuusbulletin op te stel. Dis makliker gese as gedaan. Want Juba is
"die gatkant van die wereld", verneem Kemp op die lughawe. En Kemp
is maar 'n kwasterige man.
|
You may like...
Botanicum
Kathy Willis
Hardcover
R586
Discovery Miles 5 860
|