![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat. Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies. Dit is ’n moet vir Frankofiele!
Hierdie gewilde veldgids tot die natuurlewe van Suider-Afrika, jare lank al ’n vertroude metgesel van natuurliefhebbers, is nou omvattend bygewerk. Dit bied beskrywings en akkurate illustrasies in volle kleur van meer as 2,000 plante en diere asook verspreidingskaarte vir die meeste groepe. Elke hoofstuk het sy eie kleurkode om naslaan te vergemaklik en uitkenmerke in die beskrywings is in vetdruk. Elke hoofstuk is geskryf deur ’n kenner op sy gebied.
Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.
Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend. Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op dié wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld. Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is ’n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met ’n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis.
AB de Villiers is een van Suid-Afrika se grootste sporthelde. Hy is sedert 2011 kaptein van die Suid-Afrikaanse eendagspan asook ’n lid van die nasionale span sedert hy op 20 Desember 2004, op 20-jarige ouderdom, sy buiging vir die Proteas gemaak het. AB het reg deur sy lewe op die sportveld uitgeblink én word vandag as een van die beste kolwers ter węreld, in alle aspekte van die spel beskou. AB: Die Outobiografie, sal insig bied oor die man agter die kolf en onder die kopskerm, asook oor deurslaggewende oomblikke tydens sy loopbaan en sy verhoudingsbande met verskillende mentors. Die leser sal teruggeneem word na die agterplaas van AB se ouerhuis waar hy as kind die eerste keer saam met sy broers leer krieket speel het, en sal voorgestel word aan al die kleurvolle karakters en sportlui wat paaie met AB gekruis het. AB se belangstelling in musiek en in die sakewęreld word ook onder die loep geneem asook hoe hy hierdie belangstellings van hom saam met sy internasionale krieketloopbaan uitleef.
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voelboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voelkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voelkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die titel bevat al die voels wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voels van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibie, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls van Suider Afrika is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voelgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou. Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voel soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit. 'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika te gebruik.
Christine Louw is die dogter van Christine van Wyk, die bekende stigter van Christine van Wyk Toere. Die skrywer neem die leser saam op reis na onbekende, avontuurlike plekke. Reisgogga gaan oor die mens se begeerte om die vreemde te verken. En oor die lewenslesse en avvontuur wat met die uitdagings van reis gepaardgaan. Reis is 'n ontdekking en ontdekking is 'n reis.
This traveller's guide provides information to both the overseas visitor and local tourist on the many eco-hotspots this diverse country has to offer. It contains: over 435 full-colour photographs, two maps showing major routes and biome regions, national parks, regional reserves and World Heritage Sites, contact details for making bookings. A must for all nature lovers and those interested in the eco-wonders of this country of ours.
In Riviereland lewer Karel Schoeman verslag van twee reise deur Nederland. In die eerste, korter deel skryf hy oor 'n besoek aan die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Haarlem en Leiden as deel van uitgebreide navorsing oor die VOC-tydperk, maar besoek ook kleiner plekkies soos Meppel en Hattem wat bande met sy eie grootouers het. Die tweede deel handel oor 'n langer verblyf in die provinsie Gelderland, die mees landelike van die Nederlandse provinsies. Die reis het weer eens ten doel om navorsing te doen oor figure soos Jan van Riebeeck, Simon van der Stel en baron Van Reede van Oudtshoorn, asook die gewone werkslui wat in diens van die VOC was, soos die vryburger Jan van Herwerden en sy vrou Jannetje Boddijs. Terselfdertyd word die skrywer voortdurend getref deur die skoonheid van die landskap in gebiede soos die Hoge Veluwe en die groot riviere die Ryn, die Maas en die IJssel wat deur die vlak land vloei. Die boeiende verslag van 'n verblyf in die buiteland word dus telkens verryk deur herinnerings aan en verbintenisse met die vroeë koloniale geskiedenis van Suid-Afrika en die skrywer se eie familiegeskiedenis.
Afrikaans sonder grense Klankeprogram vir Graad 1 Eerste Addisionele Taal is 'n hulpmiddel vir onderwysers om die klanke van Afrikaans suksesvol te onderrig. Dit voldoen aan al die vereistes van die klankeprogram in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Die kennis van klanke maak die deur oop vir lees en skryf. In die Klankewerkboek word die klanke sistematies aangebied. Die aktiwiteite is so prettig dat die kinders amper nie sal weet dat hulle besig is om te werk nie! Klanke word ook dikwels herhaal sodat dit goed vasgele kan word. Die Klankewerkboek word ondersteun deur 'n Onderwysersgids. Hierin word gepaste metodiek vir die onderrig van klanke op hierdie vlak beskryf. Afrikaans sonder grense Graad 1 is die taalreeks vir die nuwe opvoedkundige bedeling!

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie. Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk. “Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!
In hierdie boek skryf die veteraan-rugbyskrywer Michael Green, nes in
sy vorige boek Stryd van die Reuse, oor ’n paar wonderlike karakters
wat deur die jare hul talente op die rugbyveld uitgestal het. Dis nou
manne soos Kwagga Smit, Beast Mtawarira, Percy Montgomery, Chester
Williams en prins Alexander Obolensky, om net ‘n paar te noem. Green
vertel ook van sy eie avonture, soos van die dag toe die voormalige
Springbokkaptein Joost van der Westhuizen hom dik wou tik; en oor die
dag toe ‘n dorp se drank opgeraak het ná ‘n onverwagte sege teen die
All Blacks en oor die Stellenbosch-kroegspan se omstrede rugbytoer waar
die dronk spelers graag“springhaas-springhaas” gespeel het. Nie jou
alledaagse rugbyboek nie. Dit is ‘n rugby-rondomtalie wat jou gaan laat
lag, huil en ril van lekkerkry!
Al lank ’n gewilde hulpbron, die nuwe, opgedateerde Oorsiglys van Voëls in Suider-Afrika is nou beskikbaar. Dit bevat ’n lys van al die voëls wat in die streek te sien is, en bied ’n eenvoudige metode om aan te dui waar en wanneer jy hulle waargeneem het. In gerieflike sakformaat bied dit:
Sal verwelkom word deur die streek se voëlkykers wat hulle waarnemings in Afrikaans wil nasien en opteken.
Afrikaans sonder grense Klankeprogram vir Graad 1 Eerste Addisionele Taal is 'n hulpmiddel vir onderwysers om die klanke van Afrikaans suksesvol te onderrig. Dit voldoen aan al die vereistes van die klankeprogram in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Die kennis van klanke maak die deur oop vir lees en skryf. In die Klankewerkboek word die klanke sistematies aangebied. Die aktiwiteite is so prettig dat die kinders amper nie sal weet dat hulle besig is om te werk nie! Klanke word ook dikwels herhaal sodat dit goed vasgele kan word. Die Klankewerkboek word ondersteun deur 'n Onderwysersgids. Hierin word gepaste metodiek vir die onderrig van klanke op hierdie vlak beskryf. Afrikaans sonder grense Graad 1 is die taalreeks vir die nuwe opvoedkundige bedeling!
Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die bome van die subkontinent. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene bome in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle groei, en meer te wete kom oor hul unieke eienskappe.
’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede. Groot klem word op goeie beplanning gelę, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.
Hierdie praktiese, eenvoudige gids tot van die voëls in Suider-Afrika wat die meeste gesien word, is gemik op beginner- en selfs juniorv oëlkykers. Dit is meer toeganklik as ’n volwaardige veldgids, en baie nuttig met eenvoudige teks, duidelike illustrasies en foto’s van 300 van die streeks se voëls wat die maklikste te sien is. Vir elke voël bied die boek: - Eenvoudige teks met onder meer ‘vind dit;’ ‘identifiseer dit’ en ‘verstaan dit’ - Illustrasies en foto’s in volkleur - ’n Verspreidingskaart - Die gewone Afrikaanse naam, wetenskaplike naam en gewone name in Engels en ander Afrika-tale - Gemiddelde grootte en besonderhede oor die nes - Omraamde teks met bykomende inligting vir sommige voëls. Hierdie kleurryke, tersaaklike boek met bondige aanwysings vir identifisering behoort groot byval te vind by Suider-Afrikaanse voëlkykers en buitelewe-entoesiaste.
Afrikaans sonder grense Klankeprogram vir Graad 1 Eerste Addisionele Taal is 'n hulpmiddel vir onderwysers om die klanke van Afrikaans suksesvol te onderrig. Dit voldoen aan al die vereistes van die klankeprogram in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Die kennis van klanke maak die deur oop vir lees en skryf. In die Klankewerkboek word die klanke sistematies aangebied. Die aktiwiteite is so prettig dat die kinders amper nie sal weet dat hulle besig is om te werk nie! Klanke word ook dikwels herhaal sodat dit goed vasgele kan word. Die Klankewerkboek word ondersteun deur 'n Onderwysersgids. Hierin word gepaste metodiek vir die onderrig van klanke op hierdie vlak beskryf. Afrikaans sonder grense Graad 1 is die taalreeks vir die nuwe opvoedkundige bedeling!
Hierdie boek het ontstaan as 'n verhaal oor die lewe van 'n besonderse mens: David Samaai. Maar baie gou besef jy dat dit eintlik 'n boek oor 'n baie besonderse familie, die Samaai-familie woonagtig in Paarl, is. Davy Samaai was 'n legendariese tennisspeler, 'n begaafde musikant, 'n inspirerende skoolhoof of hardwerkende onderwyser. Hy het ook met sy voorbeeld gelei.
'n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit
verg toewyding en laterale denke om diep in jou algemene kennis te delf
en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind.
Wil jy verder as sinonieme en glanspersoonlikhede dink vir jou blokraaisels? Sien jy kans om laterale denke te laat gedy? Die wonderlike woordwęreld van kriptiese blokraaisels wag. ’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding om diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind. Die Eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiselboek bevat dertig nuwe raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel. Kan jy dié breinbreker oplos sonder om die oplossings te raadpleeg? Sterkte vir die reis, en onthou: ’n Toeristeskip sonder soetgoed, is duister ten opsigte van betekenis!
Afrikaans sonder grense Klankeprogram vir Graad 1 Eerste Addisionele Taal is 'n hulpmiddel vir onderwysers om die klanke van Afrikaans suksesvol te onderrig. Dit voldoen aan al die vereistes van die klankeprogram in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Die kennis van klanke maak die deur oop vir lees en skryf. In die Klankewerkboek word die klanke sistematies aangebied. Die aktiwiteite is so prettig dat die kinders amper nie sal weet dat hulle besig is om te werk nie! Klanke word ook dikwels herhaal sodat dit goed vasgele kan word. Die Klankewerkboek word ondersteun deur 'n Onderwysersgids. Hierin word gepaste metodiek vir die onderrig van klanke op hierdie vlak beskryf. Afrikaans sonder grense Graad 1 is die taalreeks vir die nuwe opvoedkundige bedeling!
Sasol Eerste Veldgids tot Roofvoëls van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die voellewe van die streek. Met behulp van volkleur-foto’s en -verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene roofvoels in Suider- Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en broeigewoontes.
Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika is ’n interessante gids tot die paddas van die streek. Volkleurfoto’s, verspreidingskaarte en verstaanbare teks sal nuwelinge en aspirantnatuurkenners help om die algemeenste paddaspesies in Suider-Afrika uit te ken, te ontdek waar hulle voorkom en te leer van hul unieke gedrag en buitengewone eienskappe. |
![]() ![]() You may like...
Sexual Harassment and Abuse in Sport…
Celia Brackenbridge, Kari Fasting
Hardcover
R1,869
Discovery Miles 18 690
Individual Psychological Therapies in…
Jason Davies, Claire Nagi
Paperback
R1,216
Discovery Miles 12 160
Photoshop Tips, Tricks & Shortcuts in…
Robert Shufflebotham
Paperback
![]() R346 Discovery Miles 3 460
|