|
|
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Kook soos jou ma en jou ouma gekook het! Die meeste van ons het aangename herinneringe oor kos. Dalk ’n gunsteling-dis gemaak deur ’n geliefde ouma of tannie, of ’n spesiale aroma wat ons terugneem na ’n tyd en plek toe die lewe net perfek was. In Clover Onthoukos het ons onderneem om 55 van hierdie betowerende resepte met jou te deel… disse wat jou sal help om die beste oomblikke uit jou kinderjare of lewe te onthou, en wat jou gaste sommer lank sal bybly! Hierdie is die negentiende Clover-resepteboek wat ek bevoorreg is om saam te stel, en net tussen jou en my, ek dink dis een van ons heel bestes tot op hede! Dit bevat daardie resepte waarna almal soek… die resepte wat die komplimente laat inrol, wat jou laat uitstaan as ’n uitstekende bakker, en elke liewe keer ongelooflike resultate verseker. Alle resepte is weer eens gemaak met Soveel Beter Clover-produkte, wat bekend is vir hul uitmuntende kwaliteit, en wat jy heel moontlik alreeds byderhand het in jou kombuiskas of spens. Dit was nog nooit só maklik of bekostigbaar om watertand geregte te kook of bak nie! As ’n ekstra bederf het ons ook dié keer al 55 disse afgeneem – sodat jy presies weet hoe die eindresultaat veronderstel is om te lyk. En om jou aptyt selfs meer aan te wakker. Clover Onthoukos is een van daardie resepteboeke wat jy vir die volgende geslag sal wil bêre, en Clover is trots daarop om ’n deel van hierdie smaaklike nalatenskap te wees. Mag dié boek jou help om meer kosbare herinneringe te skep deur jou kook- en bakwerk!
Lag jou slap saam met een van RSG se gunsteling-omroepers! Het jy die een gehoor van die radio-omroeper, die boek en die honderde grappies? Ná die wegholsukses van Ian Wessels se vorige grapboek, Genade! EdeLAGbare, het hy nog ’n humoristiese boek saamgestel wat jou sal laat skaterlag! Lag Sonder Grense bars uit sy nate van die grappe. Dié gewilde omroeper van Radio Sonder Grense (RSG) spaar niemand nie: Almal – van skoonma tot manlief; van baas tot Klaas – loop deur. Ian skeer heerlik die gek met alles wat ’n mens soms tog so swaar op die hart lê. Nie net sal Lag Sonder Grense jou laat skud van die lag nie, dit sal jou ook genoeg materiaal gee om die beste grappe by jou volgende braai te vertel. Lees, lag en voel ligter!
In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen
te eet. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen:
waatlemoenen druiwe in die somer; grenadellas en vye in herfs;
sitrusvrugte in die winter en avokados, kappertjies en spruite in
die lente. Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood
en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. Met nuttige
wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei. Vir alle
kosliefhebbers.
Hier is 'n versameling gewaagde reddings vol drama en gevaar, ter
viering van die NSRI se 50ste herdenking. Die stories, wat alles
dek van brandende skepe tot haai-aanvalle, van sinkende vistreilers
tot hallusinerende vissermanne, gaan oor die mens se konstante
stryd teen sommige van die gevaarlikste vaarwaters op aarde. Dit
sluit die storie in wat tot die stigting van die NSRI gelei het.
As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.
Skreeusnaaks en uittartend soos net Deon Maas kan.
In hierdie boek ontsien Maas niks of niemand nie. Hy skryf onbeskaamd en doodeerlik oor allerlei eg Suid-Afrikaanse heilige koeie. Afrikaans op kampusse, selfies, baarde, banting, die Guptas en die sogenaamde Stellenbosch Mafia loop deur onder die uitgesproke skrywer se skerp pen. Sy blatante eerlikheid oor alles van mans se “menere” tot Julius Malema, gay huwelike en NG-dominees is verfrissend.
Dit is vlymskerp, omstrede en onvergeetlik.
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n
inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die
rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en
inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende
jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe,
verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike
illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en
illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir
grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en
familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul
kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke
illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is
tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende,
kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
In Vroue Na Aan My Hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin.
Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne.
Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees.
Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisieteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed.
Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te maak.
|
|