![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
Koester die herinneringe aan jou babadogtertjie se eerste lewensjaar!
As Suid-Afrikaner wat in Engeland woon, het Andr Pretorius die geleentheid om plekke te besoek wat vir die meeste van ons net drome bly. Maar met sy uitstekende skryfwerk bring hy in hierdie boek talle van die eksotiese plekke naby sy lesers. Hy laat ons deel in die soektog na ’n kelim in die mark van Marrakesj, in die nostalgie van Nobelpryswenner Orhan Pamuk se Istanboel, in die verhewe skoonheid van die St. Pieterskerk in Rome en in ’n bootrit op die magtige Irrawaddy-rivier in Birma gedurende die renseisoen wanneer dit voel asof die waters van hemel en aarde versmelt. Daar is ook vermaaklike oomblikke, soos wanneer hy aan ’n wynproe-cum-marathon in die Medoc-vallei deelneem (met voorspelbare gevolge) en wanneer hy met net ’n klein lappie as bedekking dit na ’n openbare bad in Boedapest waag.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en - opsteller. Die Bybel Blokraai bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
Penvere is 'n versameling rubrieke deur die voelkenner Morne du Plessis wat enigeen - hetsy agtertuinduifbewonderaar of kranige ornitoloog - breed sal laat glimlag. In hierdie bundel word met 'n fyn oog en 'n skerp sin vir humor gekyk na die sonderlinge gedrag en gewoontes van verskeie Suid-Afrikaanse voelspesies, waarvan die meerderheid selfs aan die leek bekend behoort te wees. Van die hadida en die lemoenduif tot die mossie, koekoek en bosloerie - elke spesie bestaan in 'n unieke verhouding tot die natuur - en besit 'n magdom eiesoortighede wat soms nie veel van menslike gedrag verskil nie. Met sy pittige aanslag en skerp waarnemeingsvermoe, dwing die skrywer die leser om saam met hom verwonderd te raak oor die boeiende wereld van voels wat rondom hom bestaan, die natuur is te kosbaar en te breekbaar om dit huis toe te bring.
Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. InMaaltye – maklike geregte vir elke dagkan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Genspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.
Of jy nou 'n grondeienaar of bestuurder van 'n stuk natuurlike veld in die Kaap, of 'n besoeker aan hierdie unieke deel van Afrika is, neem dit jou nie lank om die merkwaardige rykdom van die streek te waardeer nie. Bergreekse, valleie, kusgebiede en vleilande dra by tot 'n ongeewenaarde biodiversiteit van wereldwye belang - in so 'n mate dat groot dele daarvan Werelderfenis-status verwerf het. Hierdie boek is 'n gids om besoekers, inwoners, bestuurders of eienaars van grond in die Fynbosbioom te help om die uitsonderlike rykdom te waardeer en te bestuur. Deur te put uit die omvattende kennis van navorsers en bestuurders in die Fynbos Forum-gemeenskap, het ons gepoog om `n praktiese, toeganglike stuk gereedskap vir die verbetering van grondbestuur in die Fynbosbioom daar te stel, en om die jongste wetenskaplike kennis oor die bestuur van hierdie globaal belangrike, ryk ekostelsel te deel.
Twee vriendinne besluit om die spoor van die die Nama-mense (afstammelinge van die Khoi-Khoi) van die Noord-Kaap te volg. Hulle vertrek met die doel om uit te vind hoe hulle "gefragmenteerde" kulturele ervaringe eenders of anders as die van Annie en haar mense, die sogenaamde Kaapse bruinmense is. Maar wat begin het as 'n soeke na "objektiewe" feite en inligting, het mettertyd gelei tot 'n proses van selfondersoek en 'n ontdekkingstog wat deur noue, intieme interaksie met die mense van Namakwaland, hoop skep dat lampe aangesteek kan word wat die "andersheid", maar veral die "eendersheid" van die verskillende etniese en kulturele groepe in SA sal uitlig.
Sagteband (Flexibound); volkleur en gelamelleer
Die meeste ma’s word daagliks uitgedaag om hul kinders aan te moedig om gesonde maaltye te nuttig wat lewenskragtig en voedsaam is. Pretkos bied ’n skatkis van idees om gesonde, inspirerende etes vir kinders te berei – met groot pret! Van slaaie, peuselhappies, kosblikkos en toebroodjies, aandete, teetyd en pieknieks tot groente en vrugte word ingesluit. Die hoofstukke bevat heelwat kreatiewe idees vir verbeeldingryke geregte wat kinders vir hulself kan berei. Al die resepte is gestileer om alledaagse maaltye pret te maak, soos Slaaihasie, Vrolike frittatas, Pers pasta, Ryskoekie-uile en Soesji-broodjies.
“Not sex please,” s die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?” Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik. Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.
Coach Loffie is 'n alles-in-een-handleiding vir alle aspiranten reeds gevestigde afrigters, sportlui en sportliefhebbers. Dis geskoei op die koestering van drome, Loffie se persoonlike belewenisse tydens sy grootword- en weermagjare en sy ervaring as speler en afrigter. Hy fokus op genot en veiligheid binne die sportstrukture en rugsteun sy benadering met waardevolle bydraes deur 'n biokinetikus, 'n mediese dokter, 'n fisioterapeut, 'n dieetkundige, 'n tegniese spesialis, 'n sportagent, 'n lewensafrigter en 'n geestelike leier
Christine Louw is die dogter van Christine van Wyk, die bekende stigter van Christine van Wyk Toere. Die skrywer neem die leser saam op reis na onbekende, avontuurlike plekke. Reisgogga gaan oor die mens se begeerte om die vreemde te verken. En oor die lewenslesse en avvontuur wat met die uitdagings van reis gepaardgaan. Reis is 'n ontdekking en ontdekking is 'n reis.
Die eerste volledige streekgids oor die inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom.
Hierdie gids is deel van 'n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied 'n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek. Met behulp van kleurfoto's en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en ongewone eienskappe.
In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek. Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye. Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!
‘n Anderste, trots Suid-Afrikaanse Afrikaner kookboek waarin vertellinge van plaaslewe, doilies, koeksisters en ander Afrikaanse ikone saamgevleg word. Anna Carolina put uit die tallose invloede van die Suid- Afrikaanse platteland om iets unieks en eietyds, ‘n viering van ‘n ryk nalatenskap, aan te bied.
In Riviereland lewer Karel Schoeman verslag van twee reise deur Nederland. In die eerste, korter deel skryf hy oor 'n besoek aan die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Haarlem en Leiden as deel van uitgebreide navorsing oor die VOC-tydperk, maar besoek ook kleiner plekkies soos Meppel en Hattem wat bande met sy eie grootouers het. Die tweede deel handel oor 'n langer verblyf in die provinsie Gelderland, die mees landelike van die Nederlandse provinsies. Die reis het weer eens ten doel om navorsing te doen oor figure soos Jan van Riebeeck, Simon van der Stel en baron Van Reede van Oudtshoorn, asook die gewone werkslui wat in diens van die VOC was, soos die vryburger Jan van Herwerden en sy vrou Jannetje Boddijs. Terselfdertyd word die skrywer voortdurend getref deur die skoonheid van die landskap in gebiede soos die Hoge Veluwe en die groot riviere die Ryn, die Maas en die IJssel wat deur die vlak land vloei. Die boeiende verslag van 'n verblyf in die buiteland word dus telkens verryk deur herinnerings aan en verbintenisse met die vroe koloniale geskiedenis van Suid-Afrika en die skrywer se eie familiegeskiedenis.
Insektopedie l die betowering en ryke verskeidenheid van die wreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. ’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat di diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. Die boek sluit af met ’n 60-bladsy gellustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s.
Die boekie stel die leser bekend aan die vaardighede en metodes wat nodig is om diere se spore in die veld te herken, en dit bevat 48 spesies met verspreidings kaarte en foto's. Die dier word beskryf en daar word gekyk na habitat, spoor en gewoontes.
Sasol Eerste Veldgids tot Algemene Voels van Suider-Afrika bied n fassinerende blik op die voellewe van die streek. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene voelspesies in Suider-Afrika kan identifi seer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en broeigewoontes.
Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.
Hierdie gewilde veldgids tot die natuurlewe van Suider-Afrika, jare lank al ’n vertroude metgesel van natuurliefhebbers, is nou omvattend bygewerk. Dit bied beskrywings en akkurate illustrasies in volle kleur van meer as 2,000 plante en diere asook verspreidingskaarte vir die meeste groepe. Elke hoofstuk het sy eie kleurkode om naslaan te vergemaklik en uitkenmerke in die beskrywings is in vetdruk. Elke hoofstuk is geskryf deur ’n kenner op sy gebied.
Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend. Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op di wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld. Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is ’n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met ’n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis.
Die gedenkuitgawe van Newman se Vols van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voelboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voelkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voelkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die titel bevat al die voels wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voels van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibie, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Vols van Suider Afrika is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voelgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou. Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voel soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit. 'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Vols van Suider Afrika te gebruik.
In Dana se nuwe bundel vertel hy die stories van ons land se mense, die gewone mense, mense wat sommerso onder die radar leef... Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf met groot nederigheid en respek oor die mense wat andersinds ongesiens lewe en in die proses verryk en verruim hy ons. Boonop is hy dikwels skreeusnaaks. |
![]() ![]() You may like...
View from the Mountaintop: A Journey…
Lee Ann Fagan Dzelzkalns
Paperback
|