0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (28)
  • R100 - R250 (76)
  • R250 - R500 (112)
  • R500+ (33)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning

Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback): Bernie Fabing Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback)
Bernie Fabing
bundle available
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie.

Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.

“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
bundle available
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywęreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Resepte (Afrikaans, Paperback): Suzellediy Suzellediy Resepte (Afrikaans, Paperback)
Suzellediy Suzellediy 2
bundle available
R295 R231 Discovery Miles 2 310 Save R64 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal!

Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou.

Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!

107 Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback): Nataniel 107 Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Nataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde SARIE-rubrieke: 107 Kaalkoppe geskryf vanaf 2012 tot 2021.

Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie.

Met die węreld op sy kop was daar nog nooit ’n beter tyd vir ’n boek soos dié nie.

Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids (Afrikaans, Paperback): Johan Badenhorst Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids (Afrikaans, Paperback)
Johan Badenhorst; Photographs by Gideon du Preez Swart
bundle available
R334 Discovery Miles 3 340 Ships in 4 - 8 working days

Suid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetsporespan weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef.

Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika. Van daar af is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge en tot aan die suidpunt van Suid-Afrika: Agulhas. Vrystaatse vlaktes, grootste Drakensberge, Bosveld, Kaapse strande – noem maar op – daar is ’n oorvloed om te geniet. Die langpad in Suid-Afrika roep …

Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:

  • Name en telefoonnommers van gidse in elke streek
  • Akkommodasiebesonderhede
  • ’n Paklys
  • Afstande tussen dorpe
  • Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg
  • Wetenswaardighede
Megaboere (Afrikaans, Paperback): Wynand Dreyer Megaboere (Afrikaans, Paperback)
Wynand Dreyer
bundle available
R270 R189 Discovery Miles 1 890 Save R81 (30%) Ships in 5 - 10 working days

Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het.

Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.

Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.

Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
bundle available
R350 R241 Discovery Miles 2 410 Save R109 (31%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywęreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Węreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
bundle available
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback): Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor... Voels Van Suider-Afrika - Die Volledige Fotogids (Afrikaans, Paperback)
Burger Cillie, Niel Cillie, Phil Penlington, Trevor Hardaker, Karen Wiesler 11
bundle available
R695 R556 Discovery Miles 5 560 Save R139 (20%) Ships in 5 - 10 working days

VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen.

Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n volledige en verkorte register
  • ’n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback): Brenden Nel Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback)
Brenden Nel
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."

Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus.

Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .

Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel.

Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar 17
bundle available
R450 R329 Discovery Miles 3 290 Save R121 (27%) Ships in 4 - 8 working days

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

50 Jaar Met Fred - Fred Mouton se Beste Spotprente (Afrikaans, Paperback): Bun Booyens 50 Jaar Met Fred - Fred Mouton se Beste Spotprente (Afrikaans, Paperback)
Bun Booyens
bundle available
R320 R256 Discovery Miles 2 560 Save R64 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Met sy fyn oog sien Fred Mouton álles raak. Sy vlymskerp spotprente lewer raakvat sosiale kommentaar en is al vir 50 jaar stapelvoedsel vir duisende Afrikaanse koerantlesers. 50 Jaar met Fred bevat meer as 400 van sy beste sketse en etse. Met sy fyn oog sien Fred Mouton álles raak. Sy vlymskerp spotprente lewer raakvat sosiale kommentaar en is al vir 50 jaar stapelvoedsel vir duisende Afrikaanse koerantlesers. 50 Jaar met Fred bevat meer as 400 van sy beste sketse en etse. Die boek is as’t ware ’n aaneenlopende strokiesprent van Suid-Afrika se wel en wee oor die afgelope vyf dekades – dit dek alles van groot politieke storms en sportdramas tot omstrede figure en huismoles.

In sy sketse wys Fred ook die alledaagse dinge wat mense raak. Die droogtes en die landreën, inflasie wat elke keer net-net voor die verbruiker by die petrolpomp opdaag, die Springbokke wat verloor en dan weer wen. Fred het tussendeur ook vir Landbouweekblad, Huisgenoot, Weg! en dosyne ander publikasies geteken. Sy humor is kurkdroog, sy sketse komies – en soms ontstellend, maar altyd só bekend.

In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Azille Coetzee In My Vel - 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Azille Coetzee
bundle available
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Azille Coetzee gaan studeer in Nederland, kry ’n Nederlandse lover en besluit om in Europa aan te bly. Maar iets voel nie reg nie … Daar is tog altyd die vraag: Watter herkoms hou die styfste vas, Afrika of Europa? Dié is ’n uiters leesbare verhaal van identiteit, reis en liefde: intiem, eerlik en slim.

Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback): Owen Hendry Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback)
Owen Hendry
bundle available
R180 R144 Discovery Miles 1 440 Save R36 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis?

Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite.

’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.

Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian Sinclair, Phil Hockey Sasol Voëls Van Suider-Afrika (Met PVC-Omslag) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey
bundle available
R480 R383 Discovery Miles 3 830 Save R97 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe): Ian... Sasol Voëls van Suider-Afrika (Met Skandeer Strepieskodes Vir Voëlroepe) (Afrikaans, Paperback, 5de Hersiene Uitgawe)
Ian Sinclair, Phil Hockey 2
bundle available
R450 R359 Discovery Miles 3 590 Save R91 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. Hierdie omvattende topverkopergids is grootliks verbeter en sal beslis sy plek behou as een van die mees betroubare veldgidse in Afrika.

Belangrike kenmerke van die nuwe uitgawe:

  • Meer as 800 nuwe illustrasies
  • Skandeer en speel voëlroepe deur die gratis aflaaibare toep te gebruik
  • Omvattende hersiening (met mees onlangse spesierekords), verspreidingskaarte en plaatbyskrifte
  • Nuwe toevoegings van bydraende skrywers
  • Omvattende dekking van die streek se voëls
Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
bundle available
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag.

Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlę het.

In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraďne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.

Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
bundle available
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ver in die węreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan.

Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Faansie Peacock Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Faansie Peacock
bundle available
R520 R406 Discovery Miles 4 060 Save R114 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Ek hoop jy's reg vir 'n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie.

Hierdie boek sal jou help om elke voel in Suider Afrika te identifiseer. Maklik!

Jy sal ook snaakse en interessante feite leer oor alles van sterre tot superhelde, plus so ietsie oor voels ook.

Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink Poskaarte Van 'n Reis (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) In Stock

Poskaarte van 'n reis is 'n keur van Jacqueline Leuvennink se rubrieke en artikels wat deur die jare in menige tydskrifte verskyn het. Jacqueline se fyn waarneming en vermoë om verwikkelde emosies en situasies in eenvoud te verwoord laat die leser opnuut verwonderd oor die skoonheid van ons węreld.

Die skrywer nooi die leser om haar te vergesel op ver reise na interessante bestemmings en inspirerende ervarings.

Poskaarte van 'n reis is 'n unieke versameling artikels wat maklik en individueel gelees kan word vir lesers wat nie baie tyd het vir lees nie, maar steeds iets moois en voedsaam vir die siel op een slag wil lees.

Sushi En Shosholoza - Rugbyreise En Pelgrimstogte In Japan (Afrikaans, Paperback): Erns Grundling Sushi En Shosholoza - Rugbyreise En Pelgrimstogte In Japan (Afrikaans, Paperback)
Erns Grundling
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm oor die land waar die Rugbywęreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Kom stap weer saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!

Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Piet Matipa Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Piet Matipa 3
bundle available
R200 R160 Discovery Miles 1 600 Save R40 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ’n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die węreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lę op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Vuurwarm (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vuurwarm (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
bundle available
R425 R365 Discovery Miles 3 650 Save R60 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.

In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.

Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
bundle available
R480 R412 Discovery Miles 4 120 Save R68 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.

Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback): Johan Badenhorst Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback)
Johan Badenhorst
bundle available
R239 Discovery Miles 2 390 In Stock
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Samoe(r)sa Reis
c. Johan Bakkes Paperback R282 Discovery Miles 2 820
Min Shaw: Sprokie van 'n Liefling - 'n…
Shaun Andrew Mynhardt Paperback  (1)
R248 Discovery Miles 2 480
Karoofossiele - Suid-Afrika se Eerste…
Dr Michael Cluver Paperback R215 Discovery Miles 2 150
John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met…
John C. Maxwell Leather / fine binding R299 R246 Discovery Miles 2 460
Moer Toe Die Vreemde In
c. Johan Bakkes Paperback R253 Discovery Miles 2 530
Babilon - Johannesburg In Die Koloniale…
Karel Schoeman Hardcover R420 R310 Discovery Miles 3 100
Voetspore in Suid-Afrika: 'n Reisgids
Johan Badenhorst Paperback R334 Discovery Miles 3 340
Identifiseer die Bome van Suider-Afrika
Braam van Wyk, Piet Van Wyk Paperback R320 R256 Discovery Miles 2 560
Kat se blad - Stuitige strokies
Philip de Vos Hardcover R172 Discovery Miles 1 720
Skuif - Die Evolusie Van Ons Wereld…
Martin Ince Hardcover R382 Discovery Miles 3 820

 

Partners