Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die
kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy
eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie.
In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat
Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners,
statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse
burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans.
Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy
Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en
uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een
daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele
château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat.
Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie
avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur
aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies
geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies.
Dit is ’n moet vir Frankofiele!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!