Die pragtig geillustreerde boek is daarop gemik om van
enige iemand ’n suksesvolle bakker te maak. Dit is gegrond
op basiese baktegnieke en wenke. Die resepte is deeglik
getoets en het maklike stappe om te volg. Daar word ook
gefokus op die bakgeheime wat min ander bakboeke inhou.
Dit sal vir jou die selfvertroue gee om die basiese resepte met
gemak te bak en jou stadig maar seker die moed gee om die
meer tegniese resepte te bemeester. Om tuis te bak gee vir
jou ‘n uitlaatklep, ’n plek om kreatief te wees en geleentheid
om iets te kan gee wat jy self gemaak het.
Die resepversameling sluit iets vir elke okkasie in; van
kleingebak tot krummelrige pasteie. Lieflike koeke, blikke vol
koekies, dekadente terte en eenvoudige skons is deel van die
boek se gebak.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!