Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.
Die Herero-opstand 1904–1907 is ’n heruitgawe van ’n boek wat ses keer tussen 1976 en 1979 deur HAUM gepubliseer is. Die lotgevalle van die Hererovolk word in hierdie boek geskets, ’n stuk geskiedenis wat ’n sentrale plek in Namibie se kleurryke geskiedenis beklee. Die opstand van die Herero’s in 1904 teen Duitse koloniale gesag kan beskou word as die enkele gebeurtenis wat die gebied se volksverhoudinge die ingrypendste verander het. Die Herero-opstand 1904–1907 vertel van die geleidelike opbou na die konflik, die skielike uitbarsting van geweld en die tragiese afloop vir die Herero’s toe duisende verhonger het en hulle grond en politieke seggenskap verloor het.
Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is. Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.
Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is ’n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel ’n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer ’n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. ’n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van ’n sterk, intelligente vrou.
Die agtste en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap beskryf die agteruitgang en verval van die VOC en die gevolge wat dit vir Kaap gehad het gedurende die laaste kwarteeu van die VOC-bewind. Swanesang dek die tydperk vanaf die dood van goewerneur Rijk Tulbagh tot en met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795. Sy opvolgers, J.A van Pletterberg, J.C. de Graaff, die waarnemende goewerneur Rhenius en die laaste goewerneur, J.A. Sluysken, en die onsekerheid wat die laaste deel van die VOC-tydperk gekenmerk het, word belig. Afgesien van die amptelike rolle wat verskeie VOC-amptenare gespeel het, word ook aandag aan hulle karaktereienskappe en persoonlike lewens gegee om sodoende lewe aan die geskiedkundige figure te gee. Schoeman slaag egter veral daarin om naas die amptenary ook ’n beeld te gee van die lewe van gewone mense in die breer Kaapse samelewing. Besonder boeiend is die bespreking van die reise van verskeie natuurkundiges, soos die Swede Thunberg en Sparrman, die Skotte Masson en Paterson, die Nederlander Robert Jacob Gordon en die Franse Sonnerat en Le Vaillant. Veral die flambojante Le Vaillant se boeke was baie populer en het bygedra om die Kaap en sy interessante fauna en flora wyd bekend te maak. In die laaste hoofstukke word aandag gegee aan die Franse Rewolusie en ander politieke veranderinge in Europa wat Nederland verswak en tot die Britse oorname van die Kaap gelei het.
Die sewende boek in Karel Schoeman se reeks oor die VOC-tydperk aan die Kaap die Goeie Hoop handel oor die tyd toe Ryk Tulbagh goewerneur van die Kaap was. Min is bekend oor Tulbagh se lewe in Nederland en oor die persoonlike aspekte van die man wat bekend was as “Vader Tulbagh, maar Schoeman slaag daarin om uit argivale en gepubliseerde bronne die Kaap tydens sy bewind lewe te gee. In die eerste groep hoofstukke word veral gekonsentreer op die Kompanjie en sy werksaamhede: die skeepvaart in en om Tafelbaai, die Kasteel as die sentrum van gesag aan die Kaap en die amptenary wat die werksaamhede van die VOC vlot moes laat verloop en verantwoordelik vir die handhawing van orde in die klein kolonie was. In die volgende hoofstuk word die nedersetting in die Tafelvallei bespreek, wat in Tulbagh se tyd al redelik dig bevolk was. Daarna kom die Liesbeekvallei en die uitbreiding van die kolonie na die Boland en nedersettings soos Stellenbosch, die Drakensteinvallei en die Wagenmakersvallei aan die orde. Volgens prof. O.J.O. Ferreira bewys hierdie werk dat Karel Schoeman tans die voorste kenner van die Kaapse kultuurgeskiedenis is: “Met sy deeglike navorsing, onderhoudende skyfstyl en raak aanvoeling vir dit wat die leser sal interesseer, het Schoeman ’n brok Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis daargestel wat deur huidige en toekomstige geslagte historici, kultuurhistorici en gewone lesers met groot vrug as bron van inligting gebruik kan word, maar bowenal aan hulle ’n uitsonderlik genotvolle leeservaring sal verskaf.
’n Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ’n heruitgawe. ’n Stil gemoed is ’n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ’n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ’n manier wat met die invloede rekening hou.
Die leser kry 'n gedetailleerde terugblik op die verre verskiet (prehistories en histories) in die Transvaalse Laeveld en die verhaal ontplooi tot en met 1946. Die invloed van die mens is orals waarneembaar, as 'n mens dit net wil sien - van argeologiese oorblyfsels, kommunikasiestelsels (of die afwesigheid daarvan), vroee nedersettings, transportryers, baanbrekers en jagters, omheiningsprobleme en die tsetsevlieg, tot die grondlegging van bestuursmaatreels en ander verwante prosedures wat vandag nog in die NKW gehandhaaf en plek-plek in miskien ietwat aangepaste vorm toegepas word.
In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg. In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing. Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het. Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.
Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.
Die kernboodskap is dat alle mense kinders van God is. Die hele titel draai om die begrip van liefde en die toepassing daarvan in ons lewe. Elke hoofstuk bevat 'n kort meditasie-oefening om Christene in te lei in hierdie persoonlike geesteservaring.
Uit die vertellinge van C.F. Gronum kry die leser ’n seldsame en insiggewende blik op die leefwyse van die negentiende-eeuse Boere in die Maricodistrik. Jagtogte, transportryery, verskillende tipes meule, die delwerye op Kimberley en die Kimberleyse trein is maar enkele aspekte wat aandag geniet. Die ingewikkelde verhouding tussen die Boere en Mzilikaze word onder meer in hierdie kontreigeskiedenis verken. So word daar byvoorbeeld vertel van tante Pertoors wat uiteindelik haar groen kappie aan Mzilikaze afgestaan het en hoe hy twee jaar later steeds hoogs in sy skik die kappie gedra het! Jagtogte, transportryery, verskillende tipes meule, die delwerye op Kimberley en die Kimberleyse trein is maar enkele aspekte wat aandag geniet.
Kortverhale oor die Bosoorlog in Suidwes-Afrika en Angola. 'Die gety is net reg vir boeke oor die Bosoorlog in Suidwes Afrika en Angola. En die beste is gewoonlik daardie wat geskryf is deur mense wat daar was - soos Cobus Bothma. Hy skryf soos 'n mens mens. Sy vertellings raak ligte sentimentele note en swaar snare.' So skryf Genl. Jannie Geldenhuys van Cobus Bothma se kortverhale oor die 'army' dae. |
You may like...
Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
Hardcover
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan
Paperback
Op Die Duiwel Se Spoor - Hoe Ek Die…
Ben "Bliksem" Booysen
Paperback
(1)
|