|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir jong manne.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal
vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en
besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn
van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding
met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in
die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke
week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:
• Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
• ’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou
eie lewe (Dinsdag)
• Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die
beginsels van sy lewe (Woensdag)
• Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
(Donderdag)
• Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
(Vrydag)
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele
of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie
dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help
om ’n man na God se hart te word.
• Vir individuele of groepstudie
• Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
o ’n Vertelling van sy verhaal
o ’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
o ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
o Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
o Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year
Devotional
Daar word soveel druk op mans geplaas om sterk, wyse leiers en
liefdevolle gesinsmans te wees. Daar is versoekings om elke draai en
elke nuwe dekade bring nuwe uitdagings mee. Tog is die waarhede van die
Skrif vandag nog geldig, en bied die wysheid van die Spreukeboek vir
mans onontbeerlike raad en leiding om goddelike mans, eggenote en pa’s
te wees.
Elkeen van die 30 kort en kragtige dagstukke in ’n Sterk man is wys
fokus op ’n gedeelte uit Spreuke, met ’n oordenking, vraag vir nadenke,
praktiese toepassing en gebed. Vince Miller se praktiese raad sal mans
help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle
vandag te staan kom. Hy bespreek onder andere temas soos verhoudings,
besluitneming, seksuele versoeking, geestelike volwassenheid en die
krag wat woorde inhou.
’n Sterk man is wys sal mans bemoedig, uitdaag en ’n Bybelse fondament
gee wat hulle nodig het om in wysheid te groei.
• 30 dagstukke vir mans uit Spreuke.
• Elke dagstuk bied ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese
toepassing en gebed.
• Plek vir notas en aantekeninge.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Strong Man Is Wise.
Dit is maklik om ons geestelike fokus te verloor te midde van die
gejaagdheid van die lewe. Vir sulke tye het ons ’n nuwe verstaan nodig
van wie Jesus is en moet ons stil word by Hom.
Bid die Name van Jesus Kaartjies help jou om teen jou eie pas die Name
van Jesus te bid met die kort en kragtige gebede en bypassende
teksverse. Terwyl jy nadink oor die 51 eienskappe van Jesus, sal jou
fokus en hoop vernuwe word.
• Boksie met 51 volkleur-kaartjies, aan beide kante gedruk.
• Elke kaartjie het ’n Naam van Jesus met ’n bypassende vers aan die
een kant en ’n gebed aan die ander kant.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander
inkleur-produkte en kaartjies.
•Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of Jesus
(Box of Blessings).
Om na te dink oor Jesus se Name herinner ons aan Wie Hy is – ons Goeie
Herder, Brood van die lewe, Vredevors en Môrester. Die 44 kaartjies met
teksverse en illustrasies oor die Name van Jesus in hierdie boksie is
ideaal om individueel te deel of as een geskenk weg te gee.
Word opnuut herinner aan alles wat Jesus vir ons beteken terwyl jy Die
Name van Jesus Inkleurkaartjies inkleur!
• 44 inkleurkaartjies met teksverse en illustrasies oor die Name van
Jesus.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Verpak in ’n boksie.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander
inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Coloring the Names of Jesus.
Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks
groei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke
waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit
die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei,
wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar
is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of
jou bedkassie.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
- Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
- Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
- Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
- Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
- Indeks van woordkuns-teksverse
Is Jesus regtig wie Hy gesê het Hy is? Die dilemma waarmee die gemeente
in Kolosse geworstel het, eggo vandag nog in die kerk en wêreld.
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit
van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek
Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die
waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige
misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee
agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes
vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde
van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van
Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n
blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem
word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en
individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met
besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se
identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die
name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag
geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier
bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons
geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die
fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:
- Geloofsekerheid
- Groei
- Gehoorsaam
- Groepe
- Gawes
- Getuig
- Genade
- Gebed
12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar
is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n
handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en
geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord
beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die
Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te
verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die
Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat
help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf
dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik
moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings,
karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op
dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy
praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie,
maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk
in sy lewe van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel
deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes.
Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy
daaglikse lewe daarvolgens te rig.
•9.5-pt lettergrootte
Vir baie eeue het gelowiges oor die wêreld heen bekende gebede gebid om
God intiemer te leer ken. Die Ons Vader-gebed is so ’n gebed en ’n
geestelike skatkis vir elke Christen.
Gelowiges oraloor bid elke dag die Ons Vader. Maar is daar meer te put
uit hierdie geskenk van Jesus self? Becky Harling, skrywer en
Bybelonderwyser, het dieper gedelf in die Ons Vader en daardeur ’n
groter liefde vir Jesus en die Vader ontwikkel.
Ons Vader: 'n Studie Van Die Diep Waarhede In Jesus Se Modelgebed: 'n
6-week-Bybelstudie SB is ’n studie oor ses weke wat jou verhouding met
God versterk terwyl jy hierdie geliefde gebed in diepte bestudeer.
Ontdek ses lewensveranderende uitnodigings wat Jesus deur hierdie gebed
aan elke gelowige rig. Jesus nooi jou uit om:
• God as Vader te ken
• te aanbid
• jouself oor te gee
• met vertroue te vra
• vryheid te vind deur te vergewe
• oorwinnend te leef
Ons leef in ’n tyd van toenemende vrees, depressie, ontnugtering en
teleurstelling. Maar die Ons Vader-gebed bied genesing vir ons siele.
Bo en behalwe onderrig oor ons verhouding met God, leer die gebed ons
ook belangrike aspekte oor ons verhouding met ander.
Kom saam op ’n ontdekkingsreis deur die Ons Vader en maak God se vrede,
vertroue en standvastigheid jou eie.
In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir dankbaarheid & vreugde
neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om al die seëninge uit te
ken wat God elke dag oor jou lewenspad strooi.
Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:
• agterkom dat geen vreugde volledig is as jy nie daavoor dankbaar is
nie
• 'n fondament van dankbaarheid in jou hart vestig
• op die uitkyk wees vir al die skatte wat God daagliks op jou pad sit
• die seëninge wat jy voorheen misgekyk het, begin raaksien
• groter dankbaarheid begin toon vir God se genade
• meer bewus raak van al die ander seëninge wat God ook voorsien
• vreugde ervaar
Kenmerke:
• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte
Elke mens het deel aan twee wêrelde: die fisiese wêreld waarvan jy jou
met jou sintuie kan vergewis, en die geesteswêreld waarvan ’n mens nie
langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die
bestaan van hierdie geesteswêreld ontken, beteken beslis nie dat dit
nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
In Die geesteswêreld werp Isak Burger lig op hierdie onsienlike wêreld
rondom ons. Hy fokus op vyf hoofdele:
• Die realiteit van die geesteswêreld
• God en die geesteswêreld
• Die engele
• Satan en sy demone
• Die gelowige en die geesteswêreld
Isak Burger wys gelowiges in hierdie boek daarop dat dit noodsaaklik is
om kennis te neem van die geesteswêreld en wat daarin gebeur, want dit
raak ons elkeen.
Kinders is die grootste seën, maar om ’n ma te wees, het vele
uitdagings en kan uitputtend en stresvol wees. Daarom moet jy elke dag
vashou aan die waarheid dat God elke oomblik by jou is.
Beloftes van God vir ma’s is ’n versameling bemoedigende beloftes uit
die Bybel spesiaal vir ma’s om jou te inspireer, wysheid te gee en te
verseker van God se teenwoordigheid. Die 30 temas in hierdie
tweekleur-geskenkboekie sal jou lei in tye wanneer jy wonder wat die
beste vir jou gesin is, wanneer jy oorweldig voel of wanneer jy
bekommerd voel.
• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir ma’s.
• 30 temas spesiaal vir ma’s.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Moms.
As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit
soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is
nie alleen nie. God is reg langs jou.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God
se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag
bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor
temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid.
Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder.
Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en
ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.
Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop se 180 kort, kragtige dagstukke
nooi vroue om stil te word by God en opnuut hoop te vind in Hom. Die
dagstukke fokus op hedendaagse kwessies soos gebedstye, tevredenheid,
tydsbestuur en verhoudings. Dit sal jou verhouding met God verinnig en
jou die moed gee om elke dag aan te pak in die wete dat Hy by jou is en
jou liefhet.
Dit is die ideale grootte om oral met jou saam te dra sodat jy enige
plek en enige tyd kan stilword by God.
• 180 kort, kragtige dagstukke vir vroue
• 184 eenkleur-bladsye
• Sakpas-grootte
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Meaningful
Moments with God
Is jou dae vol en besig, en wens jy soms daar was iemand wat vir jou
leiding kan gee in elke faset van jou lewe? God wil daardie Iemand vir
jou wees! Elke nuwe dag is ’n nuwe kans om in God se teenwoordigheid te
leef. Ons hoef nie meer oorweldig en rigtingloos deur ons dae te
strompel nie.
In hierdie 365 dagstukke van topverkoper-outeur Joyce Meyer sal jy
opnuut ontdek dat jy al jou vrese, swakhede, hoop en vreugde met God
kan deel omdat jy sy kind is. En wanneer jy jou dag in gebed aan die
Here toewy, sal jy die leiding van die Gees in elke area van jou lewe
ervaar. Begin die dag saam met God sal jou nie net bemoedig en
ondersteun nie, dit sal jou ook die krag gee om ander mense in jou lewe
te bemoedig en by te staan.
Ervaar die vreugde daarvan om elke dag saam met God te begin en geniet
sy leiding, genade, voorsiening, liefde en seën.
Keep your hunger for the Word alive with the Bread of Life Promises of
God Scripture Cards.
Place these Christian cards on your bedside table for morning and
evening reflection and quiet time with the Lord.
• Scripture promises for daily strength
• 106 x Double-sided Cards
• 6 colors (blue, green, lime, yellow, pink, and red) • Packaged in a
clear Perspex box with gold foil accents
• Box size: 75 x 55 x 29mm
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe
Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur.
Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin
terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• 8.5-punt lettergrootte
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir jong vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir mans.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
In hierdie tweede Suider-Afrikaanse uitgawe van Jesus Roep Jou: Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid, 'n 366-dagstukkieboek in Grootdruk, word jy uitgenooi om daagliks tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Deur middel van oordenkings en Skrifgedeeltes bring New York Times-topverkoperskrywer Sarah Young Jesus se boodskap van vrede na jou vandag, en ook elke dag.
Deur daagliks tyd te spandeer in die teenwoordigheid van ons Verlosser met die bekende en geliefde dagstukke in Jesus Roep Jou sal jy:
- Getroos voel deur woorde van hoop en bemoediging
- Verseker word van Jesus se oneindige liefde vir jou
- Onderskragende leiding gebaseer op die Skrif ontvang
- Jou geloof deur die lees van Bybelverse versterk
- Jesus daagliks ontmoet deur 'n oordenking gebaseer op God se Woord
Geskryf asof Jesus self direk met jou praat, nooi Jesus Roep Jou jou uit om vrede te ervaar in die teenwoordigheid van die Verlosser wat altyd by jou is.
|
|