|
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Delf diep in die Johannes-evangelie en ontdek die ware Jesus soos
Johannes Hom beskryf.
Die hele Skrif openbaar dat Jesus God is, maar geen boek beskryf
hierdie waarheid duideliker as Johannes se Evangelie nie. Hierdie
Evangelie is ’n openbaring van God se karakter soos dit waargeneem is
deur die man aan wie Hy die naaste was.
Ken Jesus as God is ’n Bybelstudie oor 10 weke wat individue of groepe
deur die hele Evangelie van Johannes begelei. Dit sluit die volgende in:
• Daaglikse sessies wat nie te lank is nie.
• Vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• Weeklikse uitdagings sodat toegepas kan word wat geleer is.
• Memorisering van teksverse.
Of hierdie studie van Johannes jou eerste of jou honderdste is, die
gelyktydige eenvoud en kompleksiteit van hierdie Evangelie-bespreking
bied ’n onuitputbare bron van bemoediging. Die boek wat geskryf is
“sodat julle tot die geloof kan kom dat Jesus die Messias is, die Seun
van God” (Joh. 20:31), wys bladsy vir bladsy dat Hy die bron van ware
lewe is!
• ’n Bybelstudie oor 10 weke vir individue of groepe oor die
Johannes-evangelie.
• Bevat daaglikse sessies, vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde
en notas.
• 224 bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Knowing Jesus as God.
God wil jou hart hê. Die hele Bybel is vol waarheid en werk in ons
hart, maar die psalms is net besonders. Hulle raak nie net ons hart nie
– hulle plaas ons hart op die voorgrond. Hulle nooi nie net ons emosies
om op God se waarheid te reageer nie – hulle stel ons emosies ten toon.
Die psalms doen meer as om ons te leer. Ons ervaar alles wat dit leer.
Ons hoor en ervaar die onbeskaamde uitroepe van smart, skaamte, berou,
verlies, woede, ontmoediging en ontsteltenis. Maar wat hierdie gedigte
– almal van hulle – so verstommend anders maak as die smart van die
wêreld is dat hulle almal ervaar word in verhouding tot die totaal
alleenheersende God.
Hierdie boek is ’n uitnodiging. God wil ons hart hê. Hy sal dit neem
soos dit is. En dan, deur die inspirasie van die psalms, sal Hy dit
vorm. Aanvaar sy uitnodiging om te kom.
Fokus elke dag op die wonderlike seëninge in jou lewe!
Genade vir elke dag het 51 kaartjies wat jou sal help om ’n gesindheid
van dankbaarheid te kweek. Dink na oor die teksverse oor genade en
dankbaarheid en wat jy alles het om oor dankbaar te wees. Die
tweekleur-kaartjies het plek agterop vir ’n persoonlike boodskap sodat
jy iemand anders kan seën met hoop en bemoediging.
• Boksie met 51 kaartjies, aan beide kante gedruk.
• 51 tweekleur-kaartjies met ’n teksvers voor en plek agter vir ’n
persoonlike boodskap.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Grace for Each Day Box of
Blessings®.
Die Bybel bevat soveel leiding en Goddelike raad, maar dit kan
oorweldigend wees om dit van begin tot einde deur te lees. Waar begin
’n mens, en waar vind jy tyd in jou besige skedule? Maar dis geen rede
om God se leiding mis te loop nie.
Die 366 oordenkings in Wandel deur God se Woord neem jou op reis deur
die Bybel – van Genesis tot Openbaring. Dit dek die bekendste, mooiste
en belangrikste verse – die essensie van God se Woord – sodat jy die
impak van die Woord opnuut sal ontdek.
Ontdek hoe prakties, lewensveranderend en bemoedigend God se Woord is,
en dat dit die duidelikste roetewyser vir jou lewenspad is.
• 366 oordenkings wat fokus op kerngedeeltes van die Bybel – van
Genesis tot Openbaring.
• Elke dag bevat ’n vers of gedeelte uit die Skrif, ’n kort oordenking
en gebed.
• Hardeband.
• 388 bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Walking Through the Word.
Wil jy vir seker weet dat God se liefde vir jou ewig is?
Mini-oordenkings: Veilig in God se liefde sal vir jou hierdie vrede en
vaste sekerheid gee.
Die 180 opbouende, kort oordenkings spesiaal vir vroue is bedoel om jou
in jou geloof te versterk terwyl jy jou in God se liefde verdiep. Temas
soos God se getrouheid, sy leiding, ondersteuning, liefde en vrede
verseker dat elke vrou diepe vreugde sal ervaar op haar geestelike reis.
- 180 kort oordenkings
- Handige sakpas-grootte
- 184 eenkleur-bladsye
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Secure in
God's Love
Wil jy graag die diepe vrede ervaar van leef in God se teenwoordigheid?
Wanneer jy saam met God wandel, sal Hy jou treë rig en jou hart rustig
maak in elke lewensituasie.
Mini-oordenkings: Kosbare oomblikke van vrede bied 180 kort maar
kragtige oordenkings wat jou lei na nadenke en rus in God se
teenwoordigheid. Dit herinner ons daaraan dat wanneer ons ons
bekommernisse aan Hom oorgee, ons ruimte maak vir die Heilige Gees om
ons te vul met vrede wat net Hy kan bied. Elke oordenking bevat ’n
kragtige vers uit die Skrif, ’n kort boodskap en ’n gebed. Temas soos
God se oorvloedige liefde, gebedsversoeke, die evangelie van waarheid,
om vreugde in alle omstandighede te vind en jou laste aan Jesus te gee,
moedig jou aan om daagliks nader aan Hom te kom.
- 180 kort oordenkings
- Handige sakpas-grootte
- 184 eenkleur-bladsye
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Precious
Moments of Peace
Smag jy daarna om God persoonlik te ken? God se Name openbaar wie Hy is
en hoe Hy optree. Deur sy Name te bestudeer, ontdek ons hoe almagtig,
alomteenwoordig, regverdig, maar ook liefdevol en genadig God is.
Bid die Name van God vir 52 weke is ’n jaar lange Bybelstudie deur
topverkoper-outeur Ann Spangler waarin sy God se belangrikste Name en
titels bestudeer. Leer hoe om te bid met spesifieke fokus op Name soos
El Shaddai, Elohim, Adonai, Abba en El Elion.
Elke week se studie bevat:
- ’n Naam van God: Ontdek wat die Naam beteken, waar dit in die
Skrif voorkom en hoe dit in die oorspronklike taal geskryf en
uitgespreek is.
- ’n Deel vir nadenke met vrae vir persoonlike nadenke en leiding
om ’n spesifieke Naam vir daardie week te bid.
- Skrifgedeeltes vir verdere studie.
Ontdek verrassende verbande tussen die Ou en Nuwe Testament en ervaar
God op ’n nuwe, dieper manier.
- ’n Bybelstudie vir 52 weke.
- Bespreek die belangrikste Name van God en Jesus uit die Ou en
Nuwe Testament.
- Vir groepstudie en individue.
- 272 eenkleur-bladsye.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of God for
52 Weeks.
Die eerste Afrikaanse vertaling van die Bybel het in 1933 verskyn. Dit
is nuut vertaal uit die Hebreeuse en Griekse brontekste. ’n Hersiening
van hierdie teks is die eerste keer in 1953 gepubliseer. Sedertdien is
dit al telkemale herdruk.
Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 is ’n letterlike vertaling wat so
getrou moontlik probeer bly aan die bronteks se taalstruktuur. Dit is
bekend vir sy poëtiese aanslag en bly een van die gewildste
Bybelvertalings onder Bybellesers. Hierdie grootdruk-uitgawe beskik oor
die volgende kenmerke:
- Die volledige teks van Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 in
dubbelkolom-uitleg.
- 13-punt lettergrootte
- Teksverse vir spesifieke behoeftes soos beproewings, eensaamheid,
treur en twyfel.
- Bybellees-plan om die Bybel in een jaar deur te lees.
- Verpakking: "Sleeve".
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling met 'n omslag
van egte leer.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Omslag van egte leer
• 1400 bladsye
• Silvergerand
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: "Slipcase"
Smag jy na ’n outentieke belewenis van die Heilige Gees?
As daar ooit ’n tyd was dat die Heilige Gees nodig is in die kerk en in die lewe van die gelowiges, is dit sekerlik vandag. En as die Heilige Gees ooit gewillig was om hierdie behoefte en leemte te vul, is dit vandag!
In In Gees en in Waarheid ondersoek Isak Burger die Persoon en werking van die Heilige Gees van Ou-Testamentiese tye af tot nou toe. Hy kyk na aspekte soos die Persoon en simbole van die Gees, hoe Hy betrokke was by Jesus se aardse bediening en die Vroeë Kerk, vervulling en salwing met die Gees, en tekens en gevolge van vervulling met die Gees.
Ons leef in ’n tyd waarin daar wêreldwyd ’n uitstorting is van die Gees soos nog nooit tevore nie. In Gees en in Waarheid is bedoel vir elke gelowige wat smag na ’n outentieke belewenis van die derde Persoon van die Drie-eenheid.
Elke man het soms woorde van wysheid of inspirasie nodig.
365 dinge wat elke man moet weet kombineer wysheid, insig en humor om mans te inspireer en te bemoedig op hul lewenspad.
Onderwerpe sluit in:
- Karakter, voorbeeld en integriteit
- Sukses en selfbeeld
- Finansies en besittings
- Jou werk
- Kommunikasie
365 dinge wat elke man moet weet is die ideale geskenk.
Die geheim tot ’n gelukkige lewe is om met dankbaarheid te leef. Ontdek
opnuut God se genade en kweek dankbaarheid in jou lewe namate jy leer
om op God se oorvloedige seën in jou lewe te fokus.
Ontdek die wonder van God se genade met die 366 dagstukke van In genade
en dankbaarheid. Elke dag bevat ’n toepaslike teksvers, ’n kort
oordenking deur Carolyn Larsen en vrae om oor na te dink. Hierdie
dagstukke sal jou hart met genade vul wanneer jy die seën van God se
liefde, vreugde en hoop in jou lewe herken.
• 366 oordenkings.
• Elke dag het ’n toepaslike teksvers, ’n kort oordenking en vrae vir
nadenke
• Hardeband.
• 388 tweekleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Gift of Grace and
Gratitude.
Hoe kan jy die koning, priester en profeet wees wat God jou gemaak het om te wees?
Om ’n godvresende man en pa te wees, gaan nie oor een groot oomblik nie, dit gaan daaroor om elke dag daar te wees vir jou gesin.
Hoe om jou gesin te lei is ’n kragtige gids vir mans wat hulle gesinne volgens Bybelse beginsels wil lei. Joel Beeke daag mans uit om die drie Bybelse ampte in hul gesinne uit te leef: om ’n profeet te wees wat leer, ’n priester wat opoffer en ’n koning wat lei.
Hierdie sakpas-boek is ’n waardevolle hulpbron vir mans wat hulle gesin doelgerig en met genade wil lei. ’n Kragtige gids vir mans wat die koning, priester en profeet van hul gesin wil wees wat God vra.
Ouerskap vandag is nie maklik nie. Die wêreld verander voortdurend en die uitdagings word al hoe meer. Tog is daar dinge wat nie verander nie. Kinders sal altyd hulle ouers se liefde en leiding nodig hê. Ouers moet dus ’n veilige omgewing skep waarbinne kinders kan floreer, God leer ken en vir die toekoms voorberei word.
In Ouerskap gee Johan Smith 10 riglyne vir ouers om hierdie belangrike taak ’n bietjie makliker te maak. Hy bespreek onder andere kwessies soos dissipline, kommunikasie, konflik, tyd saam deurbring, tegnologie en hoe om jou kinders van God te leer.
Dit is moontlik om hierdie reis saam met jou kinders te geniet terwyl jy verantwoordelike, Godvresende volwassenes grootmaak.
In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir dankbaarheid & vreugde
neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om al die seëninge uit te
ken wat God elke dag oor jou lewenspad strooi.
Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:
• agterkom dat geen vreugde volledig is as jy nie daavoor dankbaar is
nie
• 'n fondament van dankbaarheid in jou hart vestig
• op die uitkyk wees vir al die skatte wat God daagliks op jou pad sit
• die seëninge wat jy voorheen misgekyk het, begin raaksien
• groter dankbaarheid begin toon vir God se genade
• meer bewus raak van al die ander seëninge wat God ook voorsien
• vreugde ervaar
Kenmerke:
• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte
Vertrou jy op jouself ... of vertrou jy op God?
Waar die wêreld ’n mens aanmoedig om op omstandighede, sukses en ander se opinies staat te maak, sê God ons moet Hom ten volle vertrou. As ’n mens dit doelbewus doen, kan dit jou help om goeie keuses te maak, angstigheid te oorkom en ’n positiewe lewensuitkyk te kweek.
In Vertrou God elke dag help internasionale spreker en New York Times-topverkoper-outeur Joyce Meyer jou om elke dag van die jaar reg te begin. Elke dag se stukkie bevat praktiese raad en hulp van Joyce, asook lewensveranderende beloftes uit God se Woord wat jy vinnig en maklik in jou eie lewe kan toepas.
365 Dagstukke om jou te help om goeie keuses te maak, kommer teë te werk, angstigheid te oorkom en ’n positiewe lewensuitkyk te kweek.
Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.
Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende
kenmerke:
• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”
Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks
groei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke
waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit
die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei,
wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar
is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of
jou bedkassie.
Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die
Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te
verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die
Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat
help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf
dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik
moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings,
karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op
dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy
praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie,
maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk
in sy lewe van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel
deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes.
Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy
daaglikse lewe daarvolgens te rig.
•9.5-pt lettergrootte
Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag
geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier
bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons
geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die
fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:
- Geloofsekerheid
- Groei
- Gehoorsaam
- Groepe
- Gawes
- Getuig
- Genade
- Gebed
12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar
is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n
handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en
geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord
beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
Het dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou
vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in
egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In Liefde en
respek openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle
kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom is net
so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar.
Hierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies
help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié
wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef.
Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike
verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan
red.
Deur die riglyne in Liefde en respek toe te pas, kan paartjies nuwe
vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd
net gedroom het.
Psalms nooi jou om daagliks jou hart voor God uit te stort. God wil hê
dat jy daagliks openlik en eerlik die goeie én slegte met Hom moet
deel. Dit is wat Psalms so besonders maak. Dit toon hoe die psalmiste
met God gepraat het toe hulle gelukkig en tevrede was met hoop in hul
harte, maar ook toe hulle bang, moedeloos, kwaad en alleen was.
In Psalms vir elke dag, 'n 365-dagstukkieboek, nooi Joyce Meyer jou om
saam met haar deur die baie bekende boek van Psalms te reis.
Dit sal jou:
• Nader aan Jesus bring, en
• Jou die geleentheid bied om die wysheid wat in Psalms opgesluit is,
jou eie te maak.
• Sakpasgrootte: 190 mm x 140 mm
• 376 pp
• Pragtige hardeband-boek met lint as boekmerk
• Lesersvriendelike fontgrootte en uitleg (in pantone-kleur)
In Jesus luister, 'n 366-dagstukkiegebedeboek, word jy uitgenooi om jou
verhouding te verdiep met die Een wat met oneindige liefde na jou
gebede luister.
Deur daagliks tyd in gebed saam met God deur te bring, sal jy:
• Leer hoe om te bid
• Jou gebedslewe verryk
• Ondervind hoe gebed jou hart en lewe verander
• Jou verhouding met God verdiep
• Vrede, vreugde en hoop vir moeilike tye vind
Kenmerke:
• 366 dae van gebed wat gebaseer is op die Bybel
• Met Skrifverwysings ná elke gebed
• 190 mm x 140 mm, hardeband, met 'n lint vir plekaanduiding
• 12-punt lettergrootte
|
|