0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (28)
  • R50 - R100 (73)
  • R100 - R250 (309)
  • R250 - R500 (875)
  • R500+ (1,645)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Op Pad Deur Betlehem - 66 Stiltetyd-Oordenkings Van Genesis Tot Openbaring (Afrikaans, Large print, Paperback): Engela Linde Op Pad Deur Betlehem - 66 Stiltetyd-Oordenkings Van Genesis Tot Openbaring (Afrikaans, Large print, Paperback)
Engela Linde
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reële koms en die totstandkoming van die nuwe Israel. Die skrywer hou daarvan om die kronologie, tydvak en kulturele atmosfeer rondom ’n gebeurtenis of persoon te ondersoek en poog om die stof toeganklik te maak, met herkenbare raakpunte van die lewe vandag. Die daaglikse lewe en geografie in die wêreld van die Nuwe Testament word nagevors. Die universeel menslike dilemma word weerspieël in die tema van alle musiek en literatuur: Verloor, soek, vind. Die goue draad van die verlossingsgeskiedenis bly behoue tot waar dit aangegee word na die evangelieskrywers vir die krip in Betlehem en daarna aan die apostels van Christus, tot by die boek Openbaring.

Die Nywe Testament Tr. by J.M. Magens (Afrikaans, Paperback): Hard Press Die Nywe Testament Tr. by J.M. Magens (Afrikaans, Paperback)
Hard Press
R827 Discovery Miles 8 270 Ships in 12 - 19 working days
Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback): Kobus van der Westhuyzen Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback)
Kobus van der Westhuyzen
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R250 R230 Discovery Miles 2 300 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sê, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

  • ’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer
  • ’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk
  • ’n gids om hulle gedagtewêreld optimaal te leer benut

Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.
Ons Raaiselpad Met Alzheimersiekte - 'n Persoonlike Reis (Afrikaans, Paperback): Elise Nel Ons Raaiselpad Met Alzheimersiekte - 'n Persoonlike Reis (Afrikaans, Paperback)
Elise Nel
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Elise se eens briljante man raak aggressief en vergeetagtig, en tree heeltemal anders op as wat sy hom ken. Sy het ’n vae vermoede wat skort, maar uiteindelik word haar ergste vrese bewaarheid: haar geliefde man het Alzheimer se siekte. Hy vra haar in ’n oomblik van helderheid om tot die einde na hom om te sien, wat sy doen. Elise vertel hierdie intieme en aangrypende verhaal met deernis vir haar man en elke persoon wat aan alzheimers ly. Sy gee ook praktiese raad vir die versorgers van mense met alzheimers en tekens waarna mens moet oplet.

Koshuis (Afrikaans, Paperback): Erns Grundling Koshuis (Afrikaans, Paperback)
Erns Grundling
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed.

Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer.

Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!

Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback): Priscilla Shirer Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback)
Priscilla Shirer
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Onwrikbare, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.

In die Bybelstudie Die wapenrusting van God, deur New York Times-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is.

Die wapenrusting van God is meer as net ’n Bybelse beskrywing van ’n gelowige se wapenrusting; dit is ’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd.

Mens Dier Ding (Afrikaans, Paperback): Alfred Schaffer Mens Dier Ding (Afrikaans, Paperback)
Alfred Schaffer
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In dié vertaling van Alfred Schaffer se bekroonde Nederlandse bundel, Mens dier ding, ondersoek die digter die mite van Sjaka Zulu deur dagboekinskrywings, monoloë, briewe en dagdrome. Die mites rondom Shaka se geskiedenis word op die kop gedraai en ondermyn. ’n Poëtiese kragtoer, vertaal deur Zandra Bezuidenhout.

Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Karamel) (Afrikaans, Leather / fine binding): Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Karamel) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R245 R230 Discovery Miles 2 300 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.

'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback): Pieter van Jaarsveld 'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Jaarsveld
R325 R305 Discovery Miles 3 050 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie.

Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.

Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.

Die Goeie Boek (Afrikaans, Paperback): Deron Spoo Die Goeie Boek (Afrikaans, Paperback)
Deron Spoo
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek en leef die 40 grootste lewensveranderende waarhede in die Bybel.

Is daar ʼn boek wat vir ons kan sê wat om oor God te glo? Die voor die hand liggende antwoord is die Bybel. Maar waar begin ons die Bybel lees om werklik te verstaan?

In Die Goeie Boek bespreek Deron Spoo sleutel-Bybel­hoofstukke wat hy as kardinaal beskou vir ons verstaan van die Bybel en van God. Hy help lesers om die konteks en inhoud van 20 Ou-Testamentiese en 20 Nuwe-Testamentiese hoofstukke te verstaan wat die hele Bybel vir ons sal oopbreek. Elke hoofstuk onthul een lewens­verande­rende waarheid van God en sluit af met ʼn “om te oordink”-gedeelte wat jou sal help om daardie waar­heid prakties in jou lewe toe te pas. Die Bybelteks van die hoofstuk wat bespreek word, word ook telkens ingesluit (NLV-teks).

Die Goeie Boek sal aanklank vind by jare lange Bybellesers, maar is ideaal vir mense wat aan die begin van hulle Christelike geloofsreis staan. Dit sal lesers help om die lewensveranderende waarhede in die Bybel te verstaan en te leef.

Ook beskikbaar in Engels onder die title The Good Book.

Die Suidhoek Van Afrika - Geskrifte Oor Suid-Afrika Uit Die Nederlandse Tyd, 1652 1806 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Die Suidhoek Van Afrika - Geskrifte Oor Suid-Afrika Uit Die Nederlandse Tyd, 1652 1806 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R271 Discovery Miles 2 710 Ships in 4 - 8 working days

Schoeman het nie net elke teks in Afrikaans vertaal nie, maar voorsien dit ook van onontbeerlike voetnotas en insiggewende redakteursnotas waarin konteks, geskiedenis en betekenisverklarings gegee word. Schoeman het hom veral toegespits op tekste van plaaslike inwoners en boorlinge, eerder as die van besoekers of reisigers, en wys in sy voorwoord daarop dat hierdie bloemlesing dus die vroegste geskrewe letterkunde van Suid-Afrika bevat. Die tekste (telkens deur Schoeman in Afrikaans vertaal) gee 'n beeld van die Nederlandse koloniale tydperk in Suid-Afrika.

Radelose Rebellie? - Dinamika Van Die 1914-1915 Afrikanerrebellie (Afrikaans, Paperback): Albert Grundlingh, Sandra Swart Radelose Rebellie? - Dinamika Van Die 1914-1915 Afrikanerrebellie (Afrikaans, Paperback)
Albert Grundlingh, Sandra Swart
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 4 - 8 working days

In 1914 het ’n groep Afrikaners in verset teen die Unieregering gekom, aangevuur deur “Siener” van Rensburg se visioene wat vertel het van die ondergang van die Britse ryk.

Toe Louis Botha net ná die aanvang van die Eerste Wêreldoorlog aankondig dat die Unie Duits-Suidwes-Afrika sou inval, was die vet in die vuur en het honderde opstandige manne die wapen opgeneem. Volgens die joernalis L.E. Neame was dit “one of the most curious and dramatic incidents in the Great War”.

Naas die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog het die rebellie ’n prominente plek in Afrikanergeskiedsbeskouinge ingeneem. Dit is derhalwe nie verbasend nie dat daar reeds heelwat navorsing oor die opstand gedoen is, maar met Radelose Rebellie? ondersoek prof. Albert Grundlingh en dr. Sandra Swart aspekte daarvan wat tot dusver grotendeels verwaarloos is.

Was dit inderdaad so ’n vae, ongestadige verskynsel soos talle kommentators beweer? Was dit ’n redelose, radelose rebellie? Of het meer daaragter gesteek?

Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R485 R455 Discovery Miles 4 550 Save R30 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC- tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’.

Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville in Moby Dick met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era.

Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou meer as ooit vantevore ondersoek word.

Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R30 R28 Discovery Miles 280 Save R2 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Om Jesus te volg – en Hom met ander te deel – is die belangrikste lewensbesluit wat iemand ooit kan neem. In Begin die reis sal lesers weer bewus word van God se perfekte plan vir verlossing deur Jesus Christus. Op ? eenvoudige manier verduidelik Angus Buchan die probleem van sonde en God se plan om ons verhouding met Hom te herstel. Angus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Die boek is ’n ideale evangelisasie-hulpmiddel en fokus veral op: Redding: wat dit beteken om Jesus Christus as persoonlike Here en Redder te ken. Groei in God: hoe om te groei in jou wandel met God. Die groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel. Ingesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrifverwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry. As ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewensveranderende nuus met ander te deel en Begin die reis sal elke gelowige help om die roeping uit te leef.

Openbaring Ontsluit - ?n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Openbaring Ontsluit - ’n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha 1
R179 R165 Discovery Miles 1 650 Save R14 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?"

Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:

• Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
• Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
• Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?
• Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?

Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.

Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê.

Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef? Die is die eerste roman in die gewilde Israel-reeks.

Die NLV Familiebybel (Afrikaans, Leather / fine binding, Nuwe Uitgawe): Die NLV Familiebybel (Afrikaans, Leather / fine binding, Nuwe Uitgawe)
R1,250 R1,036 Discovery Miles 10 360 Save R214 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek opnuut die wonderlike erfenis wat God vir ons het met Die Familiebybel.

Die Familiebybel sal God se Woord lewend maak in gesinne. Hierdie Bybel met die volledi­ge teks van die Bybel Nuwe Lewende Vertaling be­skik oor die vol­gen­de unieke kenmerke:

  • ’n Stamboom.
  • ’n Afdeling wat die oorsprong en gesag van die Bybel bespreek.
  • ’n Afdeling getiteld “Waar staan dit in die Bybel?” wat Skrifverwysings gee vir be­lang­­ri­ke gebeur­te­nisse in die Bybel, bekende teks­­gedeeltes, profe­sieë oor Jesus, Jesus se wonderwerke en sy ge­ly­ke­nisse.
  • ’n Afdeling getiteld “Wat sê die Bybel oor ... ” waar­in ’n wye spektrum onder­wer­pe, van abo­r­sie tot wysheid, alfabeties en te­ma­ties ingedeel is met Skrifverwysings oor waar om meer daar­oor te lees.

Die Familiebybel sal gesinne aanmoedig om weer saam om die Woord van God te ver­gader en sal le­sers opnuut laat besef watter opwin­dende erfe­nis God vir ons het
Tronkhond (Afrikaans, Paperback): China Mouton Tronkhond (Afrikaans, Paperback)
China Mouton
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 4 - 8 working days

Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.

Hy herinner aan Bennie Griessel: hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor 'n hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy 'n lang, breedgeskouerde gevangene met 'n vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self 'n bokser en kon sien die man het 'n besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos 'n weltergewig was.

Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer.

Die Bybellennium: 'n Eenvolumekommentaar (Afrikaans, Hardcover): F. Van Rensburg Die Bybellennium: 'n Eenvolumekommentaar (Afrikaans, Hardcover)
F. Van Rensburg
R849 R730 Discovery Miles 7 300 Save R119 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar is ’n projek deur ken­ners van die Ou en Nu­we Testament. Met die Nuwe Lewende Vertaling as grondslag is hierdie boek ge­skryf in mak­lik lees­bare, eietydse taal sonder inge­wikkelde redena­sies en termino­lo­gie. Die bun­del is ’n be­kos­tigbare kommentaar van die Nuwe Lewnde Vertaling vir predikante, stu­dente en ernstige Bybel­le­sers.

Gelowiges wat meer van die Bybel wil weet, sal deur dié bundel ’n wyer insig van die Bybel verkry, sowel as die wêreld waarin dit afspeel en die be­te­kenis daarvan vir vandag. Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar ontsluit vir hedendaagse gelowiges wat die By­bel vandag nog vir ons wil sê.

Die Bybel In Praktyk Bybel (Met Duimgrepe) (Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding): Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo Die Bybel In Praktyk Bybel (Met Duimgrepe) (Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo 1
R849 R730 Discovery Miles 7 300 Save R119 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.

Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe van elke dag kan word.

Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy daaglikse lewe daarvolgens te rig.

•9.5-punt lettergrootte

Sulamiet (Afrikaans, Paperback): Lina Spies Sulamiet (Afrikaans, Paperback)
Lina Spies
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspek­tief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Great Illusion; A Study of the…
Norman Angell, Angell Norman Sir 1874-1967 Paperback R603 Discovery Miles 6 030
Till All Our Fight be Fought - The…
Peter Leonard Paperback R568 Discovery Miles 5 680
Loyal Sons - Jews in the German Army in…
Peter C. Appelbaum Paperback R685 Discovery Miles 6 850
Via Ypres - Story of the 39th Divisional…
Allan Jobson Paperback R461 Discovery Miles 4 610
Triumph on the Western Front - Diary of…
Oswald Harcourt Davis Paperback R688 Discovery Miles 6 880
Newhaven Fort and Garrison - Newhaven…
Keith Brain Paperback R494 Discovery Miles 4 940
A Hundred Years on - The Great War and…
John Christopher Paperback R293 Discovery Miles 2 930
German Submarine Warfare - A Study of…
Wesley Frost Paperback R450 Discovery Miles 4 500
For Kent and Country - A Testimony to…
Paul Lewis Hardcover R734 Discovery Miles 7 340
Battery Action! - The Diary of a Gunner…
Paul Cobb Paperback R649 Discovery Miles 6 490

 

Partners