![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sę
Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lę in een
spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan
wie dit geskryf was?"
Ontdek opnuut die wonderlike erfenis wat God vir ons het met Die
Familiebybel.
Die Familiebybel sal gesinne aanmoedig om weer saam om die Woord van God te vergader en sal lesers opnuut laat besef watter opwindende erfenis God vir ons het
Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer.
Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.
Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar is ’n projek deur kenners van die Ou en Nuwe Testament. Met die Nuwe Lewende Vertaling as grondslag is hierdie boek geskryf in maklik leesbare, eietydse taal sonder ingewikkelde redenasies en terminologie. Die bundel is ’n bekostigbare kommentaar van die Nuwe Lewnde Vertaling vir predikante, studente en ernstige Bybellesers. Gelowiges wat meer van die Bybel wil weet, sal deur dié bundel ’n wyer insig van die Bybel verkry, sowel as die węreld waarin dit afspeel en die betekenis daarvan vir vandag. Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar ontsluit vir hedendaagse gelowiges wat die Bybel vandag nog vir ons wil sę.
Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en
aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.
Wat is gebed? Watter waarde vind ons daarin? Hoe bid 'n mens? Die uitnodiging van hierdie boek is: Kom ons ontdek wat dit behels om tyd in die teenwoordigheid van ons Skepper deur te bring tot die punt waar ons weet dat ons ’n bewussyn ontwikkel van sy karakter, sy liefde en sy sorg vir ons as sy kinders. In hierdie boek probeer Esté Geldenhuys die węreld van gebed oopbreek deur:
Mag die inhoud van hierdie boek vir elkeen wat dit lees ’n nuwe verstaan bewerk van die karakter van ons Vader, die offer wat ons Verlosser gebring het en die wonderbare kontak en kommunikasie wat die Gees van Christus vir ons bied.
Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Hierdie gids bied die besoeker of belangstellende die geleentheid om al die plekke in Pretoria en omgewing wat op die een of ander wyse 'n verbintenis met die Anglo-Boereoorlog gehad het, te besoek. 'n Kort agtergrondskets word oor elke plek en die betrokke historiese figure gegee. Plekke wat naby mekaar le, is in afdelings saamgegroepeer. Tesame met die kaarte en kleurfoto's behoort dit maklik te wees om enige besondere plek te vind.
Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die węreld vandag te wees.
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en - opsteller. Die Bybel Blokraai bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is ’n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel ’n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer ’n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. ’n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van ’n sterk, intelligente vrou.
Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap. Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie. Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?
Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie. Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie. Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.
Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgelę, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied. “Roedolf Botha neem ons op ’n boeiende reis deur die Markusevangelie om die hartklop van egte leierskap ver en diep te ontgin” - Stephan Joubert
Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen. Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het. Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.
Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is
’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar
pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou
hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur
hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat
stel om vreesloos in liefde te leef.
In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke węreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appčlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.
Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers. Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.
Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n węreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspektief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.
If you drive through Mpumalanga with an eye on the landscape flashing by, you may see, near the sides of the road and further away on the hills above and in the valleys below, fragments of building in stone as well as sections of stone-walling breaking the grass cover. Endless stone circles, set in bewildering mazes and linked by long stone passages, cover the landscape stretching from Ohrigstad to Carolina, connecting over 10 000 square kilometres of the escarpment into a complex web of stone-walled homesteads, terraced fields and linking roads. Oral traditions recorded in the early twentieth century named the area Bokoni - the country of the Koni people. Few South Africans or visitors to the country know much about these settlements, and why today they are deserted and largely ignored. A long tradition of archaeological work which might provide some of the answers remains cloistered in universities and the knowledge vacuum has been filled by a variety of exotic explanations - invoking ancient settlers from India or even visitors from outer space - that share a common assumption that Africans were too primitive to have created such elaborate stone structures. Forgotten World defies the usual stereotypes about backward African farming methods and shows that these settlements were at their peak between 1500 and 1820, that they housed a substantial population, organised vast amounts of labour for infrastructural development, and displayed extraordinary levels of agricultural innovation and productivity. The Koni were part of a trading system linked to the coast of Mozambique and the wider world of Indian Ocean trade beyond. Forgotten World tells the story of Bokoni through rigorous historical and archaeological research, and lavishly illustrates it with stunning photographic images. |
You may like...
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen
Hardcover
(1)
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee
Paperback
|