0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (134)
  • R100 - R250 (441)
  • R250 - R500 (729)
  • R500+ (1,418)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Die Bybel - 1933/1953-vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding): Die Bybel - 1933/1953-vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding)
1
R815 R706 Discovery Miles 7 060 Save R109 (13%) Ships in 5 - 10 working days
Die Herero-Opstand 1904-1907 (Afrikaans, Paperback): Gerhardus Pool Die Herero-Opstand 1904-1907 (Afrikaans, Paperback)
Gerhardus Pool
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Die Herero-opstand 1904–1907 is ’n heruitgawe van ’n boek wat ses keer tussen 1976 en 1979 deur HAUM gepubliseer is. Die lotgevalle van die Hererovolk word in hierdie boek geskets, ’n stuk geskiedenis wat ’n sentrale plek in Namibie se kleurryke geskiedenis beklee. Die opstand van die Herero’s in 1904 teen Duitse koloniale gesag kan beskou word as die enkele gebeurtenis wat die gebied se volksverhoudinge die ingrypendste verander het. Die Herero-opstand 1904–1907 vertel van die geleidelike opbou na die konflik, die skielike uitbarsting van geweld en die tragiese afloop vir die Herero’s toe duisende verhonger het en hulle grond en politieke seggenskap verloor het.

Die Bybel (Afrikaans, Paperback, 1983 Vertaling): Die Bybel (Afrikaans, Paperback, 1983 Vertaling)
1
R161 Discovery Miles 1 610 Ships in 5 - 10 working days

Afrikaanse 1983-vertaling, mediumgrootte, volledige Bybel. Gepubliseer met 'n sagteband, randindeks en voetnote.

• 8.5-punt lettergrootte
• Grootte: 135 x 210mm

Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R85 Discovery Miles 850 Ships in 6 - 10 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902?1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Babilon - Johannesburg In Die Koloniale Tydperk, 1902–1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days

Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers.

Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.

Eerste Daar (Afrikaans, Paperback): W.S.van der Waals Eerste Daar (Afrikaans, Paperback)
W.S.van der Waals
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 6 - 10 working days

Brig.genl. Willem (Kaas) van der Waals kyk terugskouend na sy loopbaan wat gekenmerk is deur veelsydigheid — valskermsoldaat en instrukteur, operasionele diens in SWA, Angola en Rhodesië, militêre diplomaat en SAW se hoof van buitelandse betrekkinge.

Hy was ook dosent in strategiese studies, hoof van sielkundige oorlogvoering, inligtingsoffisier en strategiese beplanner by die sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad. Daarna is hy die eerste veiligheidshoof van die stad Pretoria.

Dis juis díé veelsydigheid wat hom enersyds met gesagsfigure in die weermag laat bots het en andersyds wyd aanwendbaar gemaak het.

Pretoria en die Anglo-Boereoorlog - 'n Gids tot geboue, terreine, grafte en monumente/Pretoria and the Anglo-Boer War / A... Pretoria en die Anglo-Boereoorlog - 'n Gids tot geboue, terreine, grafte en monumente/Pretoria and the Anglo-Boer War / A Guide of Buildings, Terrains, Graves and Monuments (Afrikaans, English, Paperback)
P.J. Greyling
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie gids bied die besoeker of belangstellende die geleentheid om al die plekke in Pretoria en omgewing wat op die een of ander wyse 'n verbintenis met die Anglo-Boereoorlog gehad het, te besoek. 'n Kort agtergrondskets word oor elke plek en die betrokke historiese figure gegee. Plekke wat naby mekaar le, is in afdelings saamgegroepeer. Tesame met die kaarte en kleurfoto's behoort dit maklik te wees om enige besondere plek te vind.

Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback): Erika de Beer Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te Slaan (Afrikaans, Paperback)
Erika de Beer
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is ’n mantra in die redaksie: “Slaan die groot storie hard.” In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring. Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land.

Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is, daarvan getuig die foto’s, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie ’n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor. Op die ou end is die belangrikste element die leser.

Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: “Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor ’n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld.”

Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback): Kobus van der Westhuyzen Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback)
Kobus van der Westhuyzen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

'n Leeftyd later: Herinneringe aan Angola (Afrikaans, Paperback): Marthie Prinsloo-Voigt 'n Leeftyd later: Herinneringe aan Angola (Afrikaans, Paperback)
Marthie Prinsloo-Voigt
R102 Discovery Miles 1 020 Ships in 6 - 10 working days

Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is ’n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel ’n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer ’n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. ’n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van ’n sterk, intelligente vrou.

Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed): Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed)
1
R170 R157 Discovery Miles 1 570 Save R13 (8%) Ships in 5 - 10 working days
Nagverse: 'n Digbundel (Afrikaans, Paperback): Koos van der Merwe, Claudi Nagverse: 'n Digbundel (Afrikaans, Paperback)
Koos van der Merwe, Claudi
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Koos van der Merwe nooi jou uit om met hierdie digbundel te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie.

Elke mens wonder soms oor die lewe. Ons almal kry seer. Ons het lief. Ons word op die een of ander stadium ontnugter en stoei met geloof. Ons is geneig om soms net so bolangs te leef omdat ons te bang is om ons vrese en drome te konfronteer.

Met hierdie versameling verse wil Koos jou uitnooi om te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie.

Hy laat jou binneste reis na daardie ervarings wat pynlik was en jy word uitgedaag om jou pyn ’n naam te gee. Seerkry wat geïgnoreer word sal elke keer terugkom en jou weer treiter.

Konfronteer eerder jou issues en werk daardeur, dan sal jy genesing vind.

Moenie jou verlede vergeet nie. Koos vra jou om die tye van “heilige afsprake” en “ontmoetings met Lig” te koester, want “om jou verlede te ag is die anker van jou toekoms.”

Die temas van God en geloof word ook aangeraak en jy kom diep onder die indruk van jou afhanklikheid van Sy genade.

'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback): Pieter van Jaarsveld 'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Jaarsveld
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie.

Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.

Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.

Kansvatter - Die Rustelose Lewe van Ben Viljoen (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Kansvatter - Die Rustelose Lewe van Ben Viljoen (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R380 Discovery Miles 3 800 Ships in 6 - 10 working days

Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.

Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van ’n Boereoorlogskouspel, aan ’n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om ’n film in Hollywood te vervaardig.

’n Prentjie van ’n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan ’n deel van die huidige generasie Afrikaners – minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.

Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback): Roedolf Botha Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback)
Roedolf Botha
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgelê, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied. “Roedolf Botha neem ons op ’n boeiende reis deur die Markusevangelie om die hartklop van egte leierskap ver en diep te ontgin” - Stephan Joubert

Rebel: Die Lewe Van Kommandant Hans Lötter 1873-1901 (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Rebel: Die Lewe Van Kommandant Hans Lötter 1873-1901 (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman
R245 Discovery Miles 2 450 Ships in 6 - 10 working days

Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.

'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback): Rob Naim 'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback)
Rob Naim; Translated by Karel Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

’n Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ’n heruitgawe. ’n Stil gemoed is ’n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ’n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ’n manier wat met die invloede rekening hou.

Slagtersnek En Sy Mense (Afrikaans, Paperback): J.A. Heese Slagtersnek En Sy Mense (Afrikaans, Paperback)
J.A. Heese
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen.

Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het.

Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.

'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron 'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.

Die Trekos en Trektoerusting in Suid-Afrika: (Afrikaans, Paperback): C. Marius Oosthuizen Die Trekos en Trektoerusting in Suid-Afrika: (Afrikaans, Paperback)
C. Marius Oosthuizen
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 6 - 10 working days
100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback): Andries Cilliers 100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Andries Cilliers
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. 

Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n  kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.

Geskiedenis Van Suid-Afrika Tot 1854 (Afrikaans, Paperback): H J van Aswegen Geskiedenis Van Suid-Afrika Tot 1854 (Afrikaans, Paperback)
H J van Aswegen
R224 Discovery Miles 2 240 Ships in 6 - 10 working days
Ou Marico (Afrikaans, Paperback): C.F. Gronum Ou Marico (Afrikaans, Paperback)
C.F. Gronum
R88 Discovery Miles 880 Ships in 6 - 10 working days

Uit die vertellinge van C.F. Gronum kry die leser ’n seldsame en insiggewende blik op die leefwyse van die negentiende-eeuse Boere in die Maricodistrik. Jagtogte, transportryery, verskillende tipes meule, die delwerye op Kimberley en die Kimberleyse trein is maar enkele aspekte wat aandag geniet. Die ingewikkelde verhouding tussen die Boere en Mzilikaze word onder meer in hierdie kontreigeskiedenis verken. So word daar byvoorbeeld vertel van tante Pertoors wat uiteindelik haar groen kappie aan Mzilikaze afgestaan het en hoe hy twee jaar later steeds hoogs in sy skik die kappie gedra het! Jagtogte, transportryery, verskillende tipes meule, die delwerye op Kimberley en die Kimberleyse trein is maar enkele aspekte wat aandag geniet.

Ontmoet God In Gebed (Afrikaans, Paperback): Este Geldenhuys Ontmoet God In Gebed (Afrikaans, Paperback)
Este Geldenhuys
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wat is gebed? Watter waarde vind ons daarin? Hoe bid 'n mens?

Die uitnodiging van hierdie boek is: Kom ons ontdek wat dit behels om tyd in die teenwoordigheid van ons Skepper deur te bring tot die punt waar ons weet dat ons ’n bewussyn ontwikkel van sy karakter, sy liefde en sy sorg vir ons as sy kinders.

In hierdie boek probeer Esté Geldenhuys die wêreld van gebed oopbreek deur:

  • God se karakter te ontgin
  • Die DNS van gebed te ondersoek
  • Verskeie getuienisse te plaas oor die grootheid en almag van die lewende God

Mag die inhoud van hierdie boek vir elkeen wat dit lees ’n nuwe verstaan bewerk van die karakter van ons Vader, die offer wat ons Verlosser gebring het en die wonderbare kontak en kommunikasie wat die Gees van Christus vir ons bied.

Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith 1
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith.

Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R578 Discovery Miles 5 780
Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou…
Joyce Meyer Hardcover R249 R229 Discovery Miles 2 290
Vergete wereld - Die…
Peter Delius, Tim Maggs, … Paperback R400 R369 Discovery Miles 3 690
'n Lewe Naby God - 366 Oordenkings
Nina Smit Hardcover R279 R257 Discovery Miles 2 570
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Ingrid Jonker - 'n Biografie
Petrovna Metelerkamp Paperback R400 R369 Discovery Miles 3 690
Het Ek My Geloof Verloor?
Pierre du Plessis Paperback R283 Discovery Miles 2 830
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R285 R255 Discovery Miles 2 550
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R267 Discovery Miles 2 670

 

Partners