0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (37)
  • R50 - R100 (134)
  • R100 - R250 (440)
  • R250 - R500 (731)
  • R500+ (1,419)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Geanker In Geloof - Praktiese Toepassings Vir 'n Sprankelende Geloofslewe (Afrikaans, Paperback): Caitlin Henderson Geanker In Geloof - Praktiese Toepassings Vir 'n Sprankelende Geloofslewe (Afrikaans, Paperback)
Caitlin Henderson
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 5 - 7 working days

’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens.

Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef.

In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.

Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman 1
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.

Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring.

Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).

My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Drie Dekades Van Verandering - Die NG Kerk Se Pad Van Verruiming (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Drie Dekades Van Verandering - Die NG Kerk Se Pad Van Verruiming (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

1990 was ’n waterskeidingsjaar in Suid-Afrika se geskiedenis. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse samelewing, en ook die NG Kerk, baie verander. Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het. Die wortel van die kerk word teruggevoer na Jesus toe, en die NG Kerk vandag kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.

Soldaat (Afrikaans, Paperback): Wynand Du Toit Soldaat (Afrikaans, Paperback)
Wynand Du Toit
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days
Evolusie vir Christene (Afrikaans, Paperback): Albert Alberts Evolusie vir Christene (Afrikaans, Paperback)
Albert Alberts
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Daar is baie intelligente en toegewyde Christene wat evolusie sien as ‘n ateistiese dogma wat die kern van die geloof van ‘n Christen bedreig. Dit het al begin na die publiskasie van Charles Darwin se boek oor evolusie maar is meer onlangs op ‘n spits gedryf deur die aggressiewe publikasies van ateistiese natuurwetenskaplikes wat beweer dat daar nou geen rol meer bestaan vir God in die skepping nie. Dit het op sy beurt weer ongelukkig gelei tot veelvuldige publikasies deur toegewyde Christene wat probeer het om die wetenskap van evolusie te diskrediteer. Opwindende nuwe navorsing oor die meganisme van evolusie het al hoe duideliker in die afgelope dekades geword. Die leser word hieraan blootgestel en dit sal duidelik word dat God op opwindende maniere evolusie gebruik het om ons, die uiteindelike kroon van Sy skepping, daar te stel. Dit is die wese van die teistiese benadering. Al die verskillende geloofsmodelle word bespreek en daar word veral op die teistiese benadering klem geplaas. Knelpunte word deeglik uitgelig. Aan die einde van die boek sal die toegewyde Christen besef dat hy of sy die wetenskap van evolusie ten volle kan aanvaar en steeds in verwondering die hande kan ophef en Hom prys en eer vir Sy krag en majesteit.

Gesprek sonder einde - Waar pas ek in by God se verhaal? (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Gesprek sonder einde - Waar pas ek in by God se verhaal? (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 4 - 6 working days

Waar pas die mens in by God se verhaal? En watter keuses kan ons maak in hierdie drama waarvan ons medeskrywer is? Dit vra die skrywer wanneer hy in gesprek met sy lesers gaan: Hy praat oor die kerk en die mense om ons, oor ideologieë, oor dit wat ís en wat wás en wat kom. En hiervoor roep hy die Bybel, die Christelike tradisie asook C.S. Lewis en N.P. van Wyk Louw as getuies in. Soos enige hartgrondige, luisterende gesprek oor God, word ook hierdie een, onafwendbaar, ’n gesprek mét God.

Omega, Oor En Uit - Die Storie Van 'n Opstandige Troep (Afrikaans, Paperback): Francois Verster Omega, Oor En Uit - Die Storie Van 'n Opstandige Troep (Afrikaans, Paperback)
Francois Verster
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega.

Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre en ’n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.

Afrikaanse filosofie - Perspektiewe en dialoe (Afrikaans, Paperback): Pieter Duvenage Afrikaanse filosofie - Perspektiewe en dialoe (Afrikaans, Paperback)
Pieter Duvenage
R393 Discovery Miles 3 930 Ships in 4 - 6 working days
God is Steeds God - Lewensveranderende Geloofstories van Mense (Afrikaans, Paperback): Benescke Janse van Rensburg God is Steeds God - Lewensveranderende Geloofstories van Mense (Afrikaans, Paperback)
Benescke Janse van Rensburg
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 6 working days

In God is stééds God deel Benescke 60 hedendaagse lewensveranderende geloofstories wat die leser se geloof stig. Temas van die stories wissel van voorsiening, beskerming, bonatuurlike deurbrake tot genesing en herstel.

Die boek bevat stories van bekendes en ook gewone mense.

Die Krag Van Onstuitbare Geloof (Afrikaans, Paperback): Nick Vujicic Die Krag Van Onstuitbare Geloof (Afrikaans, Paperback)
Nick Vujicic
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 6 working days

Om onstuitbaar te wees, beteken jy moet glo in jouself, jou talente, jou doel en bowenal in God se groot liefde en sy Goddelike plan vir jou lewe. Nick Vujicic is ’n uitstekende voorbeeld van hoe niks jou kan keer om onstuitbaar te wees as jy kies om so te leef nie.

In Die krag van onstuitbare geloof fokus Nick veral op die onstuitbare krag van geloof in aksie, van geloof wat tot dade oorgaan. Hy moedig lesers aan om hulle geloof elke dag daadwerklik uit te leef en ’n hand uit te steek na ander.

Hierdie kragtige sakpas-boekie is aangepas uit Nick se topverkoper-boek Onstuitbaar.

Die Laaste Dae - Wat Profesiee Vir Ons Oor Die Toekoms Se (Afrikaans, Paperback): Johan Malan Die Laaste Dae - Wat Profesiee Vir Ons Oor Die Toekoms Se (Afrikaans, Paperback)
Johan Malan
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days
Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen 1
R1,081 Discovery Miles 10 810 Ships in 4 - 6 working days

Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so ’n onuitwisbare indruk gelaat as die Dorslandtrek. Die populêre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race”.

Kort ná hulle aankoms op Humpata het die graaf van Mayo die Dorslandtrekkers soos volg beskryf: “Taking them all round, a finer set of men I have never seen; without doubt, during that terrible seven years’ journey it was a case of the survival of the fittest.”

Die Dorslandtrek: 1874–1881 vertel die aangrypende verhaal van die ongeveer 700 persone (benewens ’n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 ná ’n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik.

Die Dorslandtrek: 1874–1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor dié onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op ’n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek oor dié aangrypende gebeurtenis.

Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling): Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die... Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans!

Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22).

God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Die Kerk - Die Evangelie Sigbaar Gemaak (Afrikaans, Paperback): Mark Dever Die Kerk - Die Evangelie Sigbaar Gemaak (Afrikaans, Paperback)
Mark Dever
R154 Discovery Miles 1 540 Ships in 4 - 6 working days

Daar heers vandag groeiende verskille in kerke se verkondiging van wat kerklewe behoort te wees, die grondbeginsels van die Christelike geloof en die wyses waarop God aanbid moet word. Te midde van verdere antagonisme jeens die kerk, mag die gelowige miskien begin wonder wat die kerk se rol nou eintlik is? Hoe leef ons in 'n gemeenskap van gelowiges waar die Woord van God sigbaar in ons lewens is? Volgens Mark Dever behoort ons ons tot die Woord van God te beroep om ons te lei in hierdie vrae. Hoe beter ons God verstaan, hoe beter is ons raamwerk vir kerklewe, geloof en aanbidding. Die kerk speel 'n essensiele rol in God se planne. Dit is die waarneembare gedeelte van Christelike teologie. Christelike lewe kan net gerealiseer word in ons verhoudings met ander. Die eenheid waarin Christene tot mekaar leef verteenwoordig die lewe van ’n nuwe samelewing: een van liefde en vrede tussen mense. God roep mense om sy take op aarde te verrig en Hom op aarde te verteenwoordig. Mark Dever verduidelik in Die kerk dat die kerk 'n eenheid kan wees wanneer gelowiges verenig is in God se waarheid wat in die Bybel gevind kan word.

Die Een Oplossing Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Henry Cloud Die Een Oplossing Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Henry Cloud
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Dr. Phil McGraw se oor hierdie boek: "Dr. Cloud wys jou hoe om die resultate waarna jy soek in jou werk en by die huis te verkry." Dr. Henry Cloud deel in Die een oplossing vir die lewe talle waardevolle strategiee vir 'n lewe met groter samehang en eenvoud ten opsigte van werk, gesin en geloof. Hierdie boek is spesiaal geskryf vir mense wie se inbox nooit leeg word nie, wat gefragmenteerd en gefrustreerd voel – asof hulle in te veel rigtings getrek of gedryf word. Dit behandel die moeilike balans tussen werk en persoonlike lewe, wat soms in chaos eindig. Dr. Cloud wys die leser hoe om: selfvernietigende gedrag in toom te hou; jouself te definieer en te weet wie jy is; perke te stel wanneer dit nodig is, doeltreffend te kommunikeer asook om jou werkverrigting by die werk en daarbuite te verbeter.

Seks - wat is die eintlike storie (Afrikaans, Paperback): Dr Nicki Spies Seks - wat is die eintlike storie (Afrikaans, Paperback)
Dr Nicki Spies
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie boek gaan kyk na die mees prominente stories oor seks in terme van geloof, waardes en natuurlik voorgeskrewe geslagsrolle. Die boek gaan ook oor stil-bly stories. Dit gaan oor die stories van hoe ons seks verstaan en hoekom ons seks op 'n spesifieke manier verstaan. Stories het die geneigdheid om 'n invloed op mense te he en daarom gaan kyk ons ook na die effek van stories rondom seks. Die doel van hierdie boek is om mans en vroue te bevry van stereotipe seks-stories om sodoende hul seksualiteit voluit te kan beleef en uit te leef. Lesers sal hulle verlustig in die openlikheid waarmee opvattinge oor seks, seksualiteit en gender verken word, asook begryp hoe sulke konstruksies ons intieme verhoudings raak. Die boek takel eeue oue sienings en bied 'n verfrissende en stimulerende kykie op seksualiteit vandag.

40 Dae in Doelgerigte Liefde - Ons is Geskep Vir Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Rick Warren 40 Dae in Doelgerigte Liefde - Ons is Geskep Vir Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 6 working days

Die antwoord op die vraag wat vir die gelowige belangrik is, vertel tegelykertyd watter waardes vir hom/haar uitstaan. Dit is op hierdie waardes wat die gelowige se besluite beinvloed en bepaal. Die Here se dat elkeen van ons wil he dat iemand ons liefhet. Jesus het by geleentheid verduidelik dat die twee belangrikste gebooie van almal in die Bybel is om die Here met jou hele hart lief te he en jou naaste soos jouself. In hierdie Bybelstudie vir groepe verduidelik die skrywer dat ons hoogste mikpunt in die lewe moet wees om God en ons medemens lief te he. Dit moet ons eerste prioriteit, ons sterkste ambisie, ons diepste verlange, ons voortdurende mikpunt, ons passievolle bedoeling en oorheersende waarde in die lewe wees. Hoe meer ons leer om eerlik en opreg lief te he hoe meer sal ons soos Jesus word.

Wat Moet Ek Glo? (Afrikaans, Paperback): John Stott Wat Moet Ek Glo? (Afrikaans, Paperback)
John Stott
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 4 - 6 working days
Donkermaan, Volmaan - Verhale Van Hoe Donker Lewens Vol Lig Word (Afrikaans, Paperback): Christina Landman Donkermaan, Volmaan - Verhale Van Hoe Donker Lewens Vol Lig Word (Afrikaans, Paperback)
Christina Landman
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Lesers kan identifiseer met elke spreker wat in hulle tipiese spreektaal hulle donkermaan-stories vertel, asook hulle pyn en opstand verwoord. Terwyl die berader hulle begelei om verwikkelde emosionele en sosiale probleme volwasse te hanteer, leer lesers self oorlewingstegnieke aan en skep hulle moed om weer 'n vervullende lewe in die lig te lei.

Wanneer God in My Pyn Verdwyn - Die Belydenis Van 'n Pa (Afrikaans, Paperback): Coenie Nolte Wanneer God in My Pyn Verdwyn - Die Belydenis Van 'n Pa (Afrikaans, Paperback)
Coenie Nolte
R125 Discovery Miles 1 250 Ships in 4 - 6 working days
Die Ewige Spel Van Lig - Waar Gewone Ervarings Besondere Betekenis Kry (Afrikaans, Paperback): Jaqueline Leuvennink Die Ewige Spel Van Lig - Waar Gewone Ervarings Besondere Betekenis Kry (Afrikaans, Paperback)
Jaqueline Leuvennink
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 4 - 6 working days
7 X Werklik Gelukkig (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg 7 X Werklik Gelukkig (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R89 Discovery Miles 890 Ships in 4 - 6 working days
Wanneer Vroue Vir Hul Vriende Bid (Afrikaans, Book): N. Smit Wanneer Vroue Vir Hul Vriende Bid (Afrikaans, Book)
N. Smit
R90 Discovery Miles 900 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie boek sal jou leer om spesifiek te bid vir jou vriendinne – wanneer hulle in krisisse verkeer, maar ook gewoonweg. Deur jou gebede vir hulle kan jy ’n positiewe verskil maak aan die lewens van jou vriendinne. Soms is ons so besig of is daar so baie persoonlike dinge wat ons van die Here wil vra, dat ons vergeet om vir ons vriendinne te bid. Maak dit ’n lewenswyse om jou vriendinne elke dag aan God op te dra – dié wat op die oomblik deur ’n krisis gaan, maar ook dié van hulle wat al jare deel van jou lewe is. Voordat jy begin om op hierdie manier vir jou vriendinne te bid, maak eers erns met jou eie verhouding met die Here. Want dit is net as jy self ’n innige verhouding met God het dat jy werklik sal weet hoe om vir jou vriendinne te bid.

Slawehuis - Die Sleutelstories Agter Die Grootstorie (Afrikaans, Paperback): Andre Bouwer Slawehuis - Die Sleutelstories Agter Die Grootstorie (Afrikaans, Paperback)
Andre Bouwer
R288 Discovery Miles 2 880 Ships in 4 - 6 working days

slaweHuis is hoe die Bybelse Boek Eksodus vir Egipte aan ons bekendstel – ’n primitiewe en boonop goddelose kabaal vol afgodery en heerssugtige farao’s wat God uitdaag en waaruit sy mense bevry is. Regtig? Eers as jy agter die stories begin vra, begin jy fyner skakerings raaksien. Is dit toevalling … dat die datering van die uittog uit die “slawehuis” net sin maak as ons dit verbind met die Hiksos se uitsetting uit Egipte (nie bevryding nie)?; dat Dawid en sy ryk so verbasend ooreenstem met die van Egiptiese Toetmoses III?; dat Jesus gekruisig is omdat hy homself “seun van god” genoem het – die titel wat Egiptiese konings hulle aangematig het?; dat Paulus tydens sy verhoor letterlik beskuldig is dat hy ’n Egiptenaar is? Wat is die ware storie? Is dit dalk eerder die Bybel wat stories aandra sonder om die ware verhaal te vertel? Hoe skakel hierdie stories agter die Bybelse grootStorie met feite wat ons kan weet en, belangriker, wat ons mag glo? Is die tyd ryp om nuwe stories vir ’n nuwe tyd te verken? Dit is die soekende vrae van Andre Bouwer in sy debuutbundel, slaweHuis. Die bundel verplaas die leser na ’n wereld toe die vroegste verhale vorm gekry het. Dit is meer as fassinerende inligting en ’n keuse tussen antieke geskrifte en die Bybel. SlaweHuis is eintlik ’n toestand: verslawing aan letterlike interpretasies van stories, soms buite konteks. Daarom is hierdie ’n ingrypende bevryding, soms vreesaanjaend – soos ’n uittog. Dit loop uit op ’n openbaring wat jou asem sal wegslaan, soos om die lank vergete ingang van ’n nuut ontdekte piramied te vind.

Openbaring SE Boodskap Vir Die Jare 90 (Afrikaans, Book): J.S. Malan Openbaring SE Boodskap Vir Die Jare 90 (Afrikaans, Book)
J.S. Malan
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The God-Image - From Antiquity to Jung
Lionel Corbett Hardcover R1,238 Discovery Miles 12 380
Metrical Theory of Continued Fractions
M. Iosifescu, Cor Kraaikamp Hardcover R2,869 Discovery Miles 28 690
Toward a Psychology of Being
Abraham H. Maslow Hardcover R693 Discovery Miles 6 930
Stochastic Interacting Systems: Contact…
Thomas M Liggett Hardcover R3,067 Discovery Miles 30 670
Multiphase Flow Dynamics 1…
Nikolay Ivanov Kolev Hardcover R5,835 Discovery Miles 58 350
Cognitive Behavioral Therapy - 21 Most…
Ryan James Hardcover R542 R496 Discovery Miles 4 960
Advances in Microfluidics and Nanofluids
S M Sohel Murshed Hardcover R3,081 Discovery Miles 30 810
Mind Improvement for Beginners - This…
Tony Brain Hardcover R839 Discovery Miles 8 390
Dynamics and Randomness
Alejandro Maass, Servet Martinez, … Hardcover R2,806 Discovery Miles 28 060
Professor I. I. Glass: A Tribute and…
Kazuyoshi Takayama, Ozer Igra Hardcover R2,658 Discovery Miles 26 580

 

Partners