![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Hierdie bundel is gevul met paslike liedere vir elke omstandigheid en
geleentheid. Dit bevat Afrikaanse en Engelse liedere en probeer Engels-
en Afrikaanssprekende gelowiges op geestelike gebied nader aan mekaar
bring. Die liedere hierin sal enige byeenkoms ophelder en almal wat
saamsing en luister tot seen wees.
Alhoewel hierdie twee persone betreklik onbelangrik was in die geskiedenis van die vroee Kaap, is hulle lewens goed gedokumenteer en slaag Karel Schoeman daarin om 'n verbasend omvattende en interessante beeld te herskep van die lewe onder die hoer Kaapse amptenary in die vroee agttiende eeu.
Stassen wy o.a. ’n volle hoofstuk aan die aangrypende verhaal van die Dorslandtrekkers en hulle lotgevalle. Tydens hierdie Angola-Boere se verblyf in Angola was daar van boerdery min sprake en probleme was velerlei: ’n problematiese verhouding met die Portugese owerheid, terwyl gebrekkige ekonomiese en opvoedkundige geleenthede, en gevolglike armoede, soms tot ontstellende verval gelei het. In 1928 is ongeveer 2000 Angola-Boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer. Die gemeenskap van 386–471 Afrikaners wat ná 1928 in Angola agtergebly het, is aan die vergetelheid en verwaarlosing oorgelaat en is later as ’n “lewende fossiel” en slagoffers van hulle eie behoudendheid bestempel. Sommige het wel nog ’n lewe uit gemengde boerdery, transportry en jag probeer maak, dekades nadat hierdie lewenswyse elders uitgesterf het. Vanaf 1958 tot 1963 is die meerderheid van die ongeveer 600 Afrikaners in Angola na Suidwes-Afrika en Suid-Afrika gerepatrieer, terwyl slegs enkeles in Angola agtergebly het. Hierdie groepie Afrikaners het hul Afrikanerskap daar onder moeilike omstandighede gehandhaaf. Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 in Angola het die laaste Afrikaners uit Angola gevlug en het die verbintenis van die Angola-Boere met Angola ná byna ’n eeu tot ’n einde gekom. Hulle interessante en kleurryke lewe word beskryf en die sogenaamde “trekgees” as ’n moontlike rede vir hulle swerftogte word onder die loep geneem.
In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind
waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met
Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en
met deernis luister.
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle
toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle
aan die slaap te sus.
Kortverhale oor die Bosoorlog in Suidwes-Afrika en Angola. 'Die gety is net reg vir boeke oor die Bosoorlog in Suidwes Afrika en Angola. En die beste is gewoonlik daardie wat geskryf is deur mense wat daar was - soos Cobus Bothma. Hy skryf soos 'n mens mens. Sy vertellings raak ligte sentimentele note en swaar snare.' So skryf Genl. Jannie Geldenhuys van Cobus Bothma se kortverhale oor die 'army' dae.
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke
balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is
reeds baie gewild by duisende lesers.
In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom. Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beďnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede. In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.
Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde
Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van
die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie
besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie,
wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en
hoogtepunte van elke dag.
Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.
Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders. Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens. Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hę wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.
Die reis op soek na antwoorde begin in Augustus 2018 met 'n toer deur Angola. Die ongenaakbare terrein en taal hindernisse in Angola, maak toerlede aangewese op mekaar. Ek begin soldate kameradrie verstaan. In Angola het die nasionale parke sonder diere, armoede, die nuwe kolonialiseerders van Afrika en die sigbare sowel as die onsigbare littekens van oorloe, 'n groot indruk op my gemaak. Die deure na die gebeure in die verlede moes oopgesluit word. Soldate se wedervarings moet gedeel word.
Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens
se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom
glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae
by baie mense ontstaan. Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom
vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om ’n offer te eis nie? Is God
die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel
wek angs en twyfel by vele – angs vir die hel en twyfel of hulle die
hemel sal ‘haal’. Kan ’n
Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en
hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en
kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is
saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.
In hierdie nuwe węreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-węreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.
God se hart oor man-en vrouwees beskryf. Die twee topverkoperboeke wat God se hart oor man- en vrouwees beskryf, Die ongetemde hart deur John Eldredge en Jy is bekoorlik deur John en Stasi Eldredge, is nou vir die eerste keer in Afrikaans in een volume beskikbaar. Die ongetemde hart is sonder twyfel die belangrikste boek vir Christenmans wat die afgelope dekade verskyn het. Sedert die verskyning van Wild at Heart in 2002 en Wild at Heart (revised edition) in 2011, is daar al ver oor ’n miljoen eksemplare verkoop. John Eldredge hou ’n totaal nuwe benadering tot manwees voor. Hy skryf nie ideale gedragspatrone vir Christenmans voor nie, maar nooi hulle op ’n verkenningstog om hulle Godgegewe, ongetemde aard te ontdek. In Jy is bekoorlik wys John en Stasi Eldredge waarvoor God die vrou oorspronklik geskep het, en hoe haar hart herstel kan word om die vryheid, krag en skoonheid te beleef wat vir haar bestem is. Hulle kyk ook na die drie begeertes van ’n vrou: ’n avontuur • om te deel • om mooi te wees • om bemin te word.
Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg. Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet. In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.
Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Vroue speel nog altyd 'n sentrale rol in ons samelewing. Hul rol as versorgers word erken, maar wat van oa in die kerk of sakewęreld? Het die vrou se rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen toeka en nou en Bybel en grondwet. Sy gaan kyk na die sogenaamde "text of terrors" en hoe die eerste vroue bygedra het tot die vryheid wat vroue vandag het in alle sfere van die samelewing geniet. Maak nie saak hoe stadig hul vorentoe beweeg nie, hul beweeg. |
You may like...
Philosophical Logic - An Introduction to…
George Englebretsen, Charles Sayward
Hardcover
R3,665
Discovery Miles 36 650
Hilary Putnam on Logic and Mathematics
Geoffrey Hellman, Roy T. Cook
Hardcover
Logic on the Track of Social Change
David Braybrooke, Bryson Brown, …
Hardcover
R1,459
Discovery Miles 14 590
Carbon Dots in Analytical Chemistry…
Suresh Kumar Kailasa, Chaudhery Mustansar Hussain
Paperback
R3,925
Discovery Miles 39 250
Authentication of Food and Wine
Susan E. Ebeler, Gary R. Takeoka, …
Hardcover
R3,137
Discovery Miles 31 370
|