![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is. Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.
Dr Piet Muller is ’n toekomskundigie, skrywer en godsdiens-filosoof, wat oor die afgelope drie dekades verskeie boeke oor spiritualiteit geskryf het. Hy was onder meer redakteur van die baanbrekende boek Die Nuwe Hervorming en van Kom ons Bid. Hy het ook verskeie boeke oor meditasie geskryf. Onlangs het Die Evangelie volgens Jesus verskyn. Op Pad is die resultaat van dertigjaar se saamleef met die Evangelie volgens Thomas, waaroor hy ’n kommentaar geskryf het.
Klein dorpies is elkeen uniek met sy eie karakter en dinge. Vanweë die klein gemeenskappe word mense in dieselfde smeltkroes gegooi; hetsy na gelang van kulturele afkoms of ras, verskillende godsdienste of oortuigings. Om te oorleef moes hulle die lewe se uitdagings so goed moontlik saam met mekaar aanpak, en so ontwikkel ’n algemene soort kultuur deur die jare heen; baie prakties, sonder onnodige nonsies en met baie humor. Plattelandsemense aarsel nie om dinge te sê soos dit is nie; dikwels in plat taalgebruik wat vir ander miskien stuitig mag wees of selfs aanstoot sal gee. Die skrywer is ’n gebore en getoë “boytjie” van die platteland wat nie kan verhelp om met sy tong in die kies te skryf en te skets nie. ʼn Groot knippie sout is gewis nodig. Lag of huil gerus lekker saam!
In die onstuimige beginjare van Alexanderbaai se diamantbedryf was
dit Kingsley Seale se onbenydenswaardige taak om die blink klippies
van die Hans Merensky-assosiasie skoon te maak, te waardeer en
veilig in die Kaap te besorg.
Hel Toe En Terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem. Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.
Die Groot Drie bied 'n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wereldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton. Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul kniee gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net die drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom 'n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak. In hierdie boek gee Francois Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, 'n historiese asook onderhoudende oorsig van die bydrae wat elk van die spotprenttekenaars gelewer het.
Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Ons almal se paaie lyk nie dieselfde nie. Net omdat jou pad anders is, beteken dit nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie. Glansaktrise Nadia Beukes nooi jou saam op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, bergpasse, en soms ook ompaaie. Só leer ken ons die ware Nadia weg van die kalklig. Sy deel haar verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde.
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se
geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte
uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte
Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel
moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland.
Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap – die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of “bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.
Jesus was 'n mens soos ons elkeen. Dit is die mening van Hennie J. de Villiers in sy nuutste baanbrekende boek oor die betekenis van lewe. De Villiers, 'n sielkundige, het in GLO - om te kry wat jy nodig het, navorsing gedoen oor Jesus se aardse lewe, sonder om deur die geykte teologiese modelle beinvloed te word. Hierdeur wil De Villiers vir die hedendaagse mens in 'n postmoderne tydvak nuwe sielkundige waarneming bied oor Jesus se benadering tot ? sinvolle lewe. Verder het De Villiers bevind dat Jesus soos alle mense gebore is en gesterf het. Tog is Jesus se lewe gekenmerk deurdat hy in kontak met die Godheid geleef het. Sodoende het Jesus oor die krag van "glo" beskik. Deur te glo, het hy siekes gesond gemaak, 'n honger skare kos gegee en mense die sin van lewe laat ervaar. Hierdie dinge het Jesus egter nie gedoen in 'n toestand van goddelikheid nie - dit was die Godheid, wat dit gedoen het op grond van Jesus se krag van glo. Die doel van Jesus se aardse lewe was om te toon dat ook ons, in kontak met die Godheid, oor hierdie krag van glo beskik. Deur te glo die Godheid dit sal bewerk, kan ons dinge kry wat ons nodig het om die betekenis van ons lewe te vervul. Ons as mense is sielkundig so saamgestel dat ons ons betekenis wil vervul. Viktor Frankl, die Oostenrykse sielkundige, se bevinding was dat mense se sterkste wil nie is om hulle seksbehoeftes te vervul (Sigmund Freud), of hulle mag te demonstreer (Adolf Adler) nie. Mense is daarop ingestel om die betekenis van hulle lewe te verwerklik. Dit is hoekom mense nie natuurlikerwys in 'n lewe na die dood belangstel nie. Daarom is dit duidelik dat die mens se lewe juis op hierdie planeet 'n doel dien, met vir elkeen ? unieke taak. De Villiers is van mening dat die Christendom tot dusver te veel daarop ingestel was om slegs op Jesus as die verlosser van sonde te fokus. Gevolglik is die sinvolle betekenis van sy aardse lewe verwaarloos. In hierdie verband is Hennie J de Villiers daarvan oortuig dat alle mense - ongeag hulle spirituele oortuigings - uit Jesus se aardse lewe riglyne kan vind. So kan hulle leer hoe hulle met die krag van glo dinge kan bekom wat hulle nodig het, en sodoende die sin in hulle lewe vervul. Ontken ons die sielkundige bevinding dat Jesus 'n mens soos ons was, verwerp ons daarmee ook die Christelike motief dat Jesus as mens vir die sonde van alle mense gestraf moes word.
In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seen oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is.
Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis. Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië. Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.
Gordon MacDonald se Onder die waterlyn is ideaal vir Christelike leiers, sowel as Christene in sekulere beroepe. Hierdie samestelling artikels, wat in Leadership Journal verskyn het, gee raad oor hoe om 'n meer effektiewe leier te word. Gordon moedig Christelike leiers aan om te groei en 'n sterk, geestelike fondament te vestig. Die boek is geanker in Bybelse waarhede, geestelike leiding en lewenservaring, en sluit onderwerpe in soos: verstaan wat jou motiveer; die wortel van leierskap om die moeilike dinge te se; wanneer dinge lelik raak; die privaat tye van 'n openbare leier; die krag van openbare gebed.
Dis asof byna almal in die een of ander stadium met dwelms eksperimenteer. Dit lyk dalk cool om 'n pil by raves te pop, of om 'n joint te rook omdat dit natuurlik is. Maar daar bestaan nie so iets soos om drugs te kan control nie. Dwelmmisbruik is 'n swaar las om te dra. Dit kan jou lewe vieslik opmors. Hierdie titel is bedoel vir ouens wat nog ietsie gebruik, en vir die wat oorweeg om in die toekoms 'n ding of twee uit te probeer. Dit is ook vir diegene wat besef hulle is hooked of meen dis cool om af en toe te drug en uit te chill … Dit gaan eintlik oor hoe om los te kom van dwelms en hoe om al jou cravings te hanteer.
Dit is 'n onaanvegbare, universele waarheid - Jesus van Nasaret is die band wat die Woord en die wetenskap verbind. Tog is die implikasies van die kennis en vars perspektief wat ontsluit word, verstommend. Die ontdekking van die ooglopende en kragtige skakel ontsluit nuwe insig op eeu-oue tradisies te midde van skerp aanvalle op die kerk.
Die onlangse bekendstelling van die vier jaarkursus vir die LLB-graad bied studente die geleentheid om 'n aantal fundamentele veranderinge in Suid-Afrikaanse regs onderrig in te voer. Daar word in die eerste studiejaar 'n kursus in die grondslae van ons regstelsel en die ontwikkeling van regsvaardighede aangebied. Romeinse reg vorm die basis en die raamwerk van Suid-Afrikaanse privaatreg. |
You may like...
Forgotten Sins - A Bad Boy Mafia Romance
Ivy Wonder, Michelle Love
Hardcover
R617
Discovery Miles 6 170
Glimpses of Practical in Extension…
K Pradhan, Prasad Vara C
Hardcover
R3,437
Discovery Miles 34 370
|