![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis. Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië. Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.
Gordon MacDonald se Onder die waterlyn is ideaal vir Christelike leiers, sowel as Christene in sekulere beroepe. Hierdie samestelling artikels, wat in Leadership Journal verskyn het, gee raad oor hoe om 'n meer effektiewe leier te word. Gordon moedig Christelike leiers aan om te groei en 'n sterk, geestelike fondament te vestig. Die boek is geanker in Bybelse waarhede, geestelike leiding en lewenservaring, en sluit onderwerpe in soos: verstaan wat jou motiveer; die wortel van leierskap om die moeilike dinge te se; wanneer dinge lelik raak; die privaat tye van 'n openbare leier; die krag van openbare gebed.
Een of ander tyd word almal geraak deur die dood van 'n geliefde. Die pyn van so 'n verlies is soos geen ander pyn nie, hoewel elkeen dit op sy eie manier beleef. Die smart wat na die verlies volg, is 'n normale reaksie, hoewel dit glad nie normaal voel nie, en die rouproses is nodig om te kan aangaan met die lewe. 'n Reis na die lig deur Marge Stathakis is 'n joernaal vir die reis deur verlies. Die boek bied die volgende unieke kenmerke: eerlike en openhartige beskrywings van die skrywer se persoonlike ervaring; spasie in elke hoofstuk om persoonlike; ervarings en emosies neer te skryf; praktiese raad om kinders te help om verlies te verwerk; perspektief op die rol van vriende tydens die rouproses. 'n Reis na die lig is 'n waardevolle hulpmiddel op die reis deur verlies.
Samba is 'n versameling van Jeanne Els se rubrieke wat oor die jare in koerante en tydskrifte verskyn het. Sy het al twee ander boeke uitgegee wat ook danstemas gehad het – Ligdans en Tango. In Samba neem sy die leser op wereldreise en binnetogte, sy vertel hulle van plekke wat sy gesien het, ervarings wat sy gehad het en mense wat sy ontmoet het. Dis ’n boek wat lesers sal wys dat ’n mens kan dans te midde van teespoed en ander dinge wat die lewe op ons pad bring.
Dis asof byna almal in die een of ander stadium met dwelms eksperimenteer. Dit lyk dalk cool om 'n pil by raves te pop, of om 'n joint te rook omdat dit natuurlik is. Maar daar bestaan nie so iets soos om drugs te kan control nie. Dwelmmisbruik is 'n swaar las om te dra. Dit kan jou lewe vieslik opmors. Hierdie titel is bedoel vir ouens wat nog ietsie gebruik, en vir die wat oorweeg om in die toekoms 'n ding of twee uit te probeer. Dit is ook vir diegene wat besef hulle is hooked of meen dis cool om af en toe te drug en uit te chill … Dit gaan eintlik oor hoe om los te kom van dwelms en hoe om al jou cravings te hanteer.
Beskrywings, foto's en patrone van verskillende kledingstukke wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is. Dis algemene kennis dat die kakies so genoem is as gevolg van die kleur van hul uniforms, maar aan die vraag oor hoe presies die kleredrag van Boerekrygers en gewone burgers tydens die Anglo-Boereoorlog dan gelyk het, word selde aandag bestee. Hierdie boek bied 'n interessante blik op 'n noodsaaklike alledaagsheid wat destyds veel komplekser was as wat vandag se verbruikerskultuur ons laat besef!
Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het. Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?
’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.
Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie. Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a my geloof waarmee ek grootgeword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek en te dekonstrueer. Om daarmee mede soekers en vrydenkers te help om ook op hulle eie spirituele avontuur te kan gaan. Hierdie boek is dus vir 'n nuwe generasie van Afrikaner; waar geslag, ras, kultuur, geloof, taal, ouderdom en seksualiteit hulle nie meer noodwendig definieer nie. 'n Generasie van vrydenkers; mense vir wie die beginsels van liefde, eerlikheid, respek, kritiese denke, oop soeke en eietydse spiritualiteit veel belangriker is. Hulle is reisigers; mense wat op 'n Kop en hart reis die dieper betekenis van hulle lewens wil ondersoek. En al wat van elkeen op hierdie reis gevra word, is om nooit hulle koppe af te skakel of hulle harte stil te maak nie. Daarom betree ek heilige grond met eerlike vrae. Ek beskou geen tema as verbode of onaantasbaar nie, so of dit nou God of godsdiens is, evolusie of die Bybel is, ek dekonstrueer en poog om nuwe maniere van dink en praat te vind. Ek nooi elkeen uit om saam met my bietjie dieper te delf in die misterie, die misterie wat ons God en die lewe noem.
Die geliefde Bybelleraar en dogter van Billy Graham deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede om die leser te begelei tot dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God. Soos baie van ons, het Anne Graham Lotz gesukkel met gebed. Deur die jare het sy ontdek dat haar gebede en gesprekke met die Here verdiep en meer intiem word wanneer sy dit neerskryf. Die lig van sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart bevat veertig van hierdie tere, eerlike gebede vir werklike situasies wat jou aanmoedig om jou eie gebedslewe te verdiep deur aanbidding, belydenis, danksegging en voorbidding. Die boek moedig die leser aan volledig op God se beloftes te vertrou en bevat vele bemoedigende oordenkings, inspirerende aanhalings en ook ruimte vir die leser om sy/haar eie woorde aan die Here neer te skryf.
Die gruwelike geskiedenis van die wereld vertel die vieslike maar fassinerende verhaal van mense – van brein-etende Neandertallers tot verskrikte tienersoldate in die twintigste eeu – alles in die grillerigste en gruwelikste volkleur. Wil jy weet: Hoekom Alexander die grote baarde verbied het? Aan watter stink sportsoort die Samurai-vegters deelgeneem het? Wie probeer het om van haar vyande ontslae te raak met 'n koek wat gemaak is van vergiftigde badwater? Vind die waarheid uit oor die gruwelike gevegte in die Horrible Histories se reels van oorlogvoering, waag dit om die aaklige huise te besoek in ons Agterstraat-speletjie en maak jouself gereed om vyftig van die Skurfste Skurke te ontmoet in ons verskriklike uitvoublad. 'n Wonderlike en innoverende manier om meer oor geskiedenis te leer!
Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.
Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega. Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre en ’n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.
Jesus was 'n mens soos ons elkeen. Dit is die mening van Hennie J. de Villiers in sy nuutste baanbrekende boek oor die betekenis van lewe. De Villiers, 'n sielkundige, het in GLO - om te kry wat jy nodig het, navorsing gedoen oor Jesus se aardse lewe, sonder om deur die geykte teologiese modelle beinvloed te word. Hierdeur wil De Villiers vir die hedendaagse mens in 'n postmoderne tydvak nuwe sielkundige waarneming bied oor Jesus se benadering tot ? sinvolle lewe. Verder het De Villiers bevind dat Jesus soos alle mense gebore is en gesterf het. Tog is Jesus se lewe gekenmerk deurdat hy in kontak met die Godheid geleef het. Sodoende het Jesus oor die krag van "glo" beskik. Deur te glo, het hy siekes gesond gemaak, 'n honger skare kos gegee en mense die sin van lewe laat ervaar. Hierdie dinge het Jesus egter nie gedoen in 'n toestand van goddelikheid nie - dit was die Godheid, wat dit gedoen het op grond van Jesus se krag van glo. Die doel van Jesus se aardse lewe was om te toon dat ook ons, in kontak met die Godheid, oor hierdie krag van glo beskik. Deur te glo die Godheid dit sal bewerk, kan ons dinge kry wat ons nodig het om die betekenis van ons lewe te vervul. Ons as mense is sielkundig so saamgestel dat ons ons betekenis wil vervul. Viktor Frankl, die Oostenrykse sielkundige, se bevinding was dat mense se sterkste wil nie is om hulle seksbehoeftes te vervul (Sigmund Freud), of hulle mag te demonstreer (Adolf Adler) nie. Mense is daarop ingestel om die betekenis van hulle lewe te verwerklik. Dit is hoekom mense nie natuurlikerwys in 'n lewe na die dood belangstel nie. Daarom is dit duidelik dat die mens se lewe juis op hierdie planeet 'n doel dien, met vir elkeen ? unieke taak. De Villiers is van mening dat die Christendom tot dusver te veel daarop ingestel was om slegs op Jesus as die verlosser van sonde te fokus. Gevolglik is die sinvolle betekenis van sy aardse lewe verwaarloos. In hierdie verband is Hennie J de Villiers daarvan oortuig dat alle mense - ongeag hulle spirituele oortuigings - uit Jesus se aardse lewe riglyne kan vind. So kan hulle leer hoe hulle met die krag van glo dinge kan bekom wat hulle nodig het, en sodoende die sin in hulle lewe vervul. Ontken ons die sielkundige bevinding dat Jesus 'n mens soos ons was, verwerp ons daarmee ook die Christelike motief dat Jesus as mens vir die sonde van alle mense gestraf moes word.
Paasfees is 'n tyd om werklik stil te word en opnuut bewus te word van God se onvoorwaardelike liefde vir sondaarmense. So lief het God die wereld gehad bestaan uit 15 kort hoofstukke met Skrifgedeeltes asook aanhalings deur bekende Suid-Afrikaanse sowel as internasionale skrywers oor Jesus se lewe en sterwe. Hierdie boekie dra Christus se verhaal en sy boodskap wat vandag nog staan uitstekend oor. Temas soos die profesie oor die Messias, beloftes wat vervul moet word, ons Verlosser, die pad na Golgota, die kruis en die lee graf word aangeraak in hierdie spesiale geskenkboekie met sepia-foto's. So lief het God die wereld gehad is ideaal vir evangelisasie en verseker lesers opnuut dat Jesus vir ons sonde betaal het sodat ons vir altyd in 'n hegter verhouding met God kan leef.
Oorgewig, lui, ongedissiplineerd en moeg. Dit beskryf miljoene mense - mans en vroue wat te gefrustreerd is om God en hulle gesinne te dien omdat hulle liggaam en denke hulle in die steek laat. In Gesond.Gelukkig.Sonder giere! gee gesondheidskrywer Lisa Morrone 'n praktiese, maklik deurvoerbare plan vir almal om hulle energievlakke te herstel en hulle natuurlike lus vir die lewe terug te kry. Hierdie gesondheidsplan is daarop gemik om 'n persoon se lewenswyse te verander deur op sewe spesifieke areas te fokus: gewigsverlies, voeding, postuur, krag, soepelheid, breinkrag en ontspanning. Die boek bied ook praktiese voorbeelde wat maklik verduidelik word met sketse, foto's en voorbeelde in tabelvorm. Gesond.Gelukkig.Sonder giere! sal 'n langtermyn-verandering in 'n persoon se lewe teweegbring wat sal voortduur omdat die dryfkrag daaragter 'n groter doelwit het - 'n beter verhouding met God, jou gesin en vriende.
Hierdie boek gaan kyk na die mees prominente stories oor seks in terme van geloof, waardes en natuurlik voorgeskrewe geslagsrolle. Die boek gaan ook oor stil-bly stories. Dit gaan oor die stories van hoe ons seks verstaan en hoekom ons seks op 'n spesifieke manier verstaan. Stories het die geneigdheid om 'n invloed op mense te he en daarom gaan kyk ons ook na die effek van stories rondom seks. Die doel van hierdie boek is om mans en vroue te bevry van stereotipe seks-stories om sodoende hul seksualiteit voluit te kan beleef en uit te leef. Lesers sal hulle verlustig in die openlikheid waarmee opvattinge oor seks, seksualiteit en gender verken word, asook begryp hoe sulke konstruksies ons intieme verhoudings raak. Die boek takel eeue oue sienings en bied 'n verfrissende en stimulerende kykie op seksualiteit vandag.
|
![]() ![]() You may like...
Reliability of Nanoscale Circuits and…
Milos Stanisavljevic, Alexandre Schmid, …
Hardcover
R2,884
Discovery Miles 28 840
Handbook of Thermal Analysis and…
Sergey Vyazovkin, Nobuyoshi Koga, …
Paperback
Advances in Quantum Monte Carlo
Shigenori Tanaka, Stuart M. Rothstein, …
Hardcover
R5,813
Discovery Miles 58 130
Scalable Multi-core Architectures…
Dimitrios Soudris, Axel Jantsch
Hardcover
R2,888
Discovery Miles 28 880
|