![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind
waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met
Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en
met deernis luister.
Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde
Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van
die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie
besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie,
wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en
hoogtepunte van elke dag.
Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.
Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens
se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom
glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae
by baie mense ontstaan. Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom
vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om ’n offer te eis nie? Is God
die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel
wek angs en twyfel by vele – angs vir die hel en twyfel of hulle die
hemel sal ‘haal’. Kan ’n
Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders. Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens. Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.
In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.
In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom. Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede. In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.
Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe. In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.
Besluit om te wíl oorleef. Wat ek wel weet, is dat hierdie boek jou gaan vertel van My storie, Jou storie en ʼn wildernis. Dit gaan jou konfronteer met soms erge onverpakte keuses. Jy gaan kies tussen doodgaan en oorlewing. Ek vertrou dat jy in die proses ook vaardighede sal ontdek in jouself wat van jou wildernis storie, ʼn inspirerende storie sal maak. Jy gaan lewens verander met die lesse wat jy geleer het en ontdek dat jy reeds besig is om jou volgende wildernis te betree. Elke wildernis ervaring en oorlewing laat jou keuses maak, vorentoe beweeg met spore van oorlewing agter jou wat vir die wat ná jou kom, sal bewys dat hulle dit kán maak! Jy mag dalk jou wenkbroue lig as ek sê dat 5- en 10-punt planne vir die voëls is. Dit het nie vir MY gewerk nie. Sal nooit. Vir my, maak dit van boeke topverkopers en sprekers, ikone en ja, ons het ikone nodig vir suurstof in swaarkry, maar dit is dit, want, dis húlle wildernis storie. Met ʼn duur boek onder jou arm en ʼn ongemaklike middelrif volgestop met koek en tee uit duur koppies, sal jy van funksie na fees en van kamp tot kursus, steeds in die wildernis bly verdwaal, mits… Jý besluit om te wíl oorleef, uit die wildernis te wil stap as ʼn bevryde mens, jou oorlewings vaardighede in lesse wil omskakel wat uiteindelik sal lei na ʼn storie met inhoud.
Dit wil voorkom of die terme “goed” en “God” deesdae sinoniem is. Ons glo dat dit wat oor die algemeen as goed beskou word, in lyn met God se wil moet wees. Vrygewigheid, nederigheid, geregtigheid – goed. Selfsugtigheid, arrogansie, wreedheid – boos. Die onderskeid blyk tog duidelik te wees. Maar is dit al wat dit behels? Indien “goed” dan so voor die hand liggend is, hoekom sê die Bybel dan dat ons onderskeidingsvermoë moet hê om dit te identifiseer? Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Hierdie boek sal baie meer doen as om jou te vra om jou gedrag en gesindheid te verander. Dit sal jou in staat stel om op so ’n vlak met God te kommunikeer dat dit elke aspek van jou lewe sal verander.
Beloftes vir oorwinning bevat talle beloftes uit die Bybel oor geestelike oorlogvoering en gebed, en bied ’n gids aan gelowiges oor hoe om die vyand teen te staan, hulle posisie in Christus in te neem en vas te staan in oorwinning. Onderwerpe sluit in: • Weet Wie God werklik is • Weet wie jy in Christus is • Ken die vyand se strategie • Onderskeiding • God se krag oor die viand • Jou geestelike wapenrusting • Jou posisie in Christus • Wees waagmoedig – jy hoef nie die vyand te vrees nie • Word vernuwe • Staan die vyand teë • Gebed – ons strategie teen die viand Bybelverse word geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling, asook verskeie ander Bybelvertalings. Beloftes vir oorwinning bevat ook gepaste aanhalings deur verskeie Christenskrywers oor die onderskeie onderwerpe. pe
101 persoonlike gebede vir elke seisoen en situasie in ’n vrou se lewe. Hierdie sakgrootte gebedeboek bevat verskeie kort gebede oor: • Temas soos vreugde, seerkry, eensaamheid, danksegging en leiding; • Verskillende persoonlike situasies, soos bv. siekte, finansiële probleme, afdanking, ’n nuwe baba en vele ander situasies wat op vandag se vrou van toepassing is; • Verskillende mense soos ‘my tiener’, ‘my man’, ‘my kind wat oorsee werk’; en • Temas rondom jou verhouding met God, bv. gehoorsaamheid, liefde vir God, vergifnis en versoening. Ook ingesluit is ’n gepaste Bybelvers by elke gebed en ’n alfabetiese indeks vir maklike opsoek. Die grootte maak dit gerieflik om oral met jou saam te dra.
Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n
vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue
van alle ouderdomme sal vind.
Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n
vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van
alle ouderdomme sal vind.
Die Heilige Gees word dikwels misverstaan, en baie mense het geen idee Wie Hy regtig is en hoe Hy Homself aan ons openbaar nie. Die Heilige Gees word dikwels as ’n “vreemde verskynsel” uitgebeeld. Die Bybel maak dit egter duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar iemand – ’n Persoon wat belowe het om jou nooit te verlaat nie. In Ontmoet die Heilige Gees nooi John Bevere jou om die Persoon en werk van die Heilige Gees te ontdek. Hierdie interaktiewe boek is veeldoelig – deels boek, deels Bybel studie, deels groepstudie – en bevat vyf hoofstukke wat die volgende bespreek: • Wie is die Heilige Gees? • Die persoonlikheid van die Heilige Gees • Ons verhouding met die Heilige Gees • Hoe ons bekragtig word deur die Heilige Gees • Die taal van die Heilige Gees Elke hoofstuk is opgedeel in vyf voorgestelde leesstukke met ooreenstemmende Bybelstudies aan die einde van die hoofstuk en ’n afdeling met besprekingsvrae vir groepstudie. Dit bevat ook ’n bonus-hoofstuk met ’n diepgaande vraag en antwoord-gesprek waarin van die moeilikste vrae oor die Heilige Gees beantwoord word.
“Met God se krag wat deur sy kinders werk, is elkeen van ons tot oneindig meer in staat as wat ons kan bid of dink,” skryf Paulus aan die gemeente in Efese (Ef. 3:20) “Tog weerhou dit jou nie daarvan om by tye steeds moedeloos en kragteloos, selfs depressief te voel nie. Dit is menslik onmoontlik om altyd, onder alle omstandighede sterk te bly,” skryf Nina Smit in haar splinternuwe boek, Wanneer vreugde my ontwyk. Maar daar is hoop, sê sy. Dit is wonderlik om te weet dat in swaarkrytye wanneer jy wel moed verloor of depressief voel, God jou omstandighede ken en gereedstaan om jou te help. In Wanneer vreugde my ontwyk bied Nina 52 oordenkings wat die leser daaraan sal herinner dat die beste medisyne vir negatiewe emosies soos moedeloosheid en magteloosheid die wete is dat God juis dán ’n pad met jou wil stap; dat Hy reeds alles van jou omstandighede weet. Boonop mag jy daarvan seker wees dat Hy elke oomblik van hierdie krisistyd by jou sal wees om jou met sy wonderwerkende krag te ondersteun. Gebruik hierdie dagstukkies as inspirasie op jou af-dae!
'n Tyd om te praat gaan beslis vir elke leser op 'n spesifieke wyse praat, wat jou gaan laat besef wie jy werklik is. Leer ken jou diepste wese met hierdie boek op verskillende vlakke. Ontdek so dieper insig om regte besluite te maak. Rinscha deel haar lewensverhaal ter verryking van alle mense, sodat ieder en elk iets hieruit die toekoms mag saamneem. Dit is Rinsha se passie om mense in die eg te verbind, want baie siele word so gewen met haar boodskap wat sy vooraf van Hom ontvang het. By meeste mense wanneer daar baie seer tye in hul lewens insypel, ontstaan 'n innerlike worsteling en kan dit 'n mens soms onnodig besig hou. Verkeerde keuses kan reggestel word en mens hoef nie weg te kruip en in skaamte te leef nie. Sy hoop dat hierdie boek 'n aanwins en aansporing sal wees vir elke mens om te besef dit is nooit te laat om reg te maak en weer geluk te vind nie.
De Villiers se vertaling kommunikeer in eietydse Afrikaans, sonder om afbreuk te doen aan die hoofse styl waarin Erasmus dit 500 jaar gelede geskryf het. Dwaasheid se satiriese kommentaar ontsien niemand nie, ook nie Erasmus self nie. Vir kerklikes, geleerdes, wyses, vromes, gode, koninklikes, mans en vroue, is die lewe draaglik slegs omdat Dwaasheid hulle met haar gawes begunstig. ’n Verfrissende leeservaring, veral in ag genome dat hierdie kommentaar steeds op sovele aspekte van ons moderne samelewing van toepassing is ...
ʼn Omvattende gids oor relevante onderwerpe in maklik verstaanbare taalgebruik. Hank Hanegraaff weet watter vrae gelowiges en ongelowiges oor die Bybel vra -‐ en in hierdie boek het hy die antwoorde uitgespel. Wat sê die Bybel? is ʼn uitgebreide gids wat meer as 170 van die top vrae beantwoord wat aan Hank Hanegraaff gestel is oor die afgelope 40 jaar van sy bediening. Opgedateerde onderwerpe sluit onder meer in: Die Skepping en ons bestaan, Basiese apologetiek, Geestelike gawes, Gelowe en kultusse, Die opstanding en lewe na die dood, En nog baie meer kwessies wat belangrik is vir ’n beter begrip van God en ons verhouding met Hom. Elke vraag word in Hanegraaff se vakgeleerde, dog maklik verstaanbare styl beantwoord, en hy stel selfs addisionele bronne voor indien jy die onderwerpe verder wil navors.
Voetligte en applous! is die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel. Dis ’n onderhoudende verhaal, vol vermaaklike staaltjies oor saamgeflanste verhoe en dowwe voetligte, geleende rekwisiete, huilende babas in gehore en die onvoorspelbare “optredes” van kinders en diere. Die verhaal begin reeds in 1925, toe toneelstukke soos Die heks, Huis-toe en Oorskotjie opgevoer is. Dit is die verhaal van mense wat die onsekere bestaan van rondreisende toneelspeler gekies het: mense soos Wena Naude, Hendrik en Mathilde Hanekom, Andre Huguenet en Lydia Lindeque. Dis by tye ’n verhaal van ontbering en swaarkry, maar dis ook die verhaal van oomblikke van glorie, van hulde en applous. Die teks is ’n uitvloeisel van Danie Botha se jare lange betrokkenheid by die Afrikaanse toneelwereld.
Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van
hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle
verhouding met Jesus Christus verdiep.
Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid? Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om ál meer en meer vir jou werk – en ander mense – te gee, dikwels ten koste van jou gesinslewe. Voel jy of jy min hoop het vir die toekoms? Staan sterk in ’n wankelende wêreld is ’n praktiese boek vol onmiddelllike inspirasie wat jou sal help om bo al jou omstandighede uit te styg en alles te word wat jy geskep is om te wees. Die insigte wat jy op hierdie blaaie vind, sal jou aanmoedig om jou lewe, jou besigheid en jou toekoms te verander. Die teks is gebore uit lewenservaring en is nie bloot teorie nie.
’n Hele jaar se dagstukkies van bekende skrywers nou saam in een Bybeldagboek, soos die uitgesaai is op RSG. Sukkel jy ook om te hoor wat die Here se wil vir jou lewe is? Die geraas van die wêreld maak dit moeilik om stil te word en te luister. Daar is so baie stemme wat aandring op jou aandag – jou huweliksmaat, jou kinders, kollegas, sosiale media... Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies. Die 44 skrywers in hierdie Bybeldagboek wil jou daarom elke dag, ’n hele jaar lank verseker dat innerlike vrede en geluk ook vir jou bedoel is. Soos wat hulle stemme oor die radio gehoor is, sal hulle jou leer om weer die belangrikste Stem uit die hemel te hoor. Sielsgedagtes bied jou... - Riglyne vir jou dag – alles van geld tot kinders grootmaak, werk tot ontspanning, goeie gewoontes tot standvastige vriendskappe - Insig oor aktuele kwessies waaroor gelowiges vrae het - Beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom - Wyshede en inspirasie uit die pen van Riekert Botha, Stephan Joubert, Piet Smit, Johan Smit, Elza Meyer, Louis Brittz, Retief Burger en ander gewilde predikers van RSG se oggendprogram - ’n Alternatiewe grootdruk uitgawe vir makliker lees. Jy kan die oordenkings lees voor jy met ’n nuwe dag begin. Of jy kan hulle gebruik wanneer jy terugkyk na ’n dag wat verby is. Jy sal telkemale ontdek dat God met jou praat. |
You may like...
New Content in Digital Repositories…
Natasha Simons, Joanna Richardson
Paperback
R1,465
Discovery Miles 14 650
Fundamentals and Emerging Applications…
Masoud Mozafari, Narendra Pal Singh Chauhan
Paperback
R4,552
Discovery Miles 45 520
Advances in Physical Organic Chemistry…
Ian Williams, Nick Williams
Hardcover
R5,460
Discovery Miles 54 600
Tax Policy and Uncertainty - Modelling…
Christopher Ball, John Creedy, …
Hardcover
R3,110
Discovery Miles 31 100
|