0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (57)
  • R100 - R250 (294)
  • R250 - R500 (485)
  • R500+ (777)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Aletté-Johanni gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriendin. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriendin te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste vrou te wees’, ‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Ontmoet Die Heilige Gees - 'n Interaktiewe Studie van die Persoon van die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback): John Bevere Ontmoet Die Heilige Gees - 'n Interaktiewe Studie van die Persoon van die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback)
John Bevere
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Die Heilige Gees word dikwels misverstaan, en baie mense het geen idee Wie Hy regtig is en hoe Hy Homself aan ons openbaar nie. Die Heilige Gees word dikwels as ’n “vreemde verskynsel” uitgebeeld. Die Bybel maak dit egter duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar iemand – ’n Persoon wat belowe het om jou nooit te verlaat nie. In Ontmoet die Heilige Gees nooi John Bevere jou om die Persoon en werk van die Heilige Gees te ontdek.

Hierdie interaktiewe boek is veeldoelig – deels boek, deels Bybel studie, deels groepstudie – en bevat vyf hoofstukke wat die volgende bespreek:

• Wie is die Heilige Gees?

• Die persoonlikheid van die Heilige Gees

• Ons verhouding met die Heilige Gees

• Hoe ons bekragtig word deur die Heilige Gees

• Die taal van die Heilige Gees

Elke hoofstuk is opgedeel in vyf voorgestelde leesstukke met ooreenstemmende Bybelstudies aan die einde van die hoofstuk en ’n afdeling met besprekingsvrae vir groepstudie. Dit bevat ook ’n bonus-hoofstuk met ’n diepgaande vraag en antwoord-gesprek waarin van die moeilikste vrae oor die Heilige Gees beantwoord word.

Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriend te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste getroude man te wees’, ‘Hoe om ’n goeie pa te wees, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days

Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is.

Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede.

Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.

Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback): Liza Smit, Raquel Lewis Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback)
Liza Smit, Raquel Lewis
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Springs, 1977. Robert en Jeanne Smit word wreed om die lewe gebring in wat die WVK later as 'n politiese gemotiveerde moord sou beskryf. Dekades daarna gons dit oor wie presies vir die grudaad verantwoordelik was. Daar is rookskerms en ontkenning, verduistering en misleidings, en bespiegelings en teorieë oor presies wie die aanvanklike opdrag gegee het.

En iewers in die politieke kookpot prut stories van 'n dapper dertienjarige dogter Liza Smit. Nadat haar ouers uit haar lewe geruk is, sou niks ooit weer dieselfde wees nie. Toe sy hoor dat die WVK die saak wil ontrafel, begin sy en die ondersoekende joernalis Alet van Rensburg die saak navors. Saam-saam durf die twee, met enorme deursettingsvermoë, vasberadenheid en 'n porsie domastrantheid die taak aan : om die waarheid te ontbloot oor die dood van Liza se ouers.

Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die oorspronklike veslag wat sy aan die ongure onderwêreld van die destydse Suid- Afrika vol korrupte politici, taakmagte en internasionale intriges. Dis ook die storie van 'n lewe wat afspeel teen hierdie agtergrond, en hoe een indrukwekkende vrou haarself uit haar persoonlike hel reg.

Tot Lof Van Dwaasheid - Encomium Moriae Deur Desiderius Erasmus Uit Latyn Vertaal Deur J.L. De Villiers (Afrikaans, Paperback):... Tot Lof Van Dwaasheid - Encomium Moriae Deur Desiderius Erasmus Uit Latyn Vertaal Deur J.L. De Villiers (Afrikaans, Paperback)
Desiderius Erasmus
R214 Discovery Miles 2 140 Ships in 2 - 4 working days

De Villiers se vertaling kommunikeer in eietydse Afrikaans, sonder om afbreuk te doen aan die hoofse styl waarin Erasmus dit 500 jaar gelede geskryf het. Dwaasheid se satiriese kommentaar ontsien niemand nie, ook nie Erasmus self nie. Vir kerklikes, geleerdes, wyses, vromes, gode, koninklikes, mans en vroue, is die lewe draaglik slegs omdat Dwaasheid hulle met haar gawes begunstig. ’n Verfrissende leeservaring, veral in ag genome dat hierdie kommentaar steeds op sovele aspekte van ons moderne samelewing van toepassing is ...

Johanna Brandt En Die Kritieke Jare in Die Transvaal 1899-1908 (Afrikaans, Paperback): Rita van der Merwe Johanna Brandt En Die Kritieke Jare in Die Transvaal 1899-1908 (Afrikaans, Paperback)
Rita van der Merwe
R135 Discovery Miles 1 350 Ships in 2 - 4 working days

Daar bestaan min twyfel dat die mense wat die Anglo-Boereoorlog en die naoorlogse tydperk beleef het, veelbewoe maar ook avontuurlike jare meegemaak het. Aan die heldetydvak kan Johanna Brandt se naam gekoppel word. Sy was 'n merkwaardige vrou, besonder intelligent en met sterk leierseienskappe en buitengewone energie. Sy het haarself gesien as lid van die "aristokrasie van die volk". Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy betrek in die spioenasienetwerk van die Transvaalse geheime diens en haar woning word 'n skuilplek vir boerespioene. Vir 'n tyd lank is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die oorlog neem sy as predikantsvrou 'n leidende rol in die opheffing van die verarmde Boerevrouens en help bou aan die geestelike vorming van 'n nasionale bewussyn en die emansipasie van die vrou. In later jare geniet sy groot bekendheid as die skryfster van Het concentratie-kamp van Irene (1905), The Petticoat Commando (1913) en Die Kappie Kommando (1913). Hierdie studie handel in hoofsaak oor Johanna se wedervaringe in haar twintigerjare, alhoewel sy byna 88 jaar oud geword het.

Gedenkboek van M.J. de Jager (1872-1939) - Boerekryger, staatsartilleris en militer (Afrikaans, Hardcover): M.J. De Jager Gedenkboek van M.J. de Jager (1872-1939) - Boerekryger, staatsartilleris en militer (Afrikaans, Hardcover)
M.J. De Jager; Translated by A P Smit
R90 Discovery Miles 900 Ships in 6 - 10 working days

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 vertrek MJ de Jager as luitenant van die Staatsartillerie van die ZAR na die Natalse front. Hy onderskei homself tydens die veldslae by Modderspruit, Colenso, Ladysmith en Platrand. Na die slag van Donkerhoek op 11 Junie 1900 neem hy vir anderhalfjaar deel aan die guerillafase van die Anglo-Boereoorlog. Op 26 Januarie 1902 word hy in die distrik Ermelo gevange geneem en na St. Helena verban. Hy sit sy militêre loopbaan in die Transvaalse Polisie en die Unie-verdedigingsmag voort. Na die Suidwes-veldtog word hy hoof van die Unie-besettingsmag in die destydse Suidwes-Afrika en vestig hom op ’n plaas naby Windhoek. Hy word uiteindelik tot generaal bevorder, maar sy roemryke loopbaan word deur sy skielike dood in 1939 kortgeknip. De Jager se oorspronklike “Gedenkboek” het ook ’n veelbewoë geskiedenis en word nou vir die eerste keer gepubliseer nadat dit naelskraaps aan die aanslae van vuur en rysmiere ontkom het en daarná vir 60 jaar jaloers deur sy familie bewaar is.

Jy Is Sonder Gelyke (Afrikaans, Paperback): Lisa Bevere Jy Is Sonder Gelyke (Afrikaans, Paperback)
Lisa Bevere
R259 Discovery Miles 2 590 Ships in 2 - 4 working days

Daar is ’n rede waarom ons ander mense as mededingers beskou en onsself inperk deur vergelyking en wedywer: Ons het ’n vyand wat gedurig ons gedagtes, wil en emosies bombardeer in die hoop dat ons onsself en ander sal aanval. Só onstaan ’n siklus wat ons daar van weerhou om intieme konneksies te maak, verwarring oor ons identiteit skep en ons laat misluk in die bereiking van ons doel.

In Jy is sonder gelyke, beskryf die topverkoperskrywer Lisa Bevere hoe ’n onthulling van God se liefde hierdie siklus en beperkings verbreek. Eerder as om ander as mededingers te beskou, leer sy ons hoe om daardie diep, intieme konneksie met ons Skepper te vorm waarna ons smag. Hierdie konneksie bevat die belofte van ware identiteit en intimiteit. Aan die hand van Bybelse lering deurweef met profetiese insig vir die tyd waarin ons lewe, gebruik Lisa humor en passie om jou uit te daag:

• Draai mededinging om sodat dit die beste in jou uitbring

• Hou op om weg te skram van gesprekke waaraan jy eintlik moet deelneem

• Antwoord die argument wat beweer dat vroue nie opgewasse is nie

• Breek geslagsmededinging af en werk saam met die mans in jou lewe

Dit is tyd om die stap te doen om ’n lewe sonder wedywer te leef.

Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback): Wannie Carstens, Edith Raidt Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback)
Wannie Carstens, Edith Raidt
R958 Discovery Miles 9 580 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.

Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle verhouding met Jesus Christus verdiep.

Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.

Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te skuif, skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy herstellende teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge gevolge kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig, lig Hy ons op.

Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die deure na vryheid, oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die Drie-enige God.

Koning se Wingerd (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): F.A. Venter Koning se Wingerd (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
F.A. Venter
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Moet Agab getrou bly aan die ou lsraelitiese waardes, of kan hy sy vrou volg die afvallige tydsgees in? Teenoor lsebel staan die profetiese figuur van Elia - wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baal in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Daar is ook die verhaal van Nabot,wat nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg.

Die rykste man in Babilon - Finansiele teksnotas deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback): George S. Clason Die rykste man in Babilon - Finansiele teksnotas deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback)
George S. Clason
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue. Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk. In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word. Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.

Alles Wat Ek Nodig Het (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan Alles Wat Ek Nodig Het (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Of jy nou krag nodig het vir ’n moeilike dag, of troos te midde van uiters uitdagende tye, Alles wat ek nodig het sal jou bemoedig met beloftes en hoop uit God se Woord. Die 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan sal jou bewus maak van God se teenwoordigheid in jou lewe en dat Hy alles voorsien wat jy nodig het.

Word bemoedig om God se liefde elke dag uit te leef terwyl jy inspirasie put uit die Skrifgedeeltes en die plat-op-die-aarde raad en bemoediging van Angus Buchan.

'n Tyd Om Te Praat - Vanaf Vernederende Stilswye Tot Innerlike Oorwinning (Afrikaans, Paperback): Rinscha 'n Tyd Om Te Praat - Vanaf Vernederende Stilswye Tot Innerlike Oorwinning (Afrikaans, Paperback)
Rinscha
R268 Discovery Miles 2 680 Ships in 2 - 4 working days

'n Tyd om te praat gaan beslis vir elke leser op 'n spesifieke wyse praat, wat jou gaan laat besef wie jy werklik is. Leer ken jou diepste wese met hierdie boek op verskillende vlakke. Ontdek so dieper insig om regte besluite te maak.

Rinscha deel haar lewensverhaal ter verryking van alle mense, sodat ieder en elk iets hieruit die toekoms mag saamneem. Dit is Rinsha se passie om mense in die eg te verbind, want baie siele word so gewen met haar boodskap wat sy vooraf van Hom ontvang het.

By meeste mense wanneer daar baie seer tye in hul lewens insypel, ontstaan 'n innerlike worsteling en kan dit 'n mens soms onnodig besig hou. Verkeerde keuses kan reggestel word en mens hoef nie weg te kruip en in skaamte te leef nie.

Sy hoop dat hierdie boek 'n aanwins en aansporing sal wees vir elke mens om te besef dit is nooit te laat om reg te maak en weer geluk te vind nie.

Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens, Magda Slabbert Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens, Magda Slabbert
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek.

Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

Voetligte En Applous! - Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): Danie Botha Voetligte En Applous! - Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
Danie Botha
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 2 - 4 working days

Voetligte en applous! is die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel. Dis ’n onderhoudende verhaal, vol vermaaklike staaltjies oor saamgeflanste verhoe en dowwe voetligte, geleende rekwisiete, huilende babas in gehore en die onvoorspelbare “optredes” van kinders en diere. Die verhaal begin reeds in 1925, toe toneelstukke soos Die heks, Huis-toe en Oorskotjie opgevoer is. Dit is die verhaal van mense wat die onsekere bestaan van rondreisende toneelspeler gekies het: mense soos Wena Naude, Hendrik en Mathilde Hanekom, Andre Huguenet en Lydia Lindeque. Dis by tye ’n verhaal van ontbering en swaarkry, maar dis ook die verhaal van oomblikke van glorie, van hulde en applous. Die teks is ’n uitvloeisel van Danie Botha se jare lange betrokkenheid by die Afrikaanse toneelwereld.

The Early Mission in South Africa/Die Vroee Sending in Suid-Afrika (Afrikaans, English, Hardcover, New): Karel Schoeman The Early Mission in South Africa/Die Vroee Sending in Suid-Afrika (Afrikaans, English, Hardcover, New)
Karel Schoeman
R354 Discovery Miles 3 540 Ships in 2 - 4 working days

In 1799 four missionaries - two English and two Dutch - arrived at the Cape, having been sent out by the London missionary society. This is their story.Although mission work by the Moravians had begun some time before, this meant the commencement of large-scale mission work in South Africa, and initiated what might be called the 'golden age' of missionary activity in South Africa. The Early Mission, 1799 1819 consists of 17 essays, some of them in Afrikaans, in which the noted writer and historian Karel Schoeman describes the life and work of a number of missionaries, mission assistants and artisans, 'native agents', catechists and lay helpers, including three women, who where involved in the establishment of the mission during the pioneer period. His subjects are mainly Dutch and indigenous mission workers in the service of the LMS and their work among the slave population of the Cape Colony and the inhabitants of the Orange River area beyond the northern frontier of the Colony."

Fak-75 (Afrikaans, Hardcover): O.J.O. Ferreira Fak-75 (Afrikaans, Hardcover)
O.J.O. Ferreira
R68 Discovery Miles 680 Ships in 2 - 4 working days
The Boers in Angola: 1928 - 1975 (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen The Boers in Angola: 1928 - 1975 (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R525 Discovery Miles 5 250 Ships in 2 - 4 working days

Nicol Stassen devotes, among others, an entire chapter to the gripping story of the Dorsland (Thirstland) Trekkers and their adventures. During these Angola Boers' stay in Angola there was little chance of farming and far too many problems: a problematic relationship with the Portuguese authorities, while inadequate economic and educational opportunities, and the resulting poverty, sometimes led to shocking decay. In 1928 about 2000 Angola Boers were repatriated to South-West Africa. The community of 386-471 Afrikaners who remained in Angola after 1928 were left to oblivion, and were later described as a "living fossil" and victims of their own conservatism. Some did attempt to make a living of mixed farming, transport riding and hunting – decades after this lifestyle had died out elsewhere. This small group of Afrikaners maintained their "Afrikanerskap" under very difficult circumstances. After civil war broke out in Angola in 1975 the last Afrikaners fled Angola, and so the bond between the Angola Boers and Angola came to an end after almost a century. Their interesting and colourful lives are described, and the possibility that wanderlust was the reason for their peregrinations is examined.

Vyf Tale van die Liefde - Die Geheim van Liefde vir 'n Leeftyd (Afrikaans, Paperback): Gary Chapman Vyf Tale van die Liefde - Die Geheim van Liefde vir 'n Leeftyd (Afrikaans, Paperback)
Gary Chapman 1
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is ’n baie ernstige saak.

Dr. Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op ’n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om hul eie taal asook dié van hul maat te identifiseer.

Vyf tale van die liefde fokus op die vyf tale en hoe om hulle kragtig toe te pas:

• Opbouende woorde
• Kwaliteit-tyd
• Geskenke
• Diensbaarheid
• Fisieke aanraking

Hierdie bygewerkte uitgawe kyk ook na die rol van tegnologie in ons verhoudings asook langafstand-verhoudings en bevat ’n bygewerkte vraelys en ’n nadink-vraag aan die einde van elke hoofstuk.

Suid-Afrikaanse geslagsregisters/South African Genealogies: Deel 1: A-C (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd ed): J.A. Heese,... Suid-Afrikaanse geslagsregisters/South African Genealogies: Deel 1: A-C (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd ed)
J.A. Heese, R.T.J. Lombard
R386 Discovery Miles 3 860 Ships in 6 - 10 working days

'n Omvattende naslaanwerk oor die genealogiese herkoms van Afrikaanse en heelparty Engelse families in Suid-Afrika.Met die verskyning van hierdie teks word 'n mylpaal in Suid-Afrikaanse genealografie bereik. Hierin word die geslagsregisters van die ou Afrikaanse families tot minstens 1830 aangevul, terwyl dit ook 'n aantal nuwe Afrikaanse sowel as Engelse stamvaders insluit.

Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas.

Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring.

Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hê.

Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.

God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel. In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God 'n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Bloedbroers - Na die slagveld van…
Deon Lamprecht Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R578 Discovery Miles 5 780
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R100 R93 Discovery Miles 930
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan Paperback R380 R339 Discovery Miles 3 390
Geseend Is Die Wat Treur
Susan Jordaan Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
'n Lewe Naby God - 366 Oordenkings
Nina Smit Hardcover R279 R257 Discovery Miles 2 570
Beeld 50 - Om 'n Groot Storie Hard Te…
Erika de Beer Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530

 

Partners