![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg - Bladsye kleurgerand
'n Goddelike uitwisseling: Vanaf 'n tronk van seksuele misbruik en perversie, gebrokenheid, bitterheid en depressie, na 'n nuwe lewe van vryheid, intieme onvoorwaardelike liefde, vreugde, ware identiteit en 'n doelbewuste bestemming. Die doel van hierdie boek is om uit te lig dat enige iets vir God moontlik is. Hy is die Ware Geneesheer van liggaam, siel en gees. Sal jy God as Geneesheer toegang gee to die geheime kamers van jou hart, sodat Hy die leuens en wonde kan verwyder met Sy skalpel (die Waarheid van Sy Woord) en jy jouself derhalwe uitlewer aan Sy onvoorwaardelike, volhoudende liefde?" Ontdek 'n liefde wat onbeskryflik is
Jan Smuts, een van die bekendste Suid-Afrikaners van die twintigste eeu, bly 'n omstrede figuur. Was hy een van die uitstaande staatsmanne van sy tyd of dalk 'n verraaier van Afrikanerbelange en moontlik 'n rassis? In hierdie boek word generaal J.C. Smuts herwaardeer. Smuts se rol as intellektueel (onder meer vader van holisme), militere strateeg (hy het 'n leidende rol tydens drie oorloe gespeel), politikus (vir 'n halwe eeu in die "era van die generaals" was hy prominent) en staatsman (hy was 'n dryfkrag agter die vorming van die Unie van Suid-Afrika, die Britse Statebond, die Volkebond en die Verenigde Nasies) word beoordeel. Altesaam 20 outeurs het help skryf. Soos Paul Kruger aan die einde van die 19de eeu en Nelson Mandela aan die einde van die 20ste eeu, het Jan Smuts in die eerste helfte van die 20ste eeu bo sy tydgenote uitgetroon as 'n leier van buitengewone formaat. Sy staatsmanskap is internasionaal gehuldig. Tog het die NP- en ANC-regerings sy bydraes vir dekades lank onderspeel, omdat dit nie hul Afrikaner- en swart nasionalistiese weergawes van die Suid-Afrikaanse geskiedenis onderskraag het nie. Dit was hoofsaaklik Engelssprekende skrywers, Suid-Afrikaners en buitelanders, wat Smuts se gedagtenis in stand gehou het. 'n Herwaardering van Smuts vanuit 'n Afrikaanse gesigspunt sal dus 'n leemte in die literatuur oor die geskiedenis van Suid-Afrika in die eerste helfte van die 20ste eeu vul. Vandag het ons 'n beter perspektief op sy bydraes binne die historiese konteks van sy tyd. Nuwe getuienis wat voortdurend aan die lig kom, maak dit ook moontlik om 'n meer ingeligte opinie te formuleer oor vrae rondom Smuts.
Kom loop saam! nooi die skrywer. Tel op jou kruis, en bring al jou bagasie. Jy sal agterkom dat die bagasie stuk-stuk minder word soos die reis vorder. En die kruis dalk al hoe swaarder. Maar jou bestemming heet Hoop. En hoop is die eerste lig van ’n splinternuwe dag. Hierdie reis na hoop is ’n hartsreis vol moontlikhede. Dit help jou om nuwe gewoontes aan te leer en uitgediendes af te sweer. Dit leer jou om in die spieel te kyk en te sien hoe jy vir jou medemens lyk, en vir God.
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
So is dit nou is ’n nuwe versameling aangrypende humoristiese stories oor die hede en verlede deur die deurwinterde joernalis en topverkoper-skrywer Johan van Wyk. Die versameling dokumenteer ’n tyd van Padkafees, Pepsi floats en koue skaapnek uit ’n saalsak. Maar dit gaan nie net oor Sondagmiddae met skaapboud, geelrys en rosyntjies nie. In die bundel word die verlede onthou en meesterlik verweef met die hedendaagse Suid-Afrika waar Jacob Zuma en Julius Malema die septer swaai.
Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. “Ek wens ek het meer tyd gehad om net rustig te word by God.” Daar is waarskynlik bitter min gelowiges wat dit nié al gedink het nie. In die 366 grootdruk-dagstukke in Vrede in sy teenwoordigheid plaas Angus Buchan sterk fokus op die feit dat tyd saam met God een van die belangrikste verantwoordelikhede is wat elke gelowige het. Dit bepaal die diepte van jou verhouding met God. Vrede in sy teenwoordigheid is vir elke gelowige wat hunker na meer tyd saam met God. Die feit bly staan: Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. Ook beskikbaar in Engels onder titel Peace in His Presence.
Hierdie reeks van vier historiese boeke deur P.J. van der Merwe oor die trekgeskiedenis van die Afrikaners herleef weer deur middel van digitale druk-tegnologie. Die oorpronklike boeke is geskandeer en is nou beskikbaar in druk- en PDF-formaat, as ’n stel of individueel. Die ander drie boeke in die reeks is Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842), TREK – Studies oor die Mobiliteit van die Pioniers-bevolking aan die Kaap (1770-1842) en Die Trekboer in die Geskiedenis van die Kaapkolonie (1657-1842).
Die rowwe en eerlike vertelling van 'n 'Bat in the bosoorloe van Namibie en Angola. 19 en Gewapen is 'n aksiebelaaide vertelling van Granger Korff se twee diensjare in 1980/81 saam met 1 Valskermbataljon tydens die hoogtepunt van die Suid Afrikaanse Bosoorlog in Suid Wes Afrika (Namibie) en Angola. Afgesien van die standaard teen-insurgensie aktiwiteite van die Fire Force krygsverrigtinge asook lokvalle en patrollies om SWAPO guerrillas te vind en te vernietig, was hy ook betrokke by verskeie noemenswaardige konvensionele oorgrensoperasies deur die Suid Afrikaanse Weermag (SAW) soos Protea, Daisy en Carnation, wat in Angola in beweeg het teen FAPLA (Angolese MPLA troepe) sowel as hulle Kubaanse en Sowjetbondgenote. Korff se vormingsjare op die Oos-Rand as 'n straatbakleiende jeug het 'n invloed op sy toekomstige militere loopbaan gehad wat ontsier was deur omstredenheid. Hy was konstant in die moeilikheid: Sy afwesigheid sonder verlof op die vooraand van die oorlog omdat hy na die front beweeg het; dat hy verskyn het voor 'n krygsraad na hy n sersantmajoor in trane gehad het na hy hom aangerand het voor sy troepe; vuis gevegte met die dwelmeenheid en sy in hegtenisname na die uitmergelende sewe-week, 700km Recce keuringsuithouresies, is maar net 'n paar van die kleurvolle staaltjies wat hierdie vertelling van diens in die Suid Afrikaanse Weermag deurspikkel. Sy skryfstyl is pittig, brutaal, selfveragtend en by tye humoristies - maar altyd eerlik.
Die gebede is geinspireer deur die Heilige Gees en bevestig deur die woord van God (Die Bybel). Die gebede is saamgestel uit 4 hoof kern vers gedeeltes uit die Bybel. Geskrifte soos. "U woord is lewe vir die wat dit vind en genesing vir my hele liggaam." Alle behoeftes van die Kind van God word gedek in die gebede. Genesing, voorsorg teen siektes en beserings, beskerming, bevryding van binding en vloek, voorsiening van behoeftes, vryheid van probleme, vertroosting en self krag opbouing.
Ons het sedert Oktober 2001 `n nuwe pêrel ontdek. `n Pêrel wat so kosbaar is dat ons bereid is om ons aardse- alles te verkoop: ons besittings, ons salaris prys te gee, as dit gevra sou word; ons gemeente op te gee en selfs ons kerkgenootskap te verlaat. Ons het bereid geword om die pêrel te koester met alles wat ons het. Kom, verlustig jou in die pêrel wat ons ontdek het en word so AANGERAAK dat jy ook NOG MEER wil ontdek.
Ons almal ervaar soms dat die seer en swaar kry van die lewe ons voete onder ons laat uitgly. Daar gebeur dinge met ons wat ons selfs laat twyfel aan God se liefde vir ons – onverklaarbare rampe wat ons nie met God se liefde vir ons kan laat rym nie. Veral wanneer hierdie seer en swaar kry lank aanhou, is dit baie moeilik om te bly glo en steeds op God te vertrou. God staan jou ook in jou swaarkrytye getrou by – Hy is altyd daar vir jou, gereed om jou regop te hou as jou voete wil gly.
Meer as ’n honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner. In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring? |
You may like...
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee
Paperback
Biltong En Dior - Avonture Van 'n…
Louis Jansen van Vuuren
Paperback
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
|