|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
In Splinters en Dorings uit die Rosestad se Verlede stel Hannes
Haasbroek die stad se kostelikhede en treurmares uit die verre
verlede te boek. Hierdie ware verhale uit Bloemfontein se verlede
word hoofsaaklik gebaseer op inligting uit oorspronklike dokumente
in die Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek en Bloemfonteinse
koerante, en aangevul deur bestaande sekondere bronne. Die
geskiedkundige foto’s is verkry uit die versamelings van die
Nasionale Museum, Oliewenhuis-kunsmuseum, Vrystaatse Provinsiale
Argiefbewaarplek en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum
en Navorsingsentrum in Bloemfontein.
Die ideale beginpunt waar tieners kan begin soek na antwoorde.
Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het.
Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in:
Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?
Wie is nou reg oor die skepping: Die Bybel of die wetenskap?
Wie het God gemaak? Hoe het Hy ontstaan?
Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het?
Is daar werklik engele? Wat doen hulle?
Wat gebeur met mense ná hul dood?
Hoe weet ek dis God wat met my praat?
|
|