|
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Die manuskrip is 'n versameling van uitgesoekte stukke uit die
rubriek "Geestelike Waardes" wat hy reeds vir byna twee dekades
elke Saterdag in die dagblad Die Burger behartig, na sy voorgangers
Ferdinand Deist en nog vroeer W D (Willie) Jonker. Die genre is die
van meditasies, dit wil se bepeinsing oor een spesifieke tema,
gedagte of vraagstuk. Die aard van die vrae is meesal
lewensbeskoulik en dit word meesal verwoord aan die hand van 'n
bekende figuur uit die geskiedenis, 'n klassieke werk of korpus van
werk, of 'n invloedryke hedendaagse werk, uit die filosofie,
letterkunde of wetenskap in 'n bree, inter-dissiplinere sin. Die
bedoeling is daarmee om nie bloot (kontekslose) aanhalings te
gebruik van bekende figure (soos wat dit in vele vorme op die web
of in boeke beskikbaar is nie), maar om die betrokke persoon of
bron self aan die woord te stel en lesers boonop die kans te gee om
self verder daarop in te gaan, indien dit hulle sou interesseer.
In Gereformeerdes onder die Suiderkruis gaan dit om flitspunte uit
die geskiedenis van vier Afrikaanse Gereformeerde kerke in
Suid-Afrika, asook oor die invloed van Gereformeerdwees op hierdie
kerke en deur die kerke op die samelewing. Daarom val die klem hier
op die mees invloedryke kerke wat hulself met Gereformeerde
waarhede vereenselwig het. As gevolg van die houding en benadering
van die betrokke politieke owerhede vanaf 1652 tot 2011 maak
Gereformeerde kerke onder Afrikaanssprekendes en Afrikaners hier
die hooffigure uit. In hierdie proses vorm die Nederduitse
Gereformeerde Kerk (NGK) die sleutelfiguur. Die skrywer is ook
persoonlik ’n getuie daarvan dat die regerende ANC in die jare
1994-2011 die NGK as ’n hoofvennoot vir gesprek uitgesonder het
waar dit oor die party se kontak met die Afrikaanse Gereformeerde
kerke in Suid-Afrika gaan. In Protestantse en Rooms-Katolieke
kringe is en word die NGK uitgesonder as ’n noodsaaklike
gespreksgenoot – dit was die skrywer se ervaring as moderator van
die NGK (2007-2011). Hoewel die tema van kerk en samelewing ’n
belangrike een in hierdie studie is, kry kernelemente in die
Gereformeerdwees van die betrokke kerke ook aandag. Dit sluit in
belydenis- en leerstellige benaderings, Gereformeerde karakter,
onderlinge verhoudinge en ekumene en, waar van toepassing, jonger
kerke of kerklike familie. As sentrale fokuspunt gaan dit om ’n
greep op die sentrale aspekte van hierdie kerke in hulle kerkwees
onder die Suiderkruis in Suidelike Afrika.
Wie het nog nie gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Die saal is
stil. "Miskien het jy my nie reg verstaan nie. Ek wil weet wie hier
teenwoordig het nog nooit gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie?"
Geen hande gaan op nie. Hier en daar is 'n skalkse glimlag sigbaar.
"Hiermee aanvaar ek dan dat ons almal dit al gehoor het." Qui tacet
consentire videtur. Die stilte was die antwoord. "Waarom is hierdie
dan steeds die grootste krisis in ons lewe?" Hierdie situasie speel
hom telkemale voor gehore af waar ek genooi word om te praat. Ons
is gelowiges met 'n ywer vir God, maar met stukkende, geskeurde
verhoudings. Het Jesus dan nie juis gekom om dit te kom herstel
nie? Wat is fout? Dis ons almal se krisis. Hierdie boek is nie
soseer 'n lesing in die dinamika van verhoudings nie, as wat dit 'n
belydenis en 'n getuienis is. Is dit nie vreemd dat die meeste van
ons eers besef hoe belangrik hierdie saak in ons lewe is as ons aan
die bloeikant daarvan staan nie? Kan 'n mens regtig goeie
verhoudings he? Selfs met taxibestuurders, politici, misdadigers en
teenstanders? En met jou vrou of man of kinders? In hierdie boek se
ek hard en duidelik: Ja! Maar dit kos meer as 'n
motiveringspraatjie om dit te bewaarheid. My leermeesters op
hierdie pad is by uitnemendheid my vrou en kinders en ouers. Hulle
word bygestaan deur my vriende, mede-gemeentelede, mede-inwoners op
die dorp en vyande. Ek leer by diegene wat my opbou en diegene wat
my seermaak. Maar die dekaan van hierdie lewensuniversiteit is
Jesus Christus self. Hy is die beste en die kundigste. Dis 'n fees
om by Hom en die res van die "fakulteit" te leer wat regtig
belangrik in die lewe is. Mag jy saam met my hierin feesvier en
leer, want miskien ontmoet ons mekaar more in die straat...
Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Of jy al
Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek
sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike
manier aan jou bekendmaak. Randy Frazee is die hoofredakteur van
hierdie merkwaardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou
geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30
hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel: 10
sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike geloof; 10
sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus; 10 sleuteldeugde wat
kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word. Elke
hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met
teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel
te leef. Die besprekingsvrae waarmee die boek afgerond word, is
ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem.
|
|