|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Ons kry dikwels onwetend ’n gereelde dosis geestelike gifstowwe in
wat ’n bedreiging is vir ons verhouding met God. Craig Groeschel
wil hê elke gelowige moet leer om NEE te sê vir die dinge wat hul
siel vergiftig. In Detoks vir die siel kyk Craig na die gifstowwe
waarmee mense daagliks te doen kry. Hierdie dinge is ’n bedreiging
vir hul gesondheid, geloof en getuienis teenoor ander. Die boek is
in drie afdelings verdeel en bespreek toksiese optrede, toksiese
emosies en toksiese invloede. Craig behandel relevante onderwerpe
soos: om eerlik te wees met jouself; griewe, woede en vrese; die
vals beloftes van materialisme en kulturele gifstowwe. Detoks vir
die siel bied ’n geestelike ingryping wat lesers sal lei tot ’n ryk
en oorvloedige lewe in Christus.
|
|