|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Uit Die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk.
Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word.
Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens.
"Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien." Duet is 'n
dagstukkieboek vir egpare om saam in hulle stiltetyd te lees. Johan
en Christine Ferreira neem die leser op 'n reis reg deur die jaar,
'n reis nader aan God, maar ook nader aan mekaar. Hulle help om
lewensmaats ook geloofmaats te maak. Johan is ’n
voorligtingsielkundige in privaatpraktyk en Christine is die
redakteur van Leef.
Dié boek poog om jou te bemagtig om weer op jou eie bene te staan nadat jy verlies ervaar het. Dit wil hulp bied om deur verlies God weer te leer ken sodat ’n nuwe storie van liefde in jou lewe geskryf kan word.
Die gebede is geinspireer deur die Heilige Gees en bevestig deur
die woord van God (Die Bybel). Die gebede is saamgestel uit 4 hoof
kern vers gedeeltes uit die Bybel. Geskrifte soos. "U woord is lewe
vir die wat dit vind en genesing vir my hele liggaam." Alle
behoeftes van die Kind van God word gedek in die gebede. Genesing,
voorsorg teen siektes en beserings, beskerming, bevryding van
binding en vloek, voorsiening van behoeftes, vryheid van probleme,
vertroosting en self krag opbouing.
Jaun Truter was 'n gangster in die ergste graad: Noem dit maar:
Dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese
mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op 'n baie tasbare en
hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Hier leer hy om van voor af
te begin... Hierdie is 'n aangrypende verhaal van God se
beskermende hand en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.
|
|