|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Laat verandering, inspirasie en sukses weer opnuut in jou ontwaak word. Sleutels tot uitnemendheid bevat 80 bladsye van motiverende aanhalings en gedagtes oor sukses en uitnemendheid, wat met behulp van ’n pragtige uitleg-ontwerp aangebied word. Hierdie geskenkboek is gerig op diegene wat ’n positiewe uitkyk op die lewe wil ontwikkel en behou, en sal mense in staat stel om elke dag te groei en verander.
Met plek vir ’n persoonlike boodskap in die voorkant van Sleutels tot uitnemendheid, is hierdie boek ideaal om te gebruik in die plek van ’n geleentheidskaartjie of as ’n geskenk om ’n vriend of kollega te bemoedig en te motiveer.
1990 was ’n waterskeidingsjaar in Suid-Afrika se geskiedenis. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse samelewing, en ook die NG Kerk, baie verander. Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het. Die wortel van die kerk word teruggevoer na Jesus toe, en die NG Kerk vandag kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.
In God is stééds God deel Benescke 60 hedendaagse lewensveranderende
geloofstories wat die leser se geloof stig. Temas van die stories
wissel van voorsiening, beskerming, bonatuurlike deurbrake tot genesing
en herstel.
Die boek bevat stories van bekendes en ook gewone mense.
John Eldredge se trefferboek Die ongetemde hart is nou beskikbaar in ’n gerieflike kleiner formaat. Die boek
hou ’n heeltemal nuwe benadering tot manwees voor en nooi mans op ’n reis om hul Godgegewe, ongetemde
aard te ontdek. Eldredge identifiseer drie kernbegeertes wat diep in elke man se hart geplant is: ’n stryd om te
stry; ’n avontuur om te beleef; en ’n skoonheid om te red. Hy bespreek die redes waarom moderne mans nie in
voeling is met hierdie begeertes nie, en verduidelik hoe hulle dit kan terugvind en dit kan uitleef tot voordeel
van hulleself en hul verhoudings. Die ongetemde hart slaan die persepsie die nek in dat Christenmans vaal
mannetjies is wat net in hul spoor trap en weinig anders doen. Dit is ’n uitnodiging om God se ongetemde aard
hul eie te maak en ware manlikheid te ontdek.
“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.”
Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.
Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.
’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.
In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.
|
|