![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
'n Nuwe en bygewerkte uitgawe van die publikasie wat in 1990 uitgegee is deur die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika (tans SANParke). Dit is die uitvoerige voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is.
Teen die einde van die Anglo-Boereoorlog was terme soos "misdaad teen die mensdom", "oorlogsmisdadigers", volkemoord" en "etniese suiwering" begrippe wat nog ver in die geskiedenis le. Bykans 'n kwart van die konsentrasiekampbevolking het gedurende agt maande in 1901 daar omgekom. Aan die iende van die oorlog sou 29 000 afrikaners, waarvan 22 000 kinders, en moontlik soveel as 18 000 swart mense hulle einde in konsentrasiekapker-howe vind. Die sterftes in die kampe, hele dorpe wat verwoes is, die platteland wat grootskaals ontvolk is, en die vrees dat die "hele Afrikaanse volk kan uitsterf", sou uiteindelik tot die Vrede van Vereeniging lei. Die konsentrasiekampe het in die hart van die Afrikaner 'n vuur van verbittering aangesteek wat dalk nooit geblus sal word nie. As al die smart, smaad en verbittering wat die Afrikaner in sy ganse geskiedenis gely het, lankal vergete sal wees, sal daardie vuur nog vlam, want dit het " 'n merk vir die eeue gebrand op ons volk"(Leipoldt).
Oor Gode En Afgode is ’n herdruk van ’n vyftal essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld. Die bundel het oorspronklik reeds in 1948 verskyn, maar die kwessies wat hierin bespreek word, is vandag steeds aktueel. Versfeld se groot bekommernis hier is dat die Westerse mens se opvatting van redelikheid en sy verhouding met die wêreld om ons, sedert die Verligting baie verskraal het. Met verwysings na die kerkvader Augustinus en groot Middeleeuse filosowe soos Thomas van Aquinas, toon Versfeld aan dat hierdie ouer denkers se sienings van die skepping en die Skepper tot ’n meer geïntegreerde beeld van die mens en sy plek in die werklikheid kan bydra, ’n siening wat ook in ons postmoderne era aanklank by denkende lesers behoort te vind. Die bundel bevat verder ’n kritiese bespreking van die Franse filosoof Jean-Jacques Rousseau en die oordrewe rol van die Staat in ons tyd (iets wat bekommerde Suid-Afrikaners met instemming kan lees), die verval in moraliteit en die oorheersing van die masjien in die lewe van die gewone mens. Dit is nie Versfeld se toeganklikste werk nie, maar die skrywer slaag steeds daarin om ingewikkelde filosofiese begrippe in eenvoudige taal oor te dra. Die bundel word ingelei deur prof. Ernst Wolff, ’n kenner van die werk van Versfeld.
Ddie vierde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. Hier word die vestigingsjare van die Nederlandse kolonie aan die Kaap beskryf. Die kommandeurs wat op Jan van Riebeeck gevolg het, staan in sy skadu en kry gewoonlik nie baie aandag in die geskiedenisboeke nie. In die eerste hoofstukke van hierdie boek val die kollig egter op Zacharias Wagenaer, Cornelius van Quaelberg, Isband Goske en Joan Bax en hulle span VOC-amptenare. In die laaste deel van die boek kom die uitbreiding van die blanke nedersetting na die binneland en die totstandkoming van ’n klas gegoede en gevestigde vryburgers, onder die aandag. Die eerste vryburgers het mense ingesluit soos Steven Jansz Botma, W.C. Mostaert en die Duitser Jacob Cloete, wie se nasate vandag bekende Afrikaanse families vorm. Schoeman beskryf hoe hierdie vryburgers naas hulle boerderybedrywighede ook ander klein ondernemings begin het, soos taphuise, steenmakery en kleremakery. Aan die hand van boedelinventarisse word nagegaan hoe party van die eens arm vryburgers geleidelik meer grond, vee, implemente en meubels kon bekom, ’n aanduiding van die toenemende welvaart van wat sou uitgroei tot ’n Kaapse elite.
Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.
Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne. Dit bevat artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith van Vita Amp; kaarte en 'n woordelys, Bybelstudiemateriaal vir ’n jaar; Bybelleesplan; ruimte vir julle familiestamboom en 'n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken. Hierdie Bybel sal 'n kosbare erfstuk vir die gesin en groter familie word.
Die verhaal van Pieter van der Smit, sy vrou Martha en hulle kinders is nie bedoel om vinnig te lees en gou te vergeet nie. Dit is 'n verhaal van merkwaardige mense in moeilike omstandighede; 'n verhaal oor die voortdurende stryd om oorlewing. In 1898 verlaat die "Rouw Ollandertjie" Pieter van der Smit Nederland om vir Boerekinders in Transvaal te gaan skoolhou. Toe die Anglo-Boereoorlog 'n jaar later uitbreek, sluit hy by die Boeremagte aan. Nadat Pretoria deur die Engelse ingeneem is, word hy na Nederland gedeporteer. Maar Afrika trek hom onweerstaanbaar aan. In 1901 vertrek hy na die kolonie Boere wat hulle na afloop van die Dorslandtrekke by Humpata in die suide van Angola gevestig het. Hy trou met Martha Maria Prinsloo, die dogter van die Dorslandtrekker Willem Prinsloo, en hulle maak elf kinders groot. Hulle swerfpad loop deur Palanca, Que, Caconda, Sacangimba, Bihe, Luimbale en Mombolo. Hy is agtereenvolgens onderwyser, transportryer, boer, algemene handelaar, kaasmaker en fotograaf. In 1921 vind hy rus in 'n eensame graf onder 'n grysappelboom by Mombolo op die vrugbare hoogland van Angola. Sy weduwee en kinders se swerfpad loop verder deur Palanca, Chilenga, die Sandveld langs die Kunene, Swartbooisdrif en Kamanjab - van die suide van Angola na die noorde van Suidwes-Afrika. Eindelik vind hulle rus in Outjo, Suidwes-Afrika. Sy dagboeke, briewe en foto's is 'n unieke bronne van inligting oor die lewenswyse van die Boere in Angola en hulle moeilike jare onder 'n vreemde bewind, omring deur vyandige inboorlingstamme en die ongenaakbare natuur. Die baasverteller W.A. de Klerk het reeds in 'n Swerwer op die sonpad van die uitsonderlike lewe van Pieter van der Smit beskryf. Hierdie lewensverhaal verdien om aan 'n wyer gehoor bekendgestel te word.
Die laaste vier jaar van dr. H.F. Verwoerd se bewind is gekenmerk deur belangrike gebeurtenisse in suidelike Afrika, soos die toekenning van selfregering aan die Transkei, die verslag van die Odendaalkommissie oor S.W.A., die uitspraak in die Rivonia-saak, die aanvang van die Oranjerivierskema, die uitspraak van die Internasionale Geregshof in Den Haag oor die S.W.A.-mandaat, die eensydige onafhanklikheidsverklaring van Rhodese en die wapenverbod teen S.A. deur die V.N. Hierdie boek bevat ’n seleksie uit dr. Verwoerd se toesprake wat nie voorheen gepubliseer is nie.
Enige land se geskiedenis lewer figure op waarvan die grootsheid nie deur tyd en vergetelheid gestroop kan word nie. In die Suid-Afrikaanse konteks is Marthinus Theunis Steyn so ’n figuur: ’n man wat hom selfloos aan sy volk gewy het en bereid was om alles vir sy mense se vryheid op te offer. Die leser word op boeiende wyse betrek by Marthinus Theunis Steyn se kleurvolle lewensverhaal: hoe hy nooit sy herkoms as Vrystaatse plaasseun verraai het nie en selfs as president in voeling met die eenvoudigste Boere gebly het; hoe hy sy uitmergelende siekte met volharding bly beveg het en hoe sy geloof in God en sy liefde vir sy gesin en sy erfgrond hom in tye van beproewing staande gehou het.
In Mei 1693 monster Lourens Vijselaar en Daniël Silleman in Nederland aan op die VOC-skip die Gouden Buys. Nog voordat die kus van Suidelike Afrika op die horison verskyn, het byna die hele bemanning van 190 reeds gesterf aan skeurbuik en ander siektes. Slegs Daniël Silleman sou uiteindelik weer sy vaderland sien. Hy vertel dan sy Ongeluckig, of droevigh verhaal aan sy Enkhuizense uitgewer, Van Straaten, wat dit in 1695 as boek publiseer. Ná driehonderd jaar kon daar in argiewe en museums nog heelwat tasbare bewyse opgespoor word om die oorspronklike verhaal mee aan te vul en die rampspoedige reis van die Gouden Buys vir die hedendaagse leser verder tot lewe te wek. Die teks van die eerste druk is vir hierdie uitgawe in Afrikaans vertaal en voorsien van aanvullings, woordverklarings, aantekeninge en illustrasies. In die daaropvolgende hoofstukke word beskryf wat ná die ramp met die skip en sy kosbare vrag gebeur het.
Die Angola-Boere was afstammelinge van die Dorslandtrekkers wat vir sewe jaar deur woeste en onbekende lande moes swerf voordat hulle die “beloofde land” bereik het. Hier vertel die ou Boerepioniers op hulle eie, ongekunstelde manier van hulle jagvernuf en krygsvernuf – en hoe hulle in Angola geleef en die land help tem het. Willie Meester (Opperman) vertel van die kaalvoetjagter Larssen (“die knapste olifantjagter wat seker ooit geleef het”), die jagkonings van die Shimborro, die kwaai olifant van Catengue, petaljes met seekoeie, leeujag en slawerny in Angola. Oom Willem Grobler (’n Voortrekker-afstammeling) vertel van oom Paul Venter en sy viool en die veldtogte teen Maranga, Ndoendoema en Huambo. Oom Peet van der Merwe (skrywer van Ons halfeeu in Angola) vertel van die Vlugekspedisie (1906) en die Wenekspedisie (1907).
'n Verversingstasie is in 1652 in Tafelbaai aangele om skepe te bedien op die roete tussen Europa en Oos-Indie. Die diens is deur 'n netwerk van bemande buiteposte aan die Kaapse kus en op die nabygelee eilande moontlik gemaak. Die Buiteposte is die resultaat van 30 jaar van navorsing in Suid-Afrika en in Europa, waar die VOC sy ontstaan gehad het. Dr. Sleigh is een van slegs 'n klein aantal geskiedkundiges wat die sewentiende-eeuse skrif van die VOC-dokumente met gemak lees. Hy is lid van verskeie plaaslike en internasionale geskiedenisverenigings en bewaringsorganisasies en word landswyd erken as adviseur rakende sake wat op die VOC betrekking het.
Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens. Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word. Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in.
Die kernboodskap is dat alle mense kinders van God is. Die hele titel draai om die begrip van liefde en die toepassing daarvan in ons lewe. Elke hoofstuk bevat 'n kort meditasie-oefening om Christene in te lei in hierdie persoonlike geesteservaring.
Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ’n familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.
Hierdie publikasie gee ’n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (1867–1944) se oeuvre – sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Geen moeite is ontsien om hierdie boek so volledig en betroubaar moontlik te maak nie. Argivale bronne in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria, die Argief van die Johannesburg Kunsmuseum en die Nasionale Argief van Suid-Afrika in Pretoria het grootliks bygedra tot die toevoeging van inligting oor hierdie kunstenaar wat nie voorheen bekend was nie. Dieplakboek van Gerda Oerder en ’n lang lesing met detailinligting oor Oerder se vroee lewe deur mev. Lorimer in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria het bygedra tot ’n nuwe vertolking van die lewe en werk van hierdie belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan die oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.
Die bundel bevat artikels oor geloof en kerk in veranderende kontekste. Bydraes is deur teoloë van die Universiteit van Suid-Afrika en die Protestantse Teologiese Universiteit in Nederland gelewer en is die resultaat van samewerking tussen die twee universiteite op die gebied van praktiese en sistematiese teologie. Die fokus is op die verantwoordelikheid van die kerk teenoor armes, die aard en wese van die kerk, die Christelik Godsbegrip en die wyse waarop oor God in die prediking gedink en gepraat word. Van die boeiende bydraes is ’n vergelyking tussen armoede in Suid-Afrika en Nederland, verhale oor die wyse waarop regstellende aksie en werkloosheid Suid-Afrikaners se geloofsbelewenis raak en besinning oor die proses van kerkvereniging in die NG Kerk-familie. Daar is ook hoofstukke oor prediking en liturgie as uitdrukking van nadenke oor God en maniere waarop tot God gepraat word. Die wye verskeidenheid invalshoeke en onderwerpe maak van hierdie boek ’n interessante leeservaring vir sowel gewone lidmate as predikante en akademici.
Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se foto’s vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. ’n Fees vir die oog, lekkerleesboek en ’n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.
De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies. Net soos meer as 'n eeu gelede dien hy as morele leier, 'n sterk figuur waarna mense kan opsien. Maar wie was hy regtig? In Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal leer ken die leser hierdie heldhaftige generaal - nie net as krygsman met briljante taktiek en interessante opvattings oor oorlogvoering en die staat nie, maar ook as mens en gesinsman. Sy verhouding met sy vrou, sy rol as vader, sy uiteindelike tragiese dood en ander persoonlike inligting kom in hierdie pragboek aan bod. Boonop bevat Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal 'n groot aantal skaars foto's wat die leeu van die Wes-Transvaal in die verskeidenheid rolle en kontekste uitbeeld.
In haar 'transformasie-trilogie' bestaande uit Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid, en die modernistiese skepping van 'ras' word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na 'n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika. Jacomien van Niekerk karteer in 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme, 'ras', identiteit, 'n Afrika-wereldbeeld' en die Suid-Afrikaanse nasie-en maak as sodanig 'n bydrae tot aktuele diskoerse. Lof vir 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog
Die bewindsoorname van 'n oorwegend swart regerende party in 1994 het 'n nuwe beleid ten opsigte van grondbesit in Suid-Afrika ingelui. Hierdie beleid is daarop ingestel om die wanbalans wat grondbesit betref reg te stel, dus om van die blanke grondeienaars, wat by verre die grootste deel van die landbougrond besit, grond weg te neem en dit aan die swart bevolkingsgroep, wat tussen 75% en 80% van die totale landsbevolking uitmaak, beskikbaar te stel. Die veronderstelling is dat die meeste blanke grondeienaars (of hulle voorsate) die grond wat hulle besit wederregtelik bekom het en dit daarom nou aan die 'regmatige' eienaars moet teruggee. Daar bestaan ook 'n persepsie dat alle grond aan swart mense oorgedra moet word – dat die klok teruggedraai moet word na die tyd toe Afrika swart was en wit mense slegs in Europa eiendom besit het. Die skrywers vra die vraag of grondhervorming in Suid-Afrika wel enigsins haalbaar of nodig is? Kan die ander bevolkingsgroepe van die land, die wittes en gekleurdes, daarop aanspraak maak dat die land ook aan hulle behoort. Kan hulle dus se: 'Dit is ons land ook'? |
You may like...
The USDA Complete Guide To Home Canning…
US Dept of Agriculture
Hardcover
R801
Discovery Miles 8 010
The Christ Is Dead, Long Live the Christ
Andrew Oberg
Hardcover
|