De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se
lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet
saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie
generasies. Net soos meer as 'n eeu gelede dien hy as morele leier,
'n sterk figuur waarna mense kan opsien. Maar wie was hy regtig? In
Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal leer ken die
leser hierdie heldhaftige generaal - nie net as krygsman met
briljante taktiek en interessante opvattings oor oorlogvoering en
die staat nie, maar ook as mens en gesinsman. Sy verhouding met sy
vrou, sy rol as vader, sy uiteindelike tragiese dood en ander
persoonlike inligting kom in hierdie pragboek aan bod. Boonop bevat
Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal 'n groot aantal
skaars foto's wat die leeu van die Wes-Transvaal in die
verskeidenheid rolle en kontekste uitbeeld.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!