0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (30)
  • R50 - R100 (35)
  • R100 - R250 (219)
  • R250 - R500 (917)
  • R500+ (1,620)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Nuwe Begin - Die Oranjerivierkolonie En Natal In Die Naoorlogsjare 1902 - 1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R420 R394 Discovery Miles 3 940 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling): Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die... Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans!

Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22).

God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback): Este Geldenhuys Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback)
Este Geldenhuys
R355 R333 Discovery Miles 3 330 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en die in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.  

Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Jopie Fourie - 'n Besinning (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 4 - 8 working days
Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Lizette Murray Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Lizette Murray
R325 R305 Discovery Miles 3 050 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie.

Dit vra ʼn leeftyd se dag-tot-dag-toewyding en soeke na die ware wysheid. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe om ware wysheid – die wysheid wat van Hom kom – te verkry.

In hierdie 366 dagstukkies neem bekende skrywer Lizette Murray ons hand en lei ons na Hom toe, die bron van Wysheid, en help ons om met wysheid te leef, in ons alledaagse bestaan.

Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, 'n hooplose plek. 

Sy pa is vroeg dood en sy ma maak hom en sy sibbe alleen groot. Hulle oudste broer terroriseer die gesin en een aand skiet Ivor en sy vriend sy broer en hy sterf later in die hospitaal. 

Ivor gaan tronk toe en met sy uitkoms begin sy lewe van voor af. Vandag is hy 'n jeugpastoor met 'n passie vir Here wat sy storie gebruik om ander te inspireer. 

'n Storie van die verlore seun wat huis toe kom. 

Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R299 R233 Discovery Miles 2 330 Save R66 (22%) In Stock

Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur 'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek.

Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback): Anelia Heese Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback)
Anelia Heese
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

“Aan die einde van 12 weke se basiese opleiding moes al hierdie mans weet hoe om te skiet en baie moes bereid wees om dood te skiet.”

Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe. Sy gesels met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lamprecht, genl.maj. Roland de Vries en talle ander oor hulle ondervindings in die weermag.

Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieel afgeskeer is. Hulle praat hier eerlik oor onder meer die eerste kontak, die eerste keer toe iemand ’n makker verloor het, hoe sommige “terrie-ore” versamel het, oor patrollies in die townships, en die interne stryd wat dikwels agterna gevolg het.

Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander — veral jonger — Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien . . .

NLV My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Pienk) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Pienk) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R699 R615 Discovery Miles 6 150 Save R84 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!

My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.

Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.

• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• 8.5-punt lettergrootte

Dink Jouself Gelukkig (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Pieter van Jaarsveld Dink Jouself Gelukkig (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Pieter van Jaarsveld
R350 R289 Discovery Miles 2 890 Save R61 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Dit is ʼn ingesteldheid: Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

Vind God in die Gewone (Afrikaans, Paperback): Tom Smith Vind God in die Gewone (Afrikaans, Paperback)
Tom Smith
R315 R295 Discovery Miles 2 950 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Beleef jy God elke dag? God woon in die gewone, en ons kan onsself leer om Hom daarin raak te sien. Ons kan die lewe opnuut beleef gevul met sy teenwoordigheid. Tom Smith wys ons hoe ons daagliks meer bewus kan wees van God in ons lewe: In ons gaan slaap, wakker word, soeke, reis, werk, speel, eet, seerkry, rus en in die dood. Hy help ons om te sien dat ons verhouding met God nie daaroor gaan om meer goed in ’n alreeeds bedrywige lewe in te prop nie; dit gaan daaroor om God in alles te ontdek.

Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloë Se Perspektiewe Op Bybelverse (Afrikaans, Paperback): Pieter Malan, Chris Jones Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloë Se Perspektiewe Op Bybelverse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Malan, Chris Jones
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie versamelbundel is daar ‘n groep uiteenlopende mense gevra om elk ‘n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van ‘n Bybelteks.

Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of ‘n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met ‘n teks verbind kan word.

Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wêreldse bestel. Kom ons luister met ‘n oop gemoed na mekaar. Dán staan ons ‘n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel.

Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdie projek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croukamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Karin Brynard, Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lätti en Luke Alfred.

Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover): Eunice Bauermeester Die Kaapse Slawe - 'n Kultuurhistoriese Perspektief 1652-1838 (Afrikaans, Hardcover)
Eunice Bauermeester 1
R770 Discovery Miles 7 700 In Stock

Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur.

In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.

Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou Beste Dag (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou Beste Dag (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Met die konstante eise en druk van die daaglikse lewe, kan dit moeilik wees om tot stilstand te kom en God te ervaar. Topverkoperskrywer Joyce Meyer se praktiese manier van onderrig in hierdie geestelike oordenkings vir 365 dae sal jou aanmoedig om tyd vir jouself te maak sodat jy Moed vir Elke Dag kan ontvang!

Ontvang elke dag nuwe genade en seëninge wanneer jy tyd saam met God spandeer: terwyl jy sy Woord lees, luister en bid om sy leiding. Wanneer jy dit doen, sal God jou versterk en jou in staat stel om die lewe met wysheid en vrede in jou gemoed te hanteer, in plaas daarvan om bloot die dag agter die rug te probeer kry.

God sal jou deur moeilike tye verkwik en bemagtig met geduld en hoopvolle verwagting op die goeie dinge wat Hy vir jou beplan.

Hierdie boek met dagstukke vir die hele jaar het ook 'n pragtige ontwerk en omslag, en is die ideale geskenk vir die vrou in jou lewe.

Verkoopspunte:

• Bekende en gerespekteerde topverkoperskrywer
• Lojale lesersaanhang
• 365 voorsien daaglikse moed en krag
• Ideale geskenk
• 140 x 190 mm, hardeband met pragtige afwerkings

'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler 'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Aletté Winckler, influencer, voorkomskonsultant, vrou en ma neem jou met hierdie 366 dagstukkies nader aan God.

Sy daag jou reguit uit om die Here te vertrou in elke aspek van jou lewe: van ma-wees, jou gesin se finansies, die toekoms en negatiewe gedagtes tot jou selfbeeld, loopbaan en nog soveel meer. Ontdek saam met Aletté God se palet vol vreugde vir elke dag.

Met insette van vriendinne soos Marciel Hopkins, Anel Alexander, Christi Panagio, Donnalee Roberts-Botha en Chireze Hoogendyk.

Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 1 - Konvensionele Oorlog 1899-1900 (Afrikaans, Paperback): Tinus le Roux Die Anglo-Boereoorlog In Kleur: Volume 1 - Konvensionele Oorlog 1899-1900 (Afrikaans, Paperback)
Tinus le Roux 2
R400 R357 Discovery Miles 3 570 Save R43 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

In die Anglo-Boereoorlog of Suid-Afrikaanse Oorlog het die twee Boererepublieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat teen die Britse Ryk te staan gekom. Hierdie verwoestende oorlog sou vir dekades lank nog ’n uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse politieke, ekonomiese en sosiale landskap.

Lesers sal talle ikoniese foto’s in Die AngloBoereoorlog in kleur raaksien, maar ook verskeie wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Honderde boeke het die afgelope 120 jaar oor die oorlog verskyn, maar dit is die eerste een in volkleur.

Soldaat (Afrikaans, Paperback): Reynardt Hugo Soldaat (Afrikaans, Paperback)
Reynardt Hugo
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag.

Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het.

In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.

Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Hennie Maartens Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Hennie Maartens
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul.

Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.

Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers.

Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R380 Discovery Miles 3 800 Ships in 4 - 8 working days

Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell.

As godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het?

Hoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie?

Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.

'n Konstante Revolusie - Naspers, Media24 en Oorgange (Afrikaans, Paperback): Lizette Rabe 'n Konstante Revolusie - Naspers, Media24 en Oorgange (Afrikaans, Paperback)
Lizette Rabe
R385 R361 Discovery Miles 3 610 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne een eeu gegroei het tot 'n globale mededinger met rekordaandelepryse - en dit boonop op die gebied van tegnologie.

Die versameling essays, geskryf deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawereld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent.

Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.

Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R499 R468 Discovery Miles 4 680 Save R31 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon.

Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.”

Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?

Nogtans-geloof (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Nogtans-geloof (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

"Hoe hou ek vas aan God terwyl my ervaringe nie hoop weerspieël nie? Ivor Swartz lei ons om aan die hand van die Habakuk 3:17 te vra hoe lyk 'n nogtans-geloof gebedslewe, hoe praat en leef ek voor ander met my nogtans-geloof en hoe bly ek geanker in God, eerder as die uitkoms? 

Ivor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas, deur te kies: kies om te lewe vir wat ewigheidswaarde dra, om ons perspektief te verander na nogtans-geloof in tyd van krisis en om te reageer op ’n nogtans-manier."

Die Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover, 2020-Vertaling): Die Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover, 2020-Vertaling)
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 5 - 10 working days

Afrikaans 2020 vertaling, hoofletteruitgawe, mediumgrootte volledige Bybel met swart hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.

• 8.5-punt lettergrootte
• Grootte: 150 x 220mm

Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 4 - 8 working days

Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer 'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Beginning and End of John Jefferson…
Phyllis Hogan Hardcover R966 Discovery Miles 9 660
The Dark Forest - Remembrance Of Earth's…
Cixin Liu Paperback  (1)
R346 R299 Discovery Miles 2 990
Tarot Reading Made Easy - The Newbies…
Shelly O'Bryan Hardcover R752 R660 Discovery Miles 6 600
Momstrology - The Astrotwins' Guide to…
Ophira Edut, Tali Edut Paperback R739 R669 Discovery Miles 6 690
The Day of the Triffids
John Wyndham Paperback R454 R421 Discovery Miles 4 210
Mermaid Fillet
Mia Arderne Paperback  (2)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Jonathan Strange & Mr Norrell
Susanna Clarke Paperback R398 R378 Discovery Miles 3 780
The Library Of Broken Worlds
Alaya Dawn Johnson Paperback R390 R348 Discovery Miles 3 480
Astrology: Aquarius
Ammonite Hardcover R240 Discovery Miles 2 400
Virgo - The Ultimate Guide to an Amazing…
Mari Silva Hardcover R761 R668 Discovery Miles 6 680

 

Partners