![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.
Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur. In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.
Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding. Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade. Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander. Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.
Gebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul. Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing. Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers.
Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon. Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.” Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?
Afrikaans 2020 vertaling, hoofletteruitgawe, mediumgrootte volledige
Bybel met swart hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en
kaarte.
Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees. Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies. Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.
Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell. As godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het? Hoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie? Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.
Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer 'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.
Op skool was ôs gelee met patrone om cursive te skryf. En gelee tel sône om ôs vinges te gebryk. En kyk nou vi ôs, ôs met ôs nommes en somme wat meer veloorit as wat ôs ooit kan tel, ôs met ôs mooi handskrifte en nieman om voo te skryfie. In haar verrykende memoir skryf Charmaine Africa op narratiewe wyse, en in Kaaps, oor haar grootwordjare in Bishop Lavis. Haar lewensverhaal, wat verras met humoristiese oomblikke, sentreer op die alledaagse bestaan van haar familie vanaf die 1960’s: haar ma, Amma, wat spartel om haar werk en gesin bymekaar te hou; haar alkoholis-pa; haar susters wat ook ’n verbete stryd in hul eie huwelike voer; haar broers wat uiteindelik voor die drankduiwel swig; en haar eie ontwikkeling as kind tot ’n jong vrou wat ’n onvermydelike siklus probeer veg. Amma gee ’n stem aan die oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte en ’n eerlike blik op die kringloop van kru armoede. Die vertelling is onopgesmuk, hartverskeurend en meesterlik.
Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900. Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.
As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren
nooit kon dink dat hy eendag die Franse kunswerke in ’n ensiklopie in
sy pa se studeerkamer in lewende lywe sou sien nie, wat nog te sê dat
hy ’n château in die Franse platteland sou besit.
‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’ Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.
In 'n Ewige kroon vertel die gewese Mej. Heelal en Mej.
Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan
ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en hoe
jy jou platform kan gebruik om ’n verskil te maak. Demi verweef haar
lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het, en wys hoe
jy kan leer om op jou groter roeping te fokus eerder as op jou
aspirasies, en ’n voetspoor van betekenis kan nalaat, eerder as een van
sukses.
Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte. In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar. Propvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat dié ervarings eerstehands beleef het.
Hierdie is 'n biografie in konteks en lees soos 'n roman. Die jaar is 1700, die plek Amsterdam. Die bruid is 21 jaar oud en inderhaas getroud met 'n wewenaar wat oud genoeg is om haar pa te wees. Wie is die Franse vrou wat kans sien vir 'n pionierslewe op 'n verre voorpos? Marie Buisset is 'n vlugteling, 'n weeskind uit Sedan, Frankryk, gebore tydens die felste Hugenootvervolging. Sy word die stammoeder van die families Du Plessis en Smith in Suid-Afrika. As vroedvrou - later op die loonlys van die VOC - word Marie (later genoem Maria) die hulp van die kwesbares: 'n verkragte meisietjie, 'n tiener wat geboorte gee en verskeie vroue wat deur hul eienaars, minnaars of eggenote verniel is. Die leser ontmoet talle bekende name in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dis 'n verhaal van politieke stryd, ontbering, politiek en liefde. Dis 'n storie oor mense en die uitdagings wat hulle aanpak. Uit skrapse oorblyfsels soos hofverslae, mediese rekeninge, veilings en testament onthul Joan Kruger 'n ryk en boeiende verhaal, vol humor en patos. Wieg: die verhaal van Maria du Plessis, née Buisset, (1679 - 1751) Hugenoot en vroedvrou is a vonds vir historici en lesers wat nuwe lig werp op 'n gedeelde verlede. 'n Kragtoer.
Wat maak iemand ’n held? Of wat maak hom ’n skurk? Wanneer ons hulle
stories lees, sien ons dikwels party mense is soms ’n held en soms ’n
skurk.
100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die
Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie
feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én
Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde
skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek,
terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en
die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
Voor Max du Preez as joernalis bekend – en omstrede – geword het, was hy ʼn doodgewone kaalvoet Boerseun van die Vrystaat, die kleinseun van Boereoorlog-krygers en lid van die Kinderkrans. As verslaggewer by Beeld leer ken hy die binnekamers van Afrikanermag en meng met groot kokkedore soos John Vorster en Vlok. Hy doen ook verslag uit Soweto. Op ’n dag begin klippe spat. Skielik hoor hy skote. Die datum is 16 Junie 1976 . . . Du Preez ondersoek in dié rou relaas die laaste 50 jaar. Hoe kon kerkmense, sy eie pa inkluis, apartheid steun, hoe het dit verander, en wat gaan vandag aan met Afrisol? Die boek is heerlik leesbaar, onthutsend, krities – ook teenoor homself – en vol staaltjies; van PW se mauser, Lang Hendrik se uitbarsting, en ontbyt met Kaunda tot die (swak) sing van Sarie Marais vir Sankara. Dan was daar ook die keer toe ’n informant Max met ’n RPG dwing om peermampoer af te sluk.
Kaiings wil sê: Waarheid en wysheid is twee karperde wat weet dat dit in die ritme van lewe nie altyd klopdisselboom gaan nie. Mens word ontnugter deur die feit dat waarheid dikwels verpak is in kaiings van twyfel, sinisme, valsheid en oppervlakkigheid. Selfs Pilatus het gesukkel terwyl die Sanhedrin hom woedend aangluur: Wat is waarheid? Die media beweeg dikwels tussen feit en sensasie. Waarheid word omhul deur skyn en die teendeel van feitelikheid, naamlik bedrog en leuens. Die media laat mens twyfel. So ook is wysheid meestal ‘n masker vir dwaasheid en eie gewin. Veral in publieke kommunikasie en politieke debatte. Ook die waarheid van die Christelike geloof word maklik verpak in kerspapier van kerklike formules en sinodeverslae oor hoe om geloof suiwer te hou en van dwaling te bevry. Ongelukkig kan geloofsbelydenisse ook met behulp van die kulkuns van interpretasie en kultuurparadigmas, met hermeneutiese ‘spekskiet’ verpak word. Die titel wil sê: Die waarheid van kaiings braai uit en kierankies vorm harde kastaiings wat niemand weet hoe om uit die vuur te krap nie. Selfs die harde neut van hoe om oor God op outentieke wyse na te dink proe, na baie eeue van ortodoksie, effe galsterig. Hierdie boek waag nie met definisies oor die wat van geloof en die sin van die lewe nie, maar karring voort oor die hoe van geloof: Om met blomkoolore te skrum (volharding), met derms te geniet (God se vrolike ruil) en empatie te luister (barmhartigheid). Om weer sinvol te lees en te leef, in bliksemgedagtes met dood te moet worstel en te voorkom dat ek as pastor bloot as ‘n hoëpriester met aparte pyn gebrandmerk word, moet ek soms van Weskus bokkom-spraak, asook van tinktinkietaal en mossiegetjirp gebruikmaak!
Afrikaanse 2020-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met swart
hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Joyce Meyer help vroue al jare lank om hulself te verbeter deur
emosionele hindernisse en fisiese en geestelike struikelblokke in hul
lewe te identifiseer.
God het elkeen van ons geskep om groot dinge te doen. Maar hoe kan ons
seker wees dat ons werklik God se roeping vir ons lewe gevind het? |
You may like...
Chi-Squared Data Analysis and Model…
Carey Witkov, Keith Zengel
Hardcover
R1,556
Discovery Miles 15 560
|