0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (56)
  • R100 - R250 (295)
  • R250 - R500 (483)
  • R500+ (777)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): Riekert Botha Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
Riekert Botha
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is Jesus regtig wie Hy gesê het Hy is? Die dilemma waarmee die gemeente in Kolosse geworstel het, eggo vandag nog in die kerk en wêreld.

In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.

• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.

Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 14 - 19 working days

Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.

Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed): Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed)
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days
God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.

Op sy unieke manier doen Stephan Joubert ’n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele:

• Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor God se wil en vensters op God se wil.
• Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk, waaronder: Verander God se wil my in ’n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.

God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

Moed vir Elke Môre (Afrikaans, Hardcover): Milanie Vosloo Moed vir Elke Môre (Afrikaans, Hardcover)
Milanie Vosloo
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir elke môre.

Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware vrouwees daagliks moedig uit te leef.

Moed vir elke môre met sy eenkleur-bladontwerp is bedoel vir elke vrou wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe weer reguit in die oë te kyk.

Gereed vir Vandag (Afrikaans, Hardcover): Stephan Joubert Gereed vir Vandag (Afrikaans, Hardcover)
Stephan Joubert
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Jou program is oorvol. Jy het skaars energie vir jou werk. Hoe kan jy nog elke dag vir Christus leef en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar?

Om in hierdie chaotiese tyd vas te hou aan jou geloof, verg die regte ingesteldheid en fokus. Die wêreld gaan jou beslis nie hiermee help nie – inteendeel.

In Gereed vir vandag wys Stephan Joubert jou in 365 dagstukke hoe ’n paar eenvoudige besluite jou denke kan teruglei na die eenvoudige Bybelse opdragte van vertroue, dankbaarheid, liefhê en respek. Deur hierdie en ander beginsels in jou dag-tot-dag-lewe toe te pas, word jou las ligter, die waarheid duideliker en ’n lewe van diens haalbaar.

Jy sal vryer kan asemhaal en elke dag aandurf met die krag en moed wat slegs van God af kom.

Sakpas-Gebede vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Sakpas-Gebede vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is daar kommer in jou hart, of onbeantwoorde vrae? Neem dit na God toe in gebed!

Angus Buchan is jou gebedsvennoot met die 365 kort, kragtige en Skrifgebaseerde gebede. Elke gebed word afgerond met ’n sleutelvers en aanhaling, asook ’n praktiese wenk om geloofsgroei in jou lewe aan te moedig. Wat jy ook al nodig het – of dit geduld, vrede, vreugde of genade is – Sakpas-gebede vir elke dag sal jou lei om jou hart oop te maak teenoor jou Skepper en só jou verhouding met Hom te verinnig.

Vind nuwe krag en inspirasie wanneer jy met jou Skepper praat en sy troos, liefde en genade ervaar.

Vroue van die Bybel Dagstukke (Afrikaans, Paperback): Ann Spangler, Jean E. Syswerda Vroue van die Bybel Dagstukke (Afrikaans, Paperback)
Ann Spangler, Jean E. Syswerda
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die eise van die lewe maak dit dikwels moeilik om die eggenoot, ma, dogter of vriendin te wees wat jy wil wees. Hoe bemoedigend om te weet jy is nie die enigste vrou wat so voel nie! Vroue van die Bybel fokus op 52 besondere vroue van die Bybel wat dieselfde uitdagings in hulle lewe en geloof ervaar het as wat die moderne vrou daagliks het.

Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 vroue, met:

• ’n Inspirerende blik op haar lewe (Maandag)
• Meer inligting oor haar leefwêreld (Dinsdag)
• ’n Kort Bybelstudie oor haar lewe en hoe jy dit in jou lewe kan toepas (Woensdag)
• Bybelse beloftes (Donderdag)
• ’n Gebed (Vrydag)

Vroue van die Bybel bevat ook:

• ’n Tematiese indeks
• ’n Lys en tydlyn van die vroue van die Bybel
• ’n Lys van die vroue in Jesus se stamboom
• ’n Lys van die vroue in Jesus se lewe en bediening

Vroue van die Bybel is perfek vir individuele of groepstudie. Dit bied nuwe perspektiewe wat jou verhouding met God sal versterk en vir jou ’n dieper waardering sal gee vir die vroue wat voor jou geleef het.

Wanneer 'n Geliefde Sterf - 40 Dae Op 'n Pad na Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Hardcover): Henk Gous Wanneer 'n Geliefde Sterf - 40 Dae Op 'n Pad na Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Hardcover)
Henk Gous
R139 R128 Discovery Miles 1 280 Save R11 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die dood van ’n geliefde bring intense hartseer mee. Dr. Henk Gous deel in Wanneer ’n geliefde sterf uit sy jare lange ervaring as berader asook sy persoonlike ervaring met die verlies van sy dogter. Hy is daarom ideaal toegerus om jou met wysheid en empatie op hierdie moeilike pad van rousmart te begelei. Elkeen van die 40 dagstukkies het plek om jou eie emosies, vrae aan God, ondraaglike pyn, selfs woede, en enige ander gedagtes neer te skryf. So sal hierdie boekie ’n joernaal wees van jou uniek persoonlike reis na aanvaarding, vertroosting, vrede en vreugde.

Ervaar God se troos en liefde sodat jy uiteindelik weer met vreugde kan leef totdat jy jou geliefdes eendag weer sien.

Trek 'n Kruisie Deur Angs - Breek Los Van Die Greep Van Kommer En Stres (Afrikaans, Paperback): Louie Giglio Trek 'n Kruisie Deur Angs - Breek Los Van Die Greep Van Kommer En Stres (Afrikaans, Paperback)
Louie Giglio
R30 R28 Discovery Miles 280 Save R2 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Angs neem baie vorme aan, dis dalk die vrees wat oor jou skouer loer, die paniek wat alewig aan jou sy blyk te wees of die wolk van bekommernis wat oor jou lewe hang. Vir baie mense is dit ’n reus wat hulle wysmaak dat hulle nooit, ooit weer ’n normale lewe gaan kan lei nie; ’n reus wat jou vasvang in ’n greep van duisternis en wanhoop.

Jy kán egter losbreek en sonder angs lewe.

Uit sy eerstehandse ervaring van die stryd teen angs, deel Pastoor Louie Giglio beide praktiese en geestelike wenke om vry te kom. Aan die hand van ’n boodskap van bemoediging en hoop verduidelik hy die paradoks dat angs dalk dood is, maar steeds dodelik is – met ander woorde, angs is steeds oorweldigend, maar daar is egter Iemand wat reeds die oorhand oor angs gekry het.

Hierdie nuttige hulpbron wys jou hoe om ‘n kruisie te trek deur jou angs met die sterkste wapen tot ons beskikking: Jesus se kruis. Elke dag se oordenking sal jou help om een voet voor die ander te sit en grond te wen in die stryd sowel as om bose vestings af te breek omdat Jesus reeds namens jou die oorwinning behaal het.

Die Krag van 'n Biddende Meisie (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Die Krag van 'n Biddende Meisie (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Deur die loop van haar invloedryke loopbaan as skrywer het Stormie Omartian miljoene vroue geïnspireer om kragtig te bid oor hulle huwelik, gesin en lewe. Nou wil Stormie die volgende geslag gebedstryders leer hoe om met God te praat.

In Die krag van ’n biddende meisie ontdek ampertiener-meisies tussen 8 en 12 méér as net hoe om met God te kommunikeer. Hulle sal ontdek hoe lief God hulle het, wat hulle ware geestelike identiteit is, wie Jesus is en hoe hulle Hom as hulle Verlosser kan aanvaar.
Elke hoofstuk het eenvoudige vrae om meisies in hulle geloof te help groei, met plek om hulle antwoorde neer te skryf.

Vat hande met Stormie en help ampertiener-meisies om die lewensveranderende krag van gebed te ontsluit.

God In Elke Storie (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg God In Elke Storie (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer ’n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense ’n anker nodig.

As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in ’n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur ’n kort gebed.

God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.

Afrikaanse (1933 / 1953) Verklarende Studiebybel - (Swart) (Afrikaans, Leather / fine binding): Afrikaanse (1933 / 1953) Verklarende Studiebybel - (Swart) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur karate

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
God Se Wonderbaarlike Genesingskrag (Afrikaans, Paperback): Isak Burger God Se Wonderbaarlike Genesingskrag (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Gebeur daar vandag nog wonderwerke? Groot wonderwerke, soos genesing van terminale siekte en kreupelheid?

Isak Burger vertel in God se wonderbaarlike genesingskrag 11 verstommende ware verhale van gewone mense vir wie daar opreg gebid is en wat bonatuurlik genees is. Saam met die ware verhale van mense wat persoonlik wonderbaarlike wonderwerke beleef het, praat Isak oor die aard van wonderwerke, wonderwerke in die Bybel en die mite dat God en die wetenskap altyd teenoor mekaar gestel moet word.

Dié ware verhale van bonatuurlike genesings sal elkeen wat dit lees, verseker dat jý as gelowige Hom ook kan vra om die onmoontlike te doen. Soms sê Hy ja ...

God se wonderbaarlike genesingskrag getuig van die genade, liefde en genesingskrag van God – Hy wat gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is.

NLV Toeligtingsbybel (Blougroen) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Toeligtingsbybel (Blougroen) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik verstaanbaar.

Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike, toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot ’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.

God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking en geestelike groei.

• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte

NLV Toeligtingsbybel (Salm) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Toeligtingsbybel (Salm) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik verstaanbaar.

Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike, toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot ’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.

God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking en geestelike groei.

• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte

Krag vir Elke Dag - 366 Inspirerende Oordenkings (Afrikaans, Hardcover): Milanie Vosloo Krag vir Elke Dag - 366 Inspirerende Oordenkings (Afrikaans, Hardcover)
Milanie Vosloo
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na ’n plek waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms?

Topverkoper-outeur Milanie Vosloo wéét dat die lewe soms elke druppel energie uit ’n vrou tap. Die 366 bemoedigende dagstukkies met ’n Skrifaanhaling, oordenking en kort gebed sal vroue opnuut verseker dat God die enigste Bron is wat hulle volkome kan versterk.

Krag vir elke dag moedig vroue aan om hul angs en onsekerheid te verruil vir God se ewige, onuitputbare krag.

Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 14 - 19 working days

Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef? Die is die eerste roman in die gewilde Israel-reeks.

Wees Oor Niks Besorg Nie (Afrikaans, Hardcover): Riekert Botha Wees Oor Niks Besorg Nie (Afrikaans, Hardcover)
Riekert Botha
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?

Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Wanneer jou hele lewe op Hom gefokus is, word jou visie helder, jou prioriteite duidelik en onmoontlike situasies hanteerbaar. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm.

Wees oor niks besorg nie is ’n treffer-dagboek met 366 dagstukke wat jou sal lei om elke dag daarop te fokus om Jesus, jou Verlosser, beter te leer ken sodat jy kan groei in ’n meer volwasse volgeling wat ook vir die wêreld sal wys hoekom Jesus ook die antwoord op húl soeke na vrede is.

Bybelvrae & Antwoorde Vir Kinders - Bybelse Antwoorde Op Moeiliek Vrae Wat Kinders Vra Oor God En Geloof (Afrikaans,... Bybelvrae & Antwoorde Vir Kinders - Bybelse Antwoorde Op Moeiliek Vrae Wat Kinders Vra Oor God En Geloof (Afrikaans, Paperback)
Dave Strehler
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom moet ek bid?

Dit is soms moeilik om te antwoord op eerlike soos dié. Bybelvrae en antwoorde vir kinders is ’n handige hulpmiddel vir saamlees of selflees. Dave Strehler, ’n gerespekteerde skrywer met jare lange ervaring in kinderbediening, gee toepaslike Bybelgebaseerde antwoorde op meer as 80 vrae wat kinders vra oor God, geloof en die Bybel.

Elke vraag bevat genoegsame Skrifverwysings, ʼn kort bespreking asook ʼn interessante veelkeuse-vraag wat kinders self kan antwoord. Twee woordraaisels is ingesluit wat kinders uitdaag om al die name van die boeke in die Ou en Nuwe Testament op te spoor. Daar is ook ’n afdeling met kort opsommings van elke boek van die Bybel, met sleutelverse uit die boek wat gememoriseer kan word.

Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk Gebedeboek (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Kragtige Gebede Om Jou Huwelik Te Verryk Gebedeboek (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is harde werk om ’n ondersteunende huweliksmaat te wees en jou huwelik sterk en bevredigend te hou. Dit kan soms voel asof jy en jou huweliksmaat besig is om uitmekaar te dryf omdat julle lewens so vol en besig is. Kragtige gebede om jou huwelik te verryk Gebedeboek is ideaal om kwaliteit-tyd in gebed saam met jou huweliksmaat deur te bring.

Deur 60 Skrifgebaseerde gebede help topverkoper-outeur Stormie Omartian jou om:

• God se hulp te vra in 14 kern-areas wat probleme in ’n huwelik kan veroorsaak, soos kommunikasie, vergifnis, kinders grootmaak en finansies.
• te ontdek hoe om jou huweliksmaat beter te leer ken, lief te hê en met hom of haar te kommunikeer.
• vrede te vind waar daar voorheen spanning was, beide in jou hart én in jou huwelik.

Elke gebed word afgerond deur ’n kernvers wat jou sal leer om jou huwelik aan jou Vader oor te gee, wetend dat Hy by met jou sal wees, wat ook al oor jou pad kom.

God Se Beloftes Van Hoop En Herstel (Afrikaans, Paperback): God Se Beloftes Van Hoop En Herstel (Afrikaans, Paperback)
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Psalms vir 'n Vreugdevolle Lewe (Afrikaans, Paperback): Psalms vir 'n Vreugdevolle Lewe (Afrikaans, Paperback)
R49 R46 Discovery Miles 460 Save R3 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Psalms vir ’n vreugdevolle lewe is ’n versameling inspirerende aanhalings uit die psalms wat volgens temas ingedeel is. Temas soos lof en aanbidding, rykdom en vertroue op God bring elke leser nader aan God. Psalms vir ’n vreugdevolle lewe bevestig opnuut hoeveel troos en bemoediging die Skrif bied vir elke gelowige wat tot God nader.

Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 14 - 19 working days

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback): Johan Greyling Wees Jy God Se Ligdraer (Afrikaans, Paperback)
Johan Greyling
R358 Discovery Miles 3 580 Ships in 6 - 10 working days

Hoe wonderlik dat God ons vertrou om Sy ligdraers te wees. Nog beter nuus, Hy maak ons gewillig en bekwaam om Sy ligdraers te wees.

As ons aan onsself die vraag sou vra: Hoe vervul ons die verwagting van God, om sy werk hier op aarde te doen? Alles gaan nie noodwendig oor ons woorde nie, maar die grootste kommunikasie is wat mense by ons sien, ons optrede elke dag.

In die boek probeer ek ’n paar punte uitlig waarop ons kan fokus om die verwagting wat God oor ons het, na te kom. Die groot beloning vir ons staan in Fillipense 2 v. 16 waar die Woord sê dat God trots gaan wees op ons omdat ons Sy ligdraers was.

Ons geloof is ’n offer in Sy diens.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Maximum Dissipation Non-Equilibrium…
Henry W. Haslach Jr. Hardcover R5,987 Discovery Miles 59 870
Integer Optimization and its Computation…
Zhengtian Wu Paperback R3,139 Discovery Miles 31 390
Active Flow Control II - Papers…
Rudibert King Hardcover R5,211 Discovery Miles 52 110
Autonomic Network Management Principles…
Nazim Agoulmine Paperback R1,840 Discovery Miles 18 400
Digital Communication Systems…
Alexander M. Wyglinski, Di Pu Hardcover R3,320 Discovery Miles 33 200
Applied Statistics Using R - A Guide for…
Mehmet Mehmetoglu, Matthias Mittner Paperback R1,429 Discovery Miles 14 290
Essential Java for Scientists and…
Brian Hahn, Katherine Malan Paperback R1,266 Discovery Miles 12 660
Solar Heating and Cooling Systems…
Ioan Sarbu, Calin Sebarchievici Paperback R2,287 R2,165 Discovery Miles 21 650
Haptics Technologies - Bringing Touch to…
Abdulmotaleb El Saddik, Mauricio Orozco, … Hardcover R2,666 Discovery Miles 26 660
Multilevel Modeling Using Mplus
Holmes Finch, Jocelyn Bolin Paperback R1,734 Discovery Miles 17 340

 

Partners