0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (57)
  • R100 - R250 (294)
  • R250 - R500 (485)
  • R500+ (777)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

NLV Kunsleer Standaard Bybel Met Duimgrepe (Pienk Glinster) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Kunsleer Standaard Bybel Met Duimgrepe (Pienk Glinster) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir jong vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover): NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover)
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint

Liefde en Respek - Die respek wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback): Emerson Eggerichs Liefde en Respek - Die respek wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback)
Emerson Eggerichs
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In Liefde en respek openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom is net so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar.

Hierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef. Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan red.

Deur die riglyne in Liefde en respek toe te pas, kan paartjies nuwe vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd net gedroom het.

Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Henry Cloud, John... Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Henry Cloud, John Townsend
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Voel alles in jou lewe buite beheer? Dalk voel dit of jy vir almal in jou lewe moet ja sê. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lê. Of is dit alles dalk waar van jou?

In Grense: Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe help dr. Henry Cloud en dr. John Townsend jou om te weet wanneer om ja te sê en hoe om nee te sê sodat jy weer in beheer is van jou lewe en gesonde grense kan stel vir jou eggenoot, kinders, vriende, ouers, kollegas – en selfs jouself! Dit sal lesers help om hierdie moeilike vrae te beantwoord:

• Kan ek grense stel en steeds ’n liefdevolle persoon wees?
• Wat is gesonde grense?
• Hoe kan ek my digitale wêreld bestuur sodat dit my nie beheer nie?
• Wat as my grense iemand ontstel of seermaak?
• Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hê?
• Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek daaraan dink om grense te stel?
• Hoe rym grense met wedersydse onderdanigheid in die huwelik?
• Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?

Jou lewe hoef nie buite beheer te raak nie. Ontdek hoe grense jou lewe vandag beter kan maak!

Ontsluit die Bybel - ?n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Ontsluit die Bybel - ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95 studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.

Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur ’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.

Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.

• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke boek

Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met ander.

12 Sleutels Tot Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback): Dirkie van der Spuy 12 Sleutels Tot Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback)
Dirkie van der Spuy; Bennie Mostert, Johan Smith, Stephan Joubert
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:

  • Geloofsekerheid
  • Groei
  • Gehoorsaam
  • Groepe

  • Gawes
  • Getuig
  • Genade
  • Gebed

  • Gaan
  • Gee
  • Genesing
  • Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n handboek gebruik word vir kleingroepe.

Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Vreugde In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Cards): Nina Smit Vreugde In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Cards)
Nina Smit
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?

Die mens se brein is ’n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:

• mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
• kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
• negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
• jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
• en vele meer

Navorsing toon ook dat die mens se brein op so ’n unieke manier saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het dit ook ’n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink oor jou geloof as ’n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar jou hele menswees insluit.

Jesus Roep Jou - Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Hardcover, Grootdruk): Sarah Young Jesus Roep Jou - Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Hardcover, Grootdruk)
Sarah Young
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie tweede Suider-Afrikaanse uitgawe van Jesus Roep Jou: Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid, 'n 366-dagstukkieboek in Grootdruk, word jy uitgenooi om daagliks tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Deur middel van oordenkings en Skrifgedeeltes bring New York Times-topverkoperskrywer Sarah Young Jesus se boodskap van vrede na jou vandag, en ook elke dag.

Deur daagliks tyd te spandeer in die teenwoordigheid van ons Verlosser met die bekende en geliefde dagstukke in Jesus Roep Jou sal jy:

  • Getroos voel deur woorde van hoop en bemoediging
  • Verseker word van Jesus se oneindige liefde vir jou
  • Onderskragende leiding gebaseer op die Skrif ontvang
  • Jou geloof deur die lees van Bybelverse versterk
  • Jesus daagliks ontmoet deur 'n oordenking gebaseer op God se Woord

Geskryf asof Jesus self direk met jou praat, nooi Jesus Roep Jou jou uit om vrede te ervaar in die teenwoordigheid van die Verlosser wat altyd by jou is.

Perspektief op die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Perspektief op die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n waarlik Geesvervulde lewe.

Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders van die Gees vestig.

Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.

Perspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of groepstudie en sal lesers lei tot ’n Geesvervulde lewe.

2026 18-Maande Dagbeplanner vir Vroue - Lewe Deur Geloof - Kunsleer met Rits (Afrikaans, Leather / fine binding): 2026 18-Maande Dagbeplanner vir Vroue - Lewe Deur Geloof - Kunsleer met Rits (Afrikaans, Leather / fine binding)
R299 R250 Discovery Miles 2 500 Save R49 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Die Dagbeplanner vir vroue 2026 is die ideale 18-maande-beplanner vir vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van Augustus 2025 tot Januarie 2027, is verdeel in oggend- en middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.

Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:

• Weekbeplanner van Augustus 2025 tot Januarie 2027 met ’n dubbelbladsy vir elke week
• Plek vir weeklikse gebedslysies, prioriteite en notas
• Plek vir persoonlike inligting en kontaknommers
• ’n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2026 en 2027
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• 244 tweekleur-bladsye

Beloftes van God vir Ma's (Afrikaans, Paperback): Beloftes van God vir Ma's (Afrikaans, Paperback)
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders is die grootste seën, maar om ’n ma te wees, het vele uitdagings en kan uitputtend en stresvol wees. Daarom moet jy elke dag vashou aan die waarheid dat God elke oomblik by jou is.

Beloftes van God vir ma’s is ’n versameling bemoedigende beloftes uit die Bybel spesiaal vir ma’s om jou te inspireer, wysheid te gee en te verseker van God se teenwoordigheid. Die 30 temas in hierdie tweekleur-geskenkboekie sal jou lei in tye wanneer jy wonder wat die beste vir jou gesin is, wanneer jy oorweldig voel of wanneer jy bekommerd voel.

• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir ma’s.
• 30 temas spesiaal vir ma’s.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Moms.

Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print,... Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Angus Buchan
R279 R235 Discovery Miles 2 350 Save R44 (16%) Ships in 4 - 8 working days

As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.

Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.

• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith

Manne van die Bybel Eenjaar Dagboek (Afrikaans, Paperback): Ann Spangler, Robert Wolgemuth Manne van die Bybel Eenjaar Dagboek (Afrikaans, Paperback)
Ann Spangler, Robert Wolgemuth
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:

• Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
• ’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou eie lewe (Dinsdag)
• Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe (Woensdag)
• Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is (Donderdag)
• Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal (Vrydag)

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help om ’n man na God se hart te word.

• Vir individuele of groepstudie
• Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
o ’n Vertelling van sy verhaal
o ’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
o ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
o Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
o Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year Devotional

Veilig In Sy Hand - Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Veilig In Sy Hand - Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak

Ons staan vandag voor geweldige probleme en uitdagings – ekonomies, polities, moreel, noem maar op. ’n Mens wil-wil moed verloor.

Tog is daar geen rede tot wanhoop nie. Want, sê Isak Burger, God self gee ons die versekering dat Hy by ons is. Ons is nie alleen nie. Deur sy Gees is Hy daagliks by ons en deur sy Woord lei Hy ons. Ons kan op God vertrou in elke situasie waarin ons ons bevind.

Stap in die 365 dagstukke van Veilig in sy hand deur die Bybel en ervaar opnuut hoe God by sy kinders is. Vind bemoediging vir die tye wanneer jy eensaam voel, ver van God af voel, voor groot besluite te staan kom, wonder oor God se ewigheidsplan of bloot net weer jou verhouding met God wil verdiep. Jy sal tot ’n nuwe ervaring van God se teenwoordigheid en leiding kom en die lewe met nuwe hoop en moed tegemoetgaan.

Begin die Dag Saam met God - 365 Dagstukke (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer Begin die Dag Saam met God - 365 Dagstukke (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jou dae vol en besig, en wens jy soms daar was iemand wat vir jou leiding kan gee in elke faset van jou lewe? God wil daardie Iemand vir jou wees! Elke nuwe dag is ’n nuwe kans om in God se teenwoordigheid te leef. Ons hoef nie meer oorweldig en rigtingloos deur ons dae te strompel nie.

In hierdie 365 dagstukke van topverkoper-outeur Joyce Meyer sal jy opnuut ontdek dat jy al jou vrese, swakhede, hoop en vreugde met God kan deel omdat jy sy kind is. En wanneer jy jou dag in gebed aan die Here toewy, sal jy die leiding van die Gees in elke area van jou lewe ervaar. Begin die dag saam met God sal jou nie net bemoedig en ondersteun nie, dit sal jou ook die krag gee om ander mense in jou lewe te bemoedig en by te staan.

Ervaar die vreugde daarvan om elke dag saam met God te begin en geniet sy leiding, genade, voorsiening, liefde en seën.

'n Bybeldagboek vir Seuns (Afrikaans, Paperback): Jean Fischer 'n Bybeldagboek vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
Jean Fischer
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir seuns se geloofsgroei.

Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir seuns is gebaseer op van die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong seuns sal elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde, wonderwerke, wysheid en vele meer.

Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van seuns en bied woorde van troos, vrede en hoop.

NLV Bybel (Donkerbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): NLV Bybel (Donkerbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
R699 R615 Discovery Miles 6 150 Save R84 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.

Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook ingesluit.

Hierdie Bybel beskikb oor die volgende kenmerke

• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• Kunsleer-omslag
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe

?n Hart Soos Jesus s?n - 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap (Afrikaans, Paperback): Stephan... ’n Hart Soos Jesus s’n - 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hang die wolke van vrees en hooploosheid swaar rondom jou kop? Voel jy moedeloos oor alles wat om jou uitmekaarval?

Hierdie 365 dagstukke van Stephan Joubert nooi jou om in Jesus se voetspore te volg en sy hartklop van naby te leer ken. Leer om nie vas te val in niksseggende idees oor godsdiens of jou blind te staar teen alles wat verkeerd is nie. Sien die mense en plekke raak waar God se lig die duisternis kan laat verdwyn. Volg Jesus met alles in jou waar jy jou op jou daaglikse roetes bevind en word ’n voltydse geloof-doener. Met ’n hart soos Jesus s’n sal jy hoop en lig in ’n stikdonker wêreld bring.

Elke dagstuk van ’n Hart soos Jesus s’n bevat ’n kort teksvers en inspirerende oordenking propvol geestelike aanmoediging.

• Bekroonde topverkoper-skrywer
• 365 vernuwende oordenkings met ’n teksvers vir elke dag
• Wenke vir praktiese uitlewing van geloof

Die A-Z van Openbaring - ?n Allesomvattende Perspektief op die Boek Openbaring (Afrikaans, Paperback): Jan Du Rand Die A-Z van Openbaring - ’n Allesomvattende Perspektief op die Boek Openbaring (Afrikaans, Paperback)
Jan Du Rand
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Leef ons in die eindtyd? Hierdie vraag het belangstelling in die boek Openbaring die afgelope dekades geweldig laat toeneem. Tegnologiese vooruitgang, oorloë en geweld, hongersnood, aardbewings en klimaatsverandering lei al hoe meer mense om antwoorde in Openbaring te soek.

In Die A-Z van Openbaring: ’n Allesomvattende perspektief op die boek Openbaring gee prof. Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van Openbaring. Hy fokus veral op die volgende aspekte:

• Wanneer Openbaring geskryf is
• Die doel van die boek Openbaring
• Openbaring as ’n brief aan sewe gemeentes, ’n profesie en ’n apokalips
• Die beelde in Openbaring en hulle betekenis
• Die rolspelers in Openbaring
• Betekenis van die verskillende tekens

Die A-Z van Openbaring sal lesers ’n beter begrip gee van die geestelike boodskap van Openbaring binne sy Nuwe-Testamentiese verband, asook ook op die boodskap vir vandag sodat hulle met gesonde verwagtings sal uitsien na die wederkoms van die Here Jesus.

• Omvattende uiteensetting van die boek Openbaring.
• Fokus op wanneer Openbaring geskryf is, die doel van die boek, asook ‘n bespreking van die beelde, rolspelers en tekens en hulle betekenis.
• Outeur bekend as ’n vakspesialis op die gebied van die geskrifte van Johannes.
• Bevat die volledige Bybelteks van Openbaring uit Die Multivertaling Bybel.

Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy teenwoordigheid op te soek.

Die eerste ses maande in Van vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees bevat insigte rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by die beliggaming van ’n nuwe skepping.

Die 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het. Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.

• 365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg
• Sielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of praktiese voorstelle
• Bevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde
• Eenkleur-drukwerk
• 392 bladsye

Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Riekert Botha neem lesers in Ek Is Tot Alles In Staat: Deur Hom Wat My Krag Gee: 10 Studies Oor Die Boek Filippense deur die vreugde-brief Filippense en daag elkeen uit om die ware betekenis van dié bekende boek te ontdek.

Dié bekende skrywer breek Filippense in 10 studies op om te sien wat die boodskap van die boek is. Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oorspronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar persoonlik sê. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s’n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen.

Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg vir maklike naslaan.

NLV Mnr & Mev Geskenkbybel (Wit) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Mnr & Mev Geskenkbybel (Wit) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Ideaal as geskenk vir egpare.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye, silwergerand
• Merklint
• Duimgrepe

Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.

Jy Is Myne Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman Jy Is Myne Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ons lees dikwels in die Bybel van mense wat gekies is om God te dien, maar wat beteken dit werklik om gekies te wees? Om deur Jesus gekies te wees, het wonderlike en verreikende implikasies – hoewel dit meer sê oor die Een wat kies as oor die een wat gekies is. Ons is geliefd, want Hy is liefde. Ons is gered, want Hy is genadig. Ons behoort aan God se familie, want Jesus nooi ons, waardeur al die beloftes in die Bybel vir ons net so waar is as wat dit in die Bybelse tyd was.

Jy is Myne is ’n interaktiewe Bybelstudie met 8 studies gebaseer op die eerste reeks van The Chosen, die gewilde aanlyn TV-reeks oor die lewe van Jesus. Dit loop hand aan hand met elke episode om jou op ’n unieke manier aan die Bybel bekend te stel. Dit bied:

• ’n indiepte kyk na Jesaja 43 en die vervulling daarvan in Jesus se lewe, asook dié van sy volgelinge.
• Skrifgedeeltes en aanhalings uit die TV-reeks.
• Vrae vir nadenke vir groepe of individue.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Numerical Computations with GPUs
Volodymyr Kindratenko Hardcover R3,684 Discovery Miles 36 840
Distributed Systems - Concurrency and…
Matthieu Perrin Hardcover R1,821 Discovery Miles 18 210
Designer's Guide to the Cypress PSoC
Robert Ashby Paperback R1,304 Discovery Miles 13 040
Axiomatic Design - Advances and…
Nam P Suh Hardcover R5,972 Discovery Miles 59 720
Instruction Level Parallelism
Alex Aiken, Utpal Banerjee, … Hardcover R2,735 Discovery Miles 27 350
Pervasive Computing - Innovations in…
Aboul Ella Hassanien, Jemal H. Abawajy, … Hardcover R4,270 Discovery Miles 42 700
Advances in Non-volatile Memory and…
Yoshio Nishi, Blanka Magyari-Kope Paperback R4,593 Discovery Miles 45 930
Performance Modeling and Engineering
Zhen Liu, Cathy H. Xia Hardcover R2,666 Discovery Miles 26 660
Data Science - A Comprehensive Beginners…
William Vance Hardcover R572 R526 Discovery Miles 5 260
Project Management for Modern…
Hardcover R2,405 Discovery Miles 24 050

 

Partners