|
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Ontdek die vreugde van stilword by God! Die NLV Joernaal-bybel bevat
die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en het breë kantlyne
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die ewige waarhede daarin.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5-punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings.
• Omslag van egte leer
• Goudgerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
- Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
- Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
- Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
- Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
- Indeks van woordkuns-teksverse
Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en
ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.
Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop se 180 kort, kragtige dagstukke
nooi vroue om stil te word by God en opnuut hoop te vind in Hom. Die
dagstukke fokus op hedendaagse kwessies soos gebedstye, tevredenheid,
tydsbestuur en verhoudings. Dit sal jou verhouding met God verinnig en
jou die moed gee om elke dag aan te pak in die wete dat Hy by jou is en
jou liefhet.
Dit is die ideale grootte om oral met jou saam te dra sodat jy enige
plek en enige tyd kan stilword by God.
• 180 kort, kragtige dagstukke vir vroue
• 184 eenkleur-bladsye
• Sakpas-grootte
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Meaningful
Moments with God
’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lę vir seuns se
geloofsgroei.
Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir seuns is gebaseer op van die
bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong seuns sal elke
dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geďnspireer word. Enkele temas
wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde,
wonderwerke, wysheid en vele meer.
Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwęreld van seuns en bied
woorde van troos, vrede en hoop.
’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
węreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint
’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lę vir meisies se
geloofsgroei.
Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir meisies is gebaseer op van
die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong meisies sal
elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geďnspireer word. Enkele
temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde,
wonderwerke, wysheid en vele meer.
Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwęreld van meisies en
bied woorde van troos, vrede en hoop.
Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament
is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan
Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper
te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte
te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95
studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.
Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die
Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou
Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word
vir die leser uitgelę deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure
en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur
’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.
Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self
dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou,
inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.
• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van
elke boek
Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper
te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan
deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met
ander.
Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.
Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.
Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.
Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom
word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede
beantwoord word?”
Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek
Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom
met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir
almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van
Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die
moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen
antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om
jou ervaring te interpreteer.
Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde
van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in
gebede om te sit.
• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te
staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer
en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe
Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur.
Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin
terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir mans.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
węreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
Ontdek die vreugde van stilword by God! Die NLV Joernaal-bybel bevat
die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en het breë kantlyne
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die ewige waarhede daarin.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5-punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings.
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"
Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.
Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende
kenmerke:
• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”
Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin
regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as
vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet
aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun
laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die
verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg
word hy die een wat koggel.
“Aan die einde van 12 weke se basiese opleiding moes al hierdie mans weet hoe om te skiet en baie moes bereid wees om dood te skiet.”
Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe. Sy gesels met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lamprecht, genl.maj. Roland de Vries en talle ander oor hulle ondervindings in die weermag.
Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieel afgeskeer is.
Hulle praat hier eerlik oor onder meer die eerste kontak, die eerste keer toe iemand ’n makker verloor het, hoe sommige “terrie-ore” versamel het, oor patrollies in die townships, en die interne stryd wat dikwels agterna gevolg het.
Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander — veral jonger — Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan.
Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien . . .
Wat gebeur nadat jy besef en aanvaar Jesus het jou inderdaad gekies?
Wanneer ons aan Hom behoort, kry ons nie net ’n nuwe identiteit nie;
ons word in ’n nuwe realiteit ingelei – een wat eg, kragtig en
lewensveranderend is.
Geseënd is julle is ’n interaktiewe Bybelstudie in 8 sessies vir
individue of kleingroepe gebaseer op die tweede reeks van die aanlyn
TV-reeks The Chosen. Hierdie studie stel beide die Ou en Nuwe Testament
op ’n vars en verstaanbare manier bekend. Elke studie is gebaseer op ’n
episode van die reeks en bevat:
• ’n dieper studie van God se karakter, krag en beloftes met Jesus se
Bergpreek as raamwerk.
• Skrifgedeeltes en aanhalings uit elke episode.
• Bybelteks as agtergrond vir die studie.
• Breedvoerige inligting oor karakters.
• Addisionele brokkies insiggewende Bybel-inligting.
• Leidende vrae vir nadenke en bespreking vir individue of groepe.
Die parlement het eienaardige tradisies asook unieke name vir ampsdraers – woorde soos speaker, swepe, ampstaf, ampswag, lesings, afpaar en verdelings. Dit kan verwarrend wees.
Die parlement het’n voorsitter wat min praat. Hoekom noem hulle die persoon steeds ’n “speaker”? Waarom stribbel ’n nuutverkose speaker teë en moet hy letterlik deur die swepe na die voorsitterstoel gesleep word? Parlementslede kan sekerlik lees. So hoekom word ’n wetsontwerp ’n eerste en tweede keer aan hulle voorgelees?
Ons hoor in die nuus van ’n hoofsweep. Kom die begrip “sweep” werklik van die Britse parlement soos kenners beweer? Dit klink meer soos iets uit die dae van die Groot Trek en ossewaens.
Waarom het die parlement twee kamers nodig om ’n besluit te neem, terwyl die meeste organisasies net een nodig het?
Hierdie boek beantwoord al hierdie vrae en nog meer op ’n boeiende – en dikwels vermaaklike – manier. Die hoofstukke is doelbewus lig en humoristies, gevul met ware staaltjies oor amusante situasies en unieke parlementęre persoonlikhede.
Die boek is gebaseer op ’n reeks praatjies wat die skrywer op RSG gelewer het.
“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So
begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.
Op sy unieke manier doen Stephan Joubert ’n diepgaande ondersoek na
hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die
boek is verdeel in twee dele:
• Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die
misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor
God se wil en vensters op God se wil.
• Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die
verskillende fasette van God se wil bekyk, waaronder: Verander God se
wil my in ’n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.
God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die
Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te
verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne
God se wil te leef.
Afr (1933 / 1953) Medium Denim Naslaan Rits (Kunsleer)
• Medium
• Volledige Naslaanbybel
• Kunsleer
• Denimomslag
• Ritssluiter
• Kruisverwysing en Kaarte
• 9.4-punt lettergrootte
• Grootte: 160 x 235mm
In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd
maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets
moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir
elke môre.
Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met
nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om
vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed
om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware
vrouwees daagliks moedig uit te leef.
Moed vir elke môre met sy eenkleur-bladontwerp is bedoel vir elke vrou
wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe
weer reguit in die oë te kyk.
Is daar kommer in jou hart, of onbeantwoorde vrae? Neem dit na God toe
in gebed!
Angus Buchan is jou gebedsvennoot met die 365 kort, kragtige en
Skrifgebaseerde gebede. Elke gebed word afgerond met ’n sleutelvers en
aanhaling, asook ’n praktiese wenk om geloofsgroei in jou lewe aan te
moedig. Wat jy ook al nodig het – of dit geduld, vrede, vreugde of
genade is – Sakpas-gebede vir elke dag sal jou lei om jou hart oop te
maak teenoor jou Skepper en só jou verhouding met Hom te verinnig.
Vind nuwe krag en inspirasie wanneer jy met jou Skepper praat en sy
troos, liefde en genade ervaar.
Jou program is oorvol. Jy het skaars energie vir jou werk. Hoe kan jy
nog elke dag vir Christus leef en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar?
Om in hierdie chaotiese tyd vas te hou aan jou geloof, verg die regte
ingesteldheid en fokus. Die węreld gaan jou beslis nie hiermee help nie
– inteendeel.
In Gereed vir vandag wys Stephan Joubert jou in 365 dagstukke hoe ’n
paar eenvoudige besluite jou denke kan teruglei na die eenvoudige
Bybelse opdragte van vertroue, dankbaarheid, liefhę en respek. Deur
hierdie en ander beginsels in jou dag-tot-dag-lewe toe te pas, word jou
las ligter, die waarheid duideliker en ’n lewe van diens haalbaar.
Jy sal vryer kan asemhaal en elke dag aandurf met die krag en moed wat
slegs van God af kom.
|
|