![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
In Dwarstrekkers, dwepers en dokters vertel Kay de Villiers van 'n hele aantal mense wat die verskrikkings en vermaaklikhede van die Boere-oorlog aan eie lyf ervaar het. So is daar die romantiese Russiese dokter wat eers met haar eggenoot rusie maak en dan vermom as man haar lewe waag om hom op die slagvelde van Suid-Afrika te gaan soek. Daar is die onstuitbare mediese student Tewie Wessels wat hom as 'n Engelse adellike voordoen om uit Engeland, waar hy medies studeer, na Suid-Afrika te kom. Daar is die dapper tienermeisie Susie Blignaut wat deur dinamietslagdoppies vermink word. Daar is die Franse kolonel en die flambojante graaf Sternberg, daar is die onkeerbare Mary Kingsley, daar is Robert Montague Poore die soldaat sesse slaan, en soveel ander. Prof. De Villiers slaag uitstekend daarin om die lewens van merkwaardige, minder bekende enkelinge binne die groter geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog te plaas.
'n Suksesvolle lewe gaan gewoonlik oor dinge bymekaarmaak: groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette los, die ryk jongman sy rykdom. Tot die kerk het haar grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het. Die boek motiveer ons om af te pak en vyf ou gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat ons kan help om ligter te reis. Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.
Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuďtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het. Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is. Gedurende die Eerste Węreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek. Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.
Die gevangene in die derde sel is 'n boek vir almal wat omstandighede ervaar wat hulle nie verstaan nie. Dit is die dramatiese verhaal van Johannes die Doper wat in die gevangenis worstel om 'n Here wat nie aan sy verwagtings voldoen het nie, te verstaan.
In hierdie boek word ook op interessante wyse uitgebrei oor die generaal se verbintenis met sy psigiese vriend, Siener van Rensburg. Die boek is saamgestel deur die bekende historikus Lappe Laubsher, wat aan die einde van hierdie sketse die laaste maande van die generaal se lewe uit beskikbare bronne konstrueer. Menings word so onpartydig as moontlik gestel en slegs in spesifieke gevalle word na onwaarskynlikhede of teenstrydighede verwys. Die publikasie word opgeluister deur 13 swart en wit foto's, onder andere van die baadjie wat De la Rey aangehad het en die Daimler waarin hy gereis het toe hy doodgeskiet is.
De la Rey, De la Rey - Generaal Koos de la Rey is weer op almal se lippe. Hierdie veelbesproke held van die Anglo-Boereoorlog geniet saam met Batman en die Ruiter in Swart ikoonstatus onder verskeie generasies. Net soos meer as 'n eeu gelede dien hy as morele leier, 'n sterk figuur waarna mense kan opsien. Maar wie was hy regtig? In Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal leer ken die leser hierdie heldhaftige generaal - nie net as krygsman met briljante taktiek en interessante opvattings oor oorlogvoering en die staat nie, maar ook as mens en gesinsman. Sy verhouding met sy vrou, sy rol as vader, sy uiteindelike tragiese dood en ander persoonlike inligting kom in hierdie pragboek aan bod. Boonop bevat Generaal Koos de la Rey: Die leeu van Wes-Transvaal 'n groot aantal skaars foto's wat die leeu van die Wes-Transvaal in die verskeidenheid rolle en kontekste uitbeeld.
In hierdie buitengewone gesprekke met God vind die skrywer antwoorde op vrae wat so oud is soos die mens: vrae oor die lewe en liefde, die verskil tussen goed en kwaad, erfsonde, die bestaan van die hel, die waarde van gebed, menslike verhoudings, die rol van seks, van geld, die werk wat jy doen, siekte en hoe om gesond te bly, ervaring van die dood, psigiese vermoëns, die Wederkoms. Die natuurlike, ongekunstelde taal waarin God se boodskappe hier weergegee word, bevredig die moderne mens se behoefte aan ‘n meer direkte verbintenis met die Groot Ongesiene. Die boek neem soveel skuldgevoelens weg en bring soveel hoop – veral hoop dat jy die goddelike in jou kan verwesenlik.
Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens. Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word. Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in.
Wanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, ’n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak. In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie. Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.
Ten spyte daarvan dat die Bybel eeue oud is, lees miljoene mense wereldwyd uit verskillende taal- en kultuurgroepe dit steeds met die verwagting om iets daarin te vind wat vir hulle persoonlike en spirituele lewe van waarde kan wees. Nietemin is die Bybel oorspronklik bedoel vir mense wat in ’n pre-industriele en prewetenskaplike wereld geleef het. Hulle huise, stede, plase, lewensomstandighede, kleding en gebruike het radikaal verskil van die wat ons vandag ken – wat die vraag laat ontstaan: hoe kan die reusegaping tussen hierdie antieke tekste en moderne lesers oorbrug word. Geskiedenis en geskrifte stel hedendaagse lesers aan die wereld van die ou Nabye-Ooste bekend – vanaf die ou Israeliete se oorlewingstryd, tot die godsdienstige literatuur wat geskryf is om hulle die lewe te help hanteer en sin te maak uit gebeure wat hul lewe beinvloed het – en lei die leser sodoende tot groter begrip en insig in die verskillende kontekste van die Bybel se wordingsgeskiedenis.
Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri (1265-1321) se driedelige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit. Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan en hy vertaal al die Latynse himnes op ’n indrukwekkende wyse. Die leser word uitgenooi om die reis na die Paradiso onder die klank van sange en lieflike beelde te onderneem. ‘n Youtube-opname deur Hennie Maas van beeld en klank vergesel die bundel. Die uitmuntende akteur Dawid Minnaar lees dele uit die vertaling voor. Die opname laat die leser van Il Paradiso die tersines visueel en klankryk ervaar.
'n Verversingstasie is in 1652 in Tafelbaai aangele om skepe te bedien op die roete tussen Europa en Oos-Indie. Die diens is deur 'n netwerk van bemande buiteposte aan die Kaapse kus en op die nabygelee eilande moontlik gemaak. Die Buiteposte is die resultaat van 30 jaar van navorsing in Suid-Afrika en in Europa, waar die VOC sy ontstaan gehad het. Dr. Sleigh is een van slegs 'n klein aantal geskiedkundiges wat die sewentiende-eeuse skrif van die VOC-dokumente met gemak lees. Hy is lid van verskeie plaaslike en internasionale geskiedenisverenigings en bewaringsorganisasies en word landswyd erken as adviseur rakende sake wat op die VOC betrekking het.
Die geykte antwoord, dat die Britte baie sterker as die Boere was, het die historikus nie tevrede gestel nie. Aan Britse kant is die strategiese en operasionele denke van die opperbevel al volledig beskryf. Die teorie van die krygswetenskap het intussen soveel ontwikkel dat die gebeure van 1899-1902 vandag in baie beter perspektief geplaas kan word. Aan Boerekant is die strategiese, taktiese en operasionele denke van die Boeregeneraals nog nooit volledig ondersoek nie. In hierdie werk van Scholtz word die strategiese en operasionele hoofmomente van die oorlog in die lig van die moderne krygswetenskap ontleed en 'n antwoord verstrek op die eenvoudige vraag waarom die Boere die oorlog verloor het.
Voortrekkerstamouers 1835–1845 is die eerste keer in 2000 gepubliseer. Dié tweede, hersiende uitgawe is aangevul met 214 nuwe stamouers. Dit bring die aantal mense wat die Groot Trek meegemaak het, op 23 000 te staan, in plaas van die oorspronklik geskatte 20 000. Wat hierdie databasis van Voortrekkers nog meer besonders maak, is die versameling uiters skaars foto’s en portrette wat aangebied word. In hierdie fotokabinet kan ongeveer 150 afbeeldings van Voortrekkers gesien word.
Hou vrees vir die verlede, hede en toekoms jou gevange met spyt, stres
en onsekerheid?
Elke mens het deel aan twee węrelde: die fisiese węreld waarvan jy jou
met jou sintuie kan vergewis, en die geesteswęreld waarvan ’n mens nie
langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die
bestaan van hierdie geesteswęreld ontken, beteken beslis nie dat dit
nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
In 1987–1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het. Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem. Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat ’n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het. Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.
Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is
’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar
pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou
hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur
hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat
stel om vreesloos in liefde te leef.
|
You may like...
Pearson REVISE AQA GCSE Physics Higher…
Mike O'Neill, Penny Johnson
Paperback
(1)R279 Discovery Miles 2 790
AQA GCSE (9-1) Physics Student Book
Nick England, Steve Witney
Paperback
R1,006
Discovery Miles 10 060
Accord relatif au transport…
United Nations. Economic Commission for Europe
Paperback
R5,001
Discovery Miles 50 010
|