![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Die Bybel in 366 dae vir manne van geloof is ’n waardevolle hulpmiddel
vir mans wat die Bybel beter wil leer ken, maar nie weet hoe en waar om
te begin nie. Nou kan hulle die kerngedeeltes van die Bybel in net een
jaar lees.
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Die gevangene in die derde sel is 'n boek vir almal wat omstandighede ervaar wat hulle nie verstaan nie. Dit is die dramatiese verhaal van Johannes die Doper wat in die gevangenis worstel om 'n Here wat nie aan sy verwagtings voldoen het nie, te verstaan.
“Not sex please,” sê die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?” Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik. Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.
Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van ’n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. In dié deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopolieë in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry. ’n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekoördineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars ’n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap.
Hierdie is die verhaal van die mense van Riemvasmaak in die Noord-Kaap wat in 1973 na Namibie verskuif is sodat die Suid-Afrikaanse weermag die gebied as oefenterrein kon gebruik. In 1994 is die Riemvasmakers, meesal Namas, na hulle geboortegrond teruggeneem. "Hoe kanne mens vi altyd ris sonne lat jou Riemvasmaakgoete styf neffens jou lyf innie sidecar is?" vra Petrus Loeriesfontein in hierdie titel.
In hierdie boek word ook op interessante wyse uitgebrei oor die generaal se verbintenis met sy psigiese vriend, Siener van Rensburg. Die boek is saamgestel deur die bekende historikus Lappe Laubsher, wat aan die einde van hierdie sketse die laaste maande van die generaal se lewe uit beskikbare bronne konstrueer. Menings word so onpartydig as moontlik gestel en slegs in spesifieke gevalle word na onwaarskynlikhede of teenstrydighede verwys. Die publikasie word opgeluister deur 13 swart en wit foto's, onder andere van die baadjie wat De la Rey aangehad het en die Daimler waarin hy gereis het toe hy doodgeskiet is.
In die middel van die winter word Miem Fischer saam met haar enigste seun en ander familielede weggevoer van hulle plaas naby Ermelo: eers na die konsentrasiekamp by Standerton en daarna na die kamp by Merebank naby Durban. In haar dagboekinskrywings ontvou dag na dag die aangrypende verhaal van hoe sy die haglike realiteit van lewe in ’n konsentrasiekamp moet verduur. Tant Miem Fischer se kampdagboek is een van maar ’n handjievol dagboeke wat die lyding van Boerevroue en -kinders van dag tot dag weergee en wat na die oorlog behoue gebly het.
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen
noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie
gewild by duisende lesers.
Patrisiers & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee blanke vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die sewentiende-eeuse Europese wêreld waarin Jan van Riebeeck en sy tydgenote grootgeword het. Hierdie wereld vorm die agtergrond van die verversingspos wat die VOC in 1652 by Kaap die Goeie Hoop sou stig. In die eerste twee hoofstukke en in hoofstuk 4 word die opkoms en hoogbloei van die Nederlandse Republiek bespreek. Die Frankryk van Lodewyk XIV kry in hoofstuk 3 aandag, met klem op die toenemende oorheersing van Europa deur die Franse kultuur. Besonder boeiend is die dele wat gewy word aan die opkoms van die hoe burgerstand in Nederland en die versamelaarsdrif wat deur die stand se welvaart en die kontak met Nederland se kolonies moontlik gemaak is. In die laaste twee hoofstukke wys Schoeman daarop dat Europa in die sewentiende eeu nog besonder naby aan die Middeleeue gestaan het en bespreek hy die soms skokkend primitiewe lewenswyse wat maar geleidelik nader aan die moderne beweeg het.
Alle Sondaars Welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is. Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus. Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.
Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens. Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word. Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in.
In die vierde deel van die reeks Imperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van blankes na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in. Dié deel lewer 'n belangrike bydrae tot 'n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal 'n wye leespubliek en nie net vakkundiges nie boei.
Hierdie publikasie gee ’n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (1867–1944) se oeuvre – sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Geen moeite is ontsien om hierdie boek so volledig en betroubaar moontlik te maak nie. Argivale bronne in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria, die Argief van die Johannesburg Kunsmuseum en die Nasionale Argief van Suid-Afrika in Pretoria het grootliks bygedra tot die toevoeging van inligting oor hierdie kunstenaar wat nie voorheen bekend was nie. Dieplakboek van Gerda Oerder en ’n lang lesing met detailinligting oor Oerder se vroee lewe deur mev. Lorimer in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria het bygedra tot ’n nuwe vertolking van die lewe en werk van hierdie belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan die oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.
In hierdie buitengewone gesprekke met God vind die skrywer antwoorde op vrae wat so oud is soos die mens: vrae oor die lewe en liefde, die verskil tussen goed en kwaad, erfsonde, die bestaan van die hel, die waarde van gebed, menslike verhoudings, die rol van seks, van geld, die werk wat jy doen, siekte en hoe om gesond te bly, ervaring van die dood, psigiese vermoëns, die Wederkoms. Die natuurlike, ongekunstelde taal waarin God se boodskappe hier weergegee word, bevredig die moderne mens se behoefte aan ‘n meer direkte verbintenis met die Groot Ongesiene. Die boek neem soveel skuldgevoelens weg en bring soveel hoop – veral hoop dat jy die goddelike in jou kan verwesenlik.
Is daar 'n absolute waarheid wat ons lewe beheer? Wereldwyd raak al meer mense in hulle denke volwasse. Hulle aanvaar nie sake onkrities vir 'n "tweedehandse" lewe nie. Die dans met God vra reguit vrae en sny diep deur tradisionele antwoorde om by die sin van die lewe uit te kom. Moderne mense fokus net op dinge wat hulle kan bewys - maar verloor die misterie. Is daar 'n ander pad? Hoe kan ons nuut dink oor God en die geloof, sonder om die innerlike belewing prys te gee? Hierdie oopkop en rustige (soms vrolike) boek neem die leser op 'n lewensreis waar elkeen self kan soek - en vind. Jy leef die oomblik, want dis heilig.
Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgelê, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied. “Roedolf Botha neem ons op ’n boeiende reis deur die Markusevangelie om die hartklop van egte leierskap ver en diep te ontgin” - Stephan Joubert
Versamelde Boesmanstories 2 volg op die gewilde Versamelde Boesmanstories 1 (2009). Hierdie keer word "Deel III: Die Boesman Self, Sy Sedes, Gewoontes En Bekwaamhede" en "Deel IV: Gemengde Vertellings, Mees Van ’n Avontuurlike Aard", in een deel gepubliseer. Versamelde Boesmanstories 2 gee ’n blik in die lewe en gewoontes van Boesmans, gesien deur die bril van G.R. von Wielligh. Ons vind uit dat ’n Boesman nie graag aan vreemdelinge uitwys waar watergate in die woestyn is nie en dat hy hom kan vermom soos ’n volstruis om wild te bekruip. Wanneer ’n Boesman in die veld seerkry en hy wil hê iemand moet hom sien, gooi hy stof in die lug.
Ten spyte daarvan dat die Bybel eeue oud is, lees miljoene mense wereldwyd uit verskillende taal- en kultuurgroepe dit steeds met die verwagting om iets daarin te vind wat vir hulle persoonlike en spirituele lewe van waarde kan wees. Nietemin is die Bybel oorspronklik bedoel vir mense wat in ’n pre-industriele en prewetenskaplike wereld geleef het. Hulle huise, stede, plase, lewensomstandighede, kleding en gebruike het radikaal verskil van die wat ons vandag ken – wat die vraag laat ontstaan: hoe kan die reusegaping tussen hierdie antieke tekste en moderne lesers oorbrug word. Geskiedenis en geskrifte stel hedendaagse lesers aan die wereld van die ou Nabye-Ooste bekend – vanaf die ou Israeliete se oorlewingstryd, tot die godsdienstige literatuur wat geskryf is om hulle die lewe te help hanteer en sin te maak uit gebeure wat hul lewe beinvloed het – en lei die leser sodoende tot groter begrip en insig in die verskillende kontekste van die Bybel se wordingsgeskiedenis.
Die grootskaalse verhuising van boere aan die Kaapkolonie se oosgrens, ’n gebeurtenis wat later as die Groot Trek bekend sou word, was teen 1835 reeds in volle swang. Uiteindelik het bykans 10 000 siele huis en haard met ossewaens en veetroppe verlaat met die ideaal: om in die ongetemde Suid-Afrikaanse binneland ’n eie staat en samelewing tot stand te bring. Wie was hierdie Trekkers waarvan die geskiedenis vertel? Hulle was tog mense van vlees en bloed, wat gelag en gehuil, geeet, geslaap en gedroom het. Hoe het hulle die talle struikelblokke op die trekpad oorkom? Was daar tyd vir pret en plesier of was elke dag ’n stryd om oorlewing? Op trek, die resultaat van omvattende kultuurhistoriese navorsing wat met die oog op die 150ste herdenking van die Groot Trek gedoen is, het die eerste keer in 1988 verskyn. Buiten teks, bevat dit foto’s en illustrasies wat ’n nabyblik gee op die daaglikse lewe tydens die Groot Trek – aan die hand van wat beeldende kunstenaars verewig het en persoonlike besittings van die Trekkers wat behoue gebly het, soos dagboeke godsdienstige en ander boeke, wapens, kledingstukke, gebruiksartikels en foto’s.
God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak. |
![]() ![]() You may like...
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen
Hardcover
![]()
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
![]()
Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat…
Ewald Van Rensburg
Paperback
|