Patrisiers & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks
oor vroee blanke vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel
Schoeman die sewentiende-eeuse Europese węreld waarin Jan van
Riebeeck en sy tydgenote grootgeword het. Hierdie wereld vorm die
agtergrond van die verversingspos wat die VOC in 1652 by Kaap die
Goeie Hoop sou stig. In die eerste twee hoofstukke en in hoofstuk 4
word die opkoms en hoogbloei van die Nederlandse Republiek
bespreek. Die Frankryk van Lodewyk XIV kry in hoofstuk 3 aandag,
met klem op die toenemende oorheersing van Europa deur die Franse
kultuur. Besonder boeiend is die dele wat gewy word aan die opkoms
van die hoe burgerstand in Nederland en die versamelaarsdrif wat
deur die stand se welvaart en die kontak met Nederland se kolonies
moontlik gemaak is. In die laaste twee hoofstukke wys Schoeman
daarop dat Europa in die sewentiende eeu nog besonder naby aan die
Middeleeue gestaan het en bespreek hy die soms skokkend primitiewe
lewenswyse wat maar geleidelik nader aan die moderne beweeg het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!