|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Psalms nooi jou om daagliks jou hart voor God uit te stort. God wil hê
dat jy daagliks openlik en eerlik die goeie én slegte met Hom moet
deel. Dit is wat Psalms so besonders maak. Dit toon hoe die psalmiste
met God gepraat het toe hulle gelukkig en tevrede was met hoop in hul
harte, maar ook toe hulle bang, moedeloos, kwaad en alleen was.
In Psalms vir elke dag, 'n 365-dagstukkieboek, nooi Joyce Meyer jou om
saam met haar deur die baie bekende boek van Psalms te reis.
Dit sal jou:
• Nader aan Jesus bring, en
• Jou die geleentheid bied om die wysheid wat in Psalms opgesluit is,
jou eie te maak.
• Sakpasgrootte: 190 mm x 140 mm
• 376 pp
• Pragtige hardeband-boek met lint as boekmerk
• Lesersvriendelike fontgrootte en uitleg (in pantone-kleur)
Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en
ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.
Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop se 180 kort, kragtige dagstukke
nooi vroue om stil te word by God en opnuut hoop te vind in Hom. Die
dagstukke fokus op hedendaagse kwessies soos gebedstye, tevredenheid,
tydsbestuur en verhoudings. Dit sal jou verhouding met God verinnig en
jou die moed gee om elke dag aan te pak in die wete dat Hy by jou is en
jou liefhet.
Dit is die ideale grootte om oral met jou saam te dra sodat jy enige
plek en enige tyd kan stilword by God.
• 180 kort, kragtige dagstukke vir vroue
• 184 eenkleur-bladsye
• Sakpas-grootte
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Meaningful
Moments with God
Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as
dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle
verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk
kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die
volwasse lewe kan hanteer.
Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde
bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal
uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur
na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes.
Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat
dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied
vir elkeen wat dit lees.
• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n
kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional
Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?
Die mens se brein is ’n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander
en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert
aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:
• mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
• kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
• negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
• jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
• en vele meer
Navorsing toon ook dat die mens se brein op so ’n unieke manier
saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die
brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het
dit ook ’n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink
oor jou geloof as ’n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar
jou hele menswees insluit.
Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag
geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier
bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons
geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die
fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:
- Geloofsekerheid
- Groei
- Gehoorsaam
- Groepe
- Gawes
- Getuig
- Genade
- Gebed
12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar
is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n
handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en
geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord
beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir mans.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak
Ons staan vandag voor geweldige probleme en uitdagings – ekonomies,
polities, moreel, noem maar op. ’n Mens wil-wil moed verloor.
Tog is daar geen rede tot wanhoop nie. Want, sê Isak Burger, God self
gee ons die versekering dat Hy by ons is. Ons is nie alleen nie. Deur
sy Gees is Hy daagliks by ons en deur sy Woord lei Hy ons. Ons kan op
God vertrou in elke situasie waarin ons ons bevind.
Stap in die 365 dagstukke van Veilig in sy hand deur die Bybel en
ervaar opnuut hoe God by sy kinders is. Vind bemoediging vir die tye
wanneer jy eensaam voel, ver van God af voel, voor groot besluite te
staan kom, wonder oor God se ewigheidsplan of bloot net weer jou
verhouding met God wil verdiep. Jy sal tot ’n nuwe ervaring van God se
teenwoordigheid en leiding kom en die lewe met nuwe hoop en moed
tegemoetgaan.
Keep your hunger for the Word alive with the Bread of Life Promises of
God Scripture Cards.
Place these Christian cards on your bedside table for morning and
evening reflection and quiet time with the Lord.
• Scripture promises for daily strength
• 106 x Double-sided Cards
• 6 colors (blue, green, lime, yellow, pink, and red) • Packaged in a
clear Perspex box with gold foil accents
• Box size: 75 x 55 x 29mm
’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint
Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die
Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n
waarlik Geesvervulde lewe.
Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die
werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug
wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak
regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp
wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders
van die Gees vestig.
Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die
kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.
Perspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of
groepstudie en sal lesers lei tot ’n Geesvervulde lewe.
Die Dagbeplanner vir vroue 2026 is die ideale 18-maande-beplanner vir
vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en
belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van
Augustus 2025 tot Januarie 2027, is verdeel in oggend- en
middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die
dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere
of klein items daarin kan toerits.
Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:
• Weekbeplanner van Augustus 2025 tot Januarie 2027 met ’n dubbelbladsy
vir elke week
• Plek vir weeklikse gebedslysies, prioriteite en notas
• Plek vir persoonlike inligting en kontaknommers
• ’n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en
belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2026 en 2027
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• 244 tweekleur-bladsye
Hoe naby is ons aan die eindtyd? As die oorloë en gerugte van oorloë,
hongersnode, aardbewings en vals christusse oral om ons jou daaroor
laat wonder, is hierdie kerngids vir jou!
Profesieë oor die eindtyd – ’n Kerngids hanteer 70 vrae oor die eindtyd
wat gereeld gevra word in ’n lesersvriendelike
vraag-en-antwoord-formaat. Amir Tsarfati en Barry Stagner gee
Skrifgebaseerde antwoorde op vrae wat die 7 grootste temas van
profesieë oor die eindtyd aanroer, wat insluit:
• Israel
• die kerk
• die wegraping
• die verdrukking
• die millennium
• die groot wit troon van oordeel
• die hemel
God se Woord bevat al die inligting wat gelowiges oor die eindtyd nodig
het. Profesieë oor die eindtyd – ’n Kerngids is ’n
gebruikersvriendelike hulpbron vir elkeen wat profesieë oor die eindtyd
beter wil verstaan.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike,
toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe
Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese
begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur
verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot
’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.
God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal
die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking
en geestelike groei.
• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van
betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n
vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek
oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde
onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte
My allerbeste vir Sy hoogste: 366 Klassieke Oordenkings is Oswald
Chambers se klassieke werk. Hierdie uitsonderlike Christelike boek met
sy geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe is nou ook in
grootdruk-formaat beskikbaar.
Hierdie uitgawe van My allerbeste vir Sy hoogste is maklik leesbaar en
verstaanbaar. Tog het nie een enkele waarheid verander sedert die
oorspronklike uitgawe nie. Hierdie eietydse weergawe van dié boek, wat
wêreldwyd deur baie as een van die gewildste Christelike boeke ooit
beskou word, is ’n vreugde om te lees en oor na te dink. Niemand kan
gereeld uit hierdie boek lees sonder om ’n beter dienaar van Christus
te word nie.
• Internasionale topverkoper
• Klassieke werk
• 366 dagstukke in maklik leesbare grootdruk-formaat
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Utmost For His Highest
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Ideaal as
geskenk vir egpare.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye, silwergerand
• Merklint
• Duimgrepe
Kinders is die grootste seën, maar om ’n ma te wees, het vele
uitdagings en kan uitputtend en stresvol wees. Daarom moet jy elke dag
vashou aan die waarheid dat God elke oomblik by jou is.
Beloftes van God vir ma’s is ’n versameling bemoedigende beloftes uit
die Bybel spesiaal vir ma’s om jou te inspireer, wysheid te gee en te
verseker van God se teenwoordigheid. Die 30 temas in hierdie
tweekleur-geskenkboekie sal jou lei in tye wanneer jy wonder wat die
beste vir jou gesin is, wanneer jy oorweldig voel of wanneer jy
bekommerd voel.
• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir ma’s.
• 30 temas spesiaal vir ma’s.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Moms.
As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by
ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe
moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke
sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat
gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy
toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.
Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit
vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.
• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith
As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit
soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is
nie alleen nie. God is reg langs jou.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God
se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag
bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor
temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid.
Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder.
Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die
Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te
verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die
Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat
help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf
dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik
moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings,
karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op
dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy
praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie,
maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk
in sy lewe van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel
deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes.
Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy
daaglikse lewe daarvolgens te rig.
•9.5-pt lettergrootte
Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom
word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede
beantwoord word?”
Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek
Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom
met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir
almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van
Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die
moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen
antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om
jou ervaring te interpreteer.
Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde
van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in
gebede om te sit.
• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te
staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer
en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute
Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks
groei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke
waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit
die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei,
wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar
is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of
jou bedkassie.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse
Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.
Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude
Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook
ingesluit.
Hierdie Bybel beskikb oor die volgende kenmerke
• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• Kunsleer-omslag
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
|
|