|
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe
Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur.
Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin
terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir mans.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die
Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te
verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die
Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat
help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf
dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik
moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings,
karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op
dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy
praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie,
maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk
in sy lewe van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel
deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes.
Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy
daaglikse lewe daarvolgens te rig.
•9.5-pt lettergrootte
Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as
dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle
verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk
kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die
volwasse lewe kan hanteer.
Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde
bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal
uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur
na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes.
Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat
dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied
vir elkeen wat dit lees.
• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n
kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional
Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?
Die mens se brein is ’n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander
en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert
aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:
• mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
• kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
• negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
• jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
• en vele meer
Navorsing toon ook dat die mens se brein op so ’n unieke manier
saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die
brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het
dit ook ’n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink
oor jou geloof as ’n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar
jou hele menswees insluit.
Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse
Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.
Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude
Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook
ingesluit.
Hierdie Bybel beskik oor die volgende kenmerke:
• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Hardeband
• Merklint
In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir dankbaarheid & vreugde
neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om al die seëninge uit te
ken wat God elke dag oor jou lewenspad strooi.
Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:
• agterkom dat geen vreugde volledig is as jy nie daavoor dankbaar is
nie
• 'n fondament van dankbaarheid in jou hart vestig
• op die uitkyk wees vir al die skatte wat God daagliks op jou pad sit
• die seëninge wat jy voorheen misgekyk het, begin raaksien
• groter dankbaarheid begin toon vir God se genade
• meer bewus raak van al die ander seëninge wat God ook voorsien
• vreugde ervaar
Kenmerke:
• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte
As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by
ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe
moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke
sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat
gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy
toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.
Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit
vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.
• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith
Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak
Ons staan vandag voor geweldige probleme en uitdagings – ekonomies,
polities, moreel, noem maar op. ’n Mens wil-wil moed verloor.
Tog is daar geen rede tot wanhoop nie. Want, sê Isak Burger, God self
gee ons die versekering dat Hy by ons is. Ons is nie alleen nie. Deur
sy Gees is Hy daagliks by ons en deur sy Woord lei Hy ons. Ons kan op
God vertrou in elke situasie waarin ons ons bevind.
Stap in die 365 dagstukke van Veilig in sy hand deur die Bybel en
ervaar opnuut hoe God by sy kinders is. Vind bemoediging vir die tye
wanneer jy eensaam voel, ver van God af voel, voor groot besluite te
staan kom, wonder oor God se ewigheidsplan of bloot net weer jou
verhouding met God wil verdiep. Jy sal tot ’n nuwe ervaring van God se
teenwoordigheid en leiding kom en die lewe met nuwe hoop en moed
tegemoetgaan.
Hang die wolke van vrees en hooploosheid swaar rondom jou kop? Voel jy
moedeloos oor alles wat om jou uitmekaarval?
Hierdie 365 dagstukke van Stephan Joubert nooi jou om in Jesus se
voetspore te volg en sy hartklop van naby te leer ken. Leer om nie vas
te val in niksseggende idees oor godsdiens of jou blind te staar teen
alles wat verkeerd is nie. Sien die mense en plekke raak waar God se
lig die duisternis kan laat verdwyn. Volg Jesus met alles in jou waar
jy jou op jou daaglikse roetes bevind en word ’n voltydse
geloof-doener. Met ’n hart soos Jesus s’n sal jy hoop en lig in ’n
stikdonker wêreld bring.
Elke dagstuk van ’n Hart soos Jesus s’n bevat ’n kort teksvers en
inspirerende oordenking propvol geestelike aanmoediging.
• Bekroonde topverkoper-skrywer
• 365 vernuwende oordenkings met ’n teksvers vir elke dag
• Wenke vir praktiese uitlewing van geloof
In hierdie tweede Suider-Afrikaanse uitgawe van Jesus Roep Jou: Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid, 'n 366-dagstukkieboek in Grootdruk, word jy uitgenooi om daagliks tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Deur middel van oordenkings en Skrifgedeeltes bring New York Times-topverkoperskrywer Sarah Young Jesus se boodskap van vrede na jou vandag, en ook elke dag.
Deur daagliks tyd te spandeer in die teenwoordigheid van ons Verlosser met die bekende en geliefde dagstukke in Jesus Roep Jou sal jy:
- Getroos voel deur woorde van hoop en bemoediging
- Verseker word van Jesus se oneindige liefde vir jou
- Onderskragende leiding gebaseer op die Skrif ontvang
- Jou geloof deur die lees van Bybelverse versterk
- Jesus daagliks ontmoet deur 'n oordenking gebaseer op God se Woord
Geskryf asof Jesus self direk met jou praat, nooi Jesus Roep Jou jou uit om vrede te ervaar in die teenwoordigheid van die Verlosser wat altyd by jou is.
Wanneer dit voel of alles vir jou te veel word, is God se getroue
beloftes daar om jou te verseker dat God getrou is en ons nooit in die
steek sal laat nie.
Die Skrifbeloftes in Beloftes van God vir vroue, ’n pragtige
sakpas-geskenkboekie met tweekleur-drukwerk, sal elke vrou lei en
verseker van God se beskerming en liefde. Die 30 temas – soos gebed,
konflikhantering, onderskeidingsvermoë, troos, vergifnis, vertroue en
vreugde – is alfabeties gerangskik sodat ’n tema maklik opgespoor kan
word.
• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir vroue.
• 30 temas in alfabetiese volgorde.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Women.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament
is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan
Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper
te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte
te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95
studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.
Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die
Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou
Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word
vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure
en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur
’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.
Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self
dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou,
inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.
• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van
elke boek
Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper
te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan
deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met
ander.
’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint
Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom
word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede
beantwoord word?”
Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek
Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom
met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir
almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van
Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die
moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen
antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om
jou ervaring te interpreteer.
Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde
van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in
gebede om te sit.
• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te
staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer
en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe
Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur.
Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin
terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"
Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks
groei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke
waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit
die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei,
wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar
is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of
jou bedkassie.
Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die
Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n
waarlik Geesvervulde lewe.
Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die
werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug
wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak
regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp
wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders
van die Gees vestig.
Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die
kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.
Perspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of
groepstudie en sal lesers lei tot ’n Geesvervulde lewe.
Hoe belangrik is vroue vir God? Vroue van die Bybel: 12 Studies Oor
Lewensbeginsels antwoord hierdie vraag deur na belangrike vroue in die
Ou en Nuwe Testament te kyk.
Deur die lewens van twaalf vroue – Eva, Sara, Mirjam, Ragab, Debora,
Rut, Hanna, Ester, die deugsame vrou, Marta en Maria, Maria die ma van
Jesus, en die bruid van Christus – te bestudeer leer lesers belangrike
lewenslesse rakende totale gehoorsaamheid aan God asook die mislukkings
wat spruit uit ongehoorsaamheid. Die Bybelvroue leer lesers ook hoe om
huishoudelike sake en kinderopvoeding te hanteer. In 12 weke met genoeg
studies vir vyf dae van die week bespreek hierdie Bybelstudie nuwe
temas om vroue se posisie voor die Here en sy plan te verstaan. Dit
bied ook antwoorde op moeilike vrae wat algemeen deur hedendaagse vroue
gevra word.
Vroue van die Bybel is ideaal vir vroue wat self ’n verhouding met die
Here wil ontwikkel.
• 12 weke met studies vir 5 dae van die week.
• ’n Interaktiewe studie wat belangrike, interessante skriftuurlike
punte inkorporeer.
• Dit bied ’n historiese perspektief op die karakters.
• Dit gee interessante feite oor die tyd waarin die karakters geleef
het.
Psalms nooi jou om daagliks jou hart voor God uit te stort. God wil hê
dat jy daagliks openlik en eerlik die goeie én slegte met Hom moet
deel. Dit is wat Psalms so besonders maak. Dit toon hoe die psalmiste
met God gepraat het toe hulle gelukkig en tevrede was met hoop in hul
harte, maar ook toe hulle bang, moedeloos, kwaad en alleen was.
In Psalms vir elke dag, 'n 365-dagstukkieboek, nooi Joyce Meyer jou om
saam met haar deur die baie bekende boek van Psalms te reis.
Dit sal jou:
• Nader aan Jesus bring, en
• Jou die geleentheid bied om die wysheid wat in Psalms opgesluit is,
jou eie te maak.
• Sakpasgrootte: 190 mm x 140 mm
• 376 pp
• Pragtige hardeband-boek met lint as boekmerk
• Lesersvriendelike fontgrootte en uitleg (in pantone-kleur)
Sien jy ook soms oral waar jy kyk net afgodery, geldgierigheid en
vyandigheid teenoor Christene? Is jy bewus van ’n intense geestelike
oorlog en wil jy soms net moed opgee? Dis wat die Bybelse gelowiges in
die stad Efese ook beleef het! Paulus deel dan sy boodskap met hulle
oor die kragtigste wapen om in moeilike tye staande te bly.
Hierdie vers-vir-vers-Bybelstudie oor Efesiërs deur Riekert Botha
vestig jou aandag op God se allesoortreffende liefde vir elkeen wat in
Christus glo. Ontdek dat dit jou identiteit in Christus is wat jou in
staat stel om staande te bly wanneer chaos en vyandskap jou wil
onderkry.
Aan die einde van die agt studies is daar verdere vrae om te besin oor
die dorp of stad waar jy bly en hoe jy kan meewerk om die evangelie in
jou gemeenskap uit te dra.
• Vers-vir-vers-bespreking van Efesiërs vir groepe en individue
• Besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf
• Vrae aan die einde om jou dorp/stad te evalueer vir moontlike
evangelisasiewerk
• Relevante tema vir gelowiges vandag
• 120 bladsye
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
Het dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou
vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in
egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In Liefde en
respek openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle
kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom is net
so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar.
Hierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies
help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié
wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef.
Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike
verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan
red.
Deur die riglyne in Liefde en respek toe te pas, kan paartjies nuwe
vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd
net gedroom het.
|
|