![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou
lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het
met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef.
Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.
’n Boeiende storie en ’n singbare wysie – dís die elemente wat volksballades nie net in die volksmond lewend hou nie, maar ook tydlose sjarme daaraan verleen. Want soos wat Pieter W. Grobbelaar in dié boek verklaar: “Die volksmens sing liedere nie net stukkend nie; hy wysig hulle soms ten goede.” Kinders van konings is ’n omvattende werk oor die volksballade in Afrikaans. Nie net word die oorsprong en ontwikkeling van hierdie tipe volkskuns op bondige en toeganklike wyse aangebied nie – 69 Afrikaanse volksballades word ook vir die eerste keer met volledige teks en musiek opgeteken. Met ’n spektrum wat strek vanaf die vroegste Middeleeuse volksballades uit Nederlands oorgeërf, tot ballades wat eers teen 1970 ontstaan het, word ’n omvattende blik gegee op meer as die verloop van die geskiedenis: ook die ontwikkeling van Afrikaans as skryftaal word langs hierdie weg duidelik geïllustreer. Die feit dat elke balladeteks van ’n volledige melodielyn (en kitaardrukke) voorsien, en met bykomende agtergrondinligting toegelig word, maak dit meer as ’n statiese leeservaring: Lesers sal sommer wil saamneurie met ou bekende deuntjies soos “Ou tante Koba” en “Een aand op ’n trein na Pretoria” en “Die kat kom weer” – terwyl amper vergete kultuurskatte soos “Die jonge Dupree”, “Skoon Isabel” en “Amakeia” terselfdertyd vir die nageslag behoue bly.
Dr Piet Muller is ’n toekomskundigie, skrywer en godsdiens-filosoof, wat oor die afgelope drie dekades verskeie boeke oor spiritualiteit geskryf het. Hy was onder meer redakteur van die baanbrekende boek Die Nuwe Hervorming en van Kom ons Bid. Hy het ook verskeie boeke oor meditasie geskryf. Onlangs het Die Evangelie volgens Jesus verskyn. Op Pad is die resultaat van dertigjaar se saamleef met die Evangelie volgens Thomas, waaroor hy ’n kommentaar geskryf het.
Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe. In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.
In die onstuimige beginjare van Alexanderbaai se diamantbedryf was
dit Kingsley Seale se onbenydenswaardige taak om die blink klippies
van die Hans Merensky-assosiasie skoon te maak, te waardeer en
veilig in die Kaap te besorg.
Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se
geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte
uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte
Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel
moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland.
Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.
In 1983 verruil Ilse Mouton en haar dokterman Andre hul stedelike bestaan en blou Bolandse berge vir die verrykende ervaring van ‘n plattelandse leefwyse en vestig hulle in Gobabis, waar hul nuwe heimat ‘n onuitwisbare nalatenskap in hul wese laat. Teen die agtergrond van politieke veranderinge word die wel en wee van Gobabis gedurende die 1980’s met pieteit, eerlikheid en ‘n ruim skoot humor beleef.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Die end van die twintigste eeu het die einde gesien van wat breedweg genoem word die apartheidsbestel. Vir die Afrikanervolk was dit traumaties. Baie is landuit. Van die agtergeblewenes het skepties-gelate die nuwe bestel aanvaar en gewerk aan 'n nuwe verhouding met hul swart landgenote. Ander kon die verandering nie hanteer nie en het verbitterd oor die gewaande volksverraad en die nuwe onregte bly broei. Soos 'n sluimerende vulkaan. Die foutlyne het families, vriende en rassegroepe onheelbaar verdeel. Die roman KRONIEK VAN DONKERHOEK is die verhaal van die Vorsters en hul erfplaas oor meer as twee dekades met die oorgang van apartheid na demokrasie. Inherent goeie mense, wie se sienings en vooroordele onvermydelik tot konflik en uiteindelike ondergang lei. Die platorand van Mpumalanga met sy deinserige vergesigte, wuiwende grashalms, suisende denne, bosbrande en veediefstal is die agtergrond waarteen vals grondeise en 'n stryd om besitreg lei tot rassetwis en moord. Die patriarg Jaap Vorster kan hom nie versoen nie met die smaad die familie aangedoen deur sy seun Pieter, wat trou met Johanna Dlamini, dogter van die voorman. Gelok deur 'n bosbrand word Jaap vermoor deur die voorman se seun, 'n opgeleide kader. Pieter neem die bosbouboerdery oor en word onregverdig veroordeel vir die moord op sy vrou se ander broer. Voortvlugtig vir die gereg probeer Pieter sy vrou oortuig van sy onskuld. Knaend op die spoor bly inspekteur Khumalo wat die skandvlek van die ontsnapping wil uitwis en eers in die Appelhof teenoor die voortvlugtige te staan kom. Die sittings van die Rondgaande Hof te Piet Retief en die Appelhof in Bloemfontein word met fyn insig uitgebeeld en die strydende regslui met 'n tikkie humor geskets. Die aksievolle spanningsroman het as somber agtergrondmusiek die veelkantige onoplosbare grondkwessie.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis. Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië. Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.
Gordon MacDonald se Onder die waterlyn is ideaal vir Christelike leiers, sowel as Christene in sekulere beroepe. Hierdie samestelling artikels, wat in Leadership Journal verskyn het, gee raad oor hoe om 'n meer effektiewe leier te word. Gordon moedig Christelike leiers aan om te groei en 'n sterk, geestelike fondament te vestig. Die boek is geanker in Bybelse waarhede, geestelike leiding en lewenservaring, en sluit onderwerpe in soos: verstaan wat jou motiveer; die wortel van leierskap om die moeilike dinge te se; wanneer dinge lelik raak; die privaat tye van 'n openbare leier; die krag van openbare gebed.
Een of ander tyd word almal geraak deur die dood van 'n geliefde. Die pyn van so 'n verlies is soos geen ander pyn nie, hoewel elkeen dit op sy eie manier beleef. Die smart wat na die verlies volg, is 'n normale reaksie, hoewel dit glad nie normaal voel nie, en die rouproses is nodig om te kan aangaan met die lewe. 'n Reis na die lig deur Marge Stathakis is 'n joernaal vir die reis deur verlies. Die boek bied die volgende unieke kenmerke: eerlike en openhartige beskrywings van die skrywer se persoonlike ervaring; spasie in elke hoofstuk om persoonlike; ervarings en emosies neer te skryf; praktiese raad om kinders te help om verlies te verwerk; perspektief op die rol van vriende tydens die rouproses. 'n Reis na die lig is 'n waardevolle hulpmiddel op die reis deur verlies.
Samba is 'n versameling van Jeanne Els se rubrieke wat oor die jare in koerante en tydskrifte verskyn het. Sy het al twee ander boeke uitgegee wat ook danstemas gehad het – Ligdans en Tango. In Samba neem sy die leser op wereldreise en binnetogte, sy vertel hulle van plekke wat sy gesien het, ervarings wat sy gehad het en mense wat sy ontmoet het. Dis ’n boek wat lesers sal wys dat ’n mens kan dans te midde van teespoed en ander dinge wat die lewe op ons pad bring.
Dis asof byna almal in die een of ander stadium met dwelms eksperimenteer. Dit lyk dalk cool om 'n pil by raves te pop, of om 'n joint te rook omdat dit natuurlik is. Maar daar bestaan nie so iets soos om drugs te kan control nie. Dwelmmisbruik is 'n swaar las om te dra. Dit kan jou lewe vieslik opmors. Hierdie titel is bedoel vir ouens wat nog ietsie gebruik, en vir die wat oorweeg om in die toekoms 'n ding of twee uit te probeer. Dit is ook vir diegene wat besef hulle is hooked of meen dis cool om af en toe te drug en uit te chill … Dit gaan eintlik oor hoe om los te kom van dwelms en hoe om al jou cravings te hanteer.
Beskrywings, foto's en patrone van verskillende kledingstukke wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is. Dis algemene kennis dat die kakies so genoem is as gevolg van die kleur van hul uniforms, maar aan die vraag oor hoe presies die kleredrag van Boerekrygers en gewone burgers tydens die Anglo-Boereoorlog dan gelyk het, word selde aandag bestee. Hierdie boek bied 'n interessante blik op 'n noodsaaklike alledaagsheid wat destyds veel komplekser was as wat vandag se verbruikerskultuur ons laat besef!
Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het. Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?
’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind. |
You may like...
Key to Advanced Arithmetic for Canadian…
Barnard 1817-1876 Smith, Archibald McMurchy
Hardcover
R863
Discovery Miles 8 630
Math for the Digital Factory
Luca Ghezzi, Dietmar Homberg, …
Hardcover
R4,111
Discovery Miles 41 110
Labour Relations in South Africa
Dr Hanneli Bendeman, Dr Bronwyn Dworzanowski-Venter
Paperback
Intelligent Control Based on Flexible…
M. Teshnehlab, Watanabe Kyoko
Hardcover
R2,786
Discovery Miles 27 860
Portfolio and Investment Analysis with…
John B. Guerard, Ziwei Wang, …
Hardcover
R2,322
Discovery Miles 23 220
Robust Output LQ Optimal Control via…
Leonid Fridman, Alexander Poznyak, …
Hardcover
|