0
Your cart

Your cart is empty

Books > History > African history

Buy Now

Kinders Van Konings (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R225
Discovery Miles 2 250
Kinders Van Konings	 (Afrikaans, Paperback): Pieter W. Grobbelaar

Kinders Van Konings (Afrikaans, Paperback)

Pieter W. Grobbelaar

 (sign in to rate)
Loot Price R225 Discovery Miles 2 250

Bookmark and Share

Expected to ship within 4 - 17 working days

Donate to Against Period Poverty

Total price: R235
Discovery Miles: 2 350
’n Boeiende storie en ’n singbare wysie – dís die elemente wat volksballades nie net in die volksmond lewend hou nie, maar ook tydlose sjarme daaraan verleen. Want soos wat Pieter W. Grobbelaar in dié boek verklaar: “Die volksmens sing liedere nie net stukkend nie; hy wysig hulle soms ten goede.”

Kinders van konings is ’n omvattende werk oor die volksballade in Afrikaans. Nie net word die oorsprong en ontwikkeling van hierdie tipe volkskuns op bondige en toeganklike wyse aangebied nie – 69 Afrikaanse volksballades word ook vir die eerste keer met volledige teks en musiek opgeteken. Met ’n spektrum wat strek vanaf die vroegste Middeleeuse volksballades uit Nederlands oorgeërf, tot ballades wat eers teen 1970 ontstaan het, word ’n omvattende blik gegee op meer as die verloop van die geskiedenis: ook die ontwikkeling van Afrikaans as skryftaal word langs hierdie weg duidelik geïllustreer.

Die feit dat elke balladeteks van ’n volledige melodielyn (en kitaardrukke) voorsien, en met bykomende agtergrondinligting toegelig word, maak dit meer as ’n statiese leeservaring: Lesers sal sommer wil saamneurie met ou bekende deuntjies soos “Ou tante Koba” en “Een aand op ’n trein na Pretoria” en “Die kat kom weer” – terwyl amper vergete kultuurskatte soos “Die jonge Dupree”, “Skoon Isabel” en “Amakeia” terselfdertyd vir die nageslag behoue bly.

General

Imprint: Protea Boekhuis
Country of origin: South Africa
Release date: July 2011
Authors: Pieter W. Grobbelaar
Dimensions: 225 x 155mm (L x W)
Format: Paperback
Pages: 309
ISBN-13: 978-1-86919-208-2
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Humanities > History > African history > General
Books > History > African history > General
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
LSN: 1-86919-208-7
Barcode: 9781869192082

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners