![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Stilte, eenvoud en afsondering…Wereldwyd is daar 'n hernude belangstelling in die ou geloofstradisies en 'n soeke na innerlike verdieping en heelheid. Bekende berader en predikant Ds Ronell Bezuidenhout se nuwe boek gee praktiese raad vir besige mense in vandag se wereld. Die boek is vir jou as jy - meer wil put uit jou verhouding met God; soek na innerlike vrede en 'n lewe gevul met vreugde; aanvoel dat daar 'n groter realiteit is as die alledaagse materie wat ons om ons sien; 'n behoefte het om God beter en dieper te leer ken. Woestynwysheid stel jou voor aan mense van die vroegste eeue wat dieselfde behoeftes gehad het – en verduidelik hoe hul insigte op vandag se lewe van toespassing gemaak kan word. Geskryf vir die post-kerklike Christen op soek na iets meer.
· Volledige Bybel · Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992 · Mediumgrootte, · Sagteband met indeks op die kantlyn · Nuwe lesersvriendelike uitleg · Inhoudsopgawe, kruisverwysings, voetnote en verkorte woordelys. · Venstertjie wat teksgrootte aandui agter op omslag
Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied lesers die geleentheid om te sien hoe die teks van die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV), ’n direkte vertaling, verskil van die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is. Die ASV het sy oorsprong uit die Direkte Vertaling soos dit in die Interliniere Bybel verskyn het, maar is hersien om gemakliker te lees, sonder om van die vertaalfilosofie van ? direkte vertaling af te wyk. Die teks van beide die ASV en die NLV se Nuwe Testament verskyn parallel langs mekaar sodat die Bybelteks maklik vergelyk kan word. Die ASV, as direkte vertaling, probeer so getrou moontlik aan die bronteks bly deur byvoorbeeld die lang sinskonstruksies, so kenmerkend van Grieks, te behou, asook lengtemate en inhoudsmate (soos vaam, sata en el) en geldstukke (soos stater en mina), wat in voetnote verduidelik word. Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied aan lesers ? unieke en verrykende Bybellees-ervaring wat die wese en waarde van beide vertalings duidelik maak.
Pieter van den Berg en pastoor Dave Strydom is die aanbieders van Sport vir die siel op RSG. Wereldwyd begin al hoe meer sportsterre hulle afhanklikheid van die Here bely en baie getuig dat die seen van die Here, 'n groot invloed op hulle prestasies het. Pieter en Dave glo dat die beginsels wat van sportpersone wenners maak, leef ook in jou: Verstaan die wenstrategie in jou binneste/jou hart. RSG se Maandagoggend wengedagte "Sport vir die Siel" is nou in boekvorm beskikbaar. In Sport vir die siel word groot sportoomblikke, wat deur luisteraars onthou word, aan 'n geestelike boodskap gekoppel en 'n praktiese toepassing word gegee vir die leser se persoonlike lewe. Pieter lewer kommentaar of verslag oor die sportgebeurtenis om die oomblik te laat herleef, waarna pastoor Dave die geestelike toepassing daaraan koppel. Hierdie boek gaan jou positief beinvloed, van jou 'n wenner maak en jou beter laat voel oor die lewe en oor jouself! Onderwysers sal Sport vir die siel kan gebruik vir skriflesing en gebed tydens registerklas-openinge en saalbyeenkomste. Afrigters en onderwysers kan dit ook gebruik om kinders voor 'n sportwedstryd te inspireer en motiveer. 'n Wonderlike geskenk vir jou man, kinders of enige sportliefhebber. Sport vir die siel: Leer daagliks meer van God deur inspirasie te put uit die werking van die Gees op die sportveld.
Die mees opspraakwekkendste boek in die Bybel, is Openbaring. Die boek, is ryk aan simboliek wat gebruik word om gebeure op aarde en in die geestelike wereld te verduidelik. Openbaring 12, oor die manlike kind, die vrou en die draak is een van die dele wat ryk is aan simboliek. Indien dit nie suiwer vanuit die Skrif verduidelik en verstaan word nie, is dit verwarrend. In hierdie boek word elke element van die manlike kind, die vrou, die draak, die maan, die rivier, ens. onder die soeklig van die Woord geplaas, wat sonder enige twyfel, die uitleg daarvan openbaar maak. Alhoewel elke simboliek deeglike nagegaan word, is hierdie glad nie 'n moeilike en uitgerekte boodskap nie. Nog minder, bevat dit geheimsinnige dokumente en hoogs geleerde terme wat die leek nie kan verstaan nie. Die manlike kind is 'n samevatting van die Gods plan, van voor Jesus se kruisiging tot en met vandag. U sal geestelike verryk en gestig word deur hierdie boodskap, aangesien dit ook vele van Jesus se uitlatings verstaanbaar maak."
Die hiernamaals ... Miljoene mense wonder en lees oor wat gebeur ná die lewe op aarde. Hank Hanegraaff word beskou as een van die voorste teologiese denkers van die 21ste eeu. In Die Lewe Na Die Dood verduidelik hy die verband tussen ons fisiese lewe op aarde en ons ewige toekoms. Die boek is in drie dele verdeel met 60 vrae wat mense dikwels oor die hiernamaals vra.
Afdeling 1 – die ewige hemel en aarde met vrae soos: “Wat gebeur in die hemel?” Die Lewe Na Die Dood gee lesers ’n duidelike en konkrete verstaan van wat ná die dood gebeur.
Die alomgeliefde spreker en skrywer ds. Izak de Villiers se laaste preke is in hierdie inspirerende bundel saamgevat. Die preke, wat nog nooit gepubliseer is nie, is uitgesoek en verwerk deur Amanda Botha, ds. Izak se letterkundige eksekuteur en self ’n bekende in boekkringe. Die preke is meestal tussen 2007 en 2009 by die NGK Aasvoelkop gelewer. Ds. Izak se preke is, soos lesers hom leer ken het, prakties en gerig op moderne mense se daaglikse lewe. Sy fokus is telkens op die wonderlike hoop van die evangelie, wat ons bemoedig en inspireer. Hy onderstreep die kleinheid van die mens en die grootheid van God, maar wys hoe God hom oor ons ontferm sodat ons kan weet dat ons nooit alleen is nie.
Daar is deesdae soveel Bybelvertalings – ook in Afrikaans – dat gelowiges tereg kan vra: Hoekom is daar soveel vertalings? Watter vertaling is rég? Waarom Soveel Bybelvertalings? help lesers verstaan waarom Bybelvertalings verskil. Jan van der Watt vertel die verhaal agter die Bybel:
Boonop word dit toegelig met interessanthede, soos foto’s van antieke geskrifte, voorbeeldtekste uit Bybelvertalings, en hy vergelyk selfs sekere verse met mekaar soos dit in verskeie Bybels verskyn. Waarom Soveel Bybelvertalings? beantwoord die vrae rondom Bybelmaak wat dikwels gevra word, van watter brontekste deur die skribas gebruik is, tot hoekom die Griekse teks so moeilik is om te vertaal. Dit bring elke leser onder die besef van wat ’n groot voorreg dit is om die Bybel in jou eie taal te kan lees.
Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie ... Maar sy boodskap is dat jy dit kan oorkom, want geen boelie kan vir jou se wie jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard. Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om: die feit dat hulle geboelie word in ’n positiewe ervaring te omskep; vir hulle ’n veilige ruimte te skep; sterk waardes te vestig wat geen boelie kan skud nie; internet-boelies te hanteer; ’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies; na hulle eie emosies te kyk en hulle reaksies te beheer; ander wat geboelie word te help. Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of die vir wie hulle lief is. Nick Vujicic is elke boelie se droom ... Hy verstaan beter as enigiemand hoe dit voel as ander op jou pik. Maar hy het daarteen opgestaan en vandag leer hy ander hoe om hierdie traumatiese ervaring te bowe te kom. Staan jou man sal elke jongmens die bemoediging en praktiese raad gee wat hulle nodig het om sonder vrees deur hul daaglikse lewe te gaan.
Die publikasie is die vrug van die Bybelvertalingsprojek wat aangepak is op versoek van die kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik. Hierdie bronteksgeorienteerde direkte vertaling spreek die behoefte aan vir 'n Bybel wat so na moontlik aan die bronteks, maar steeds goed verstaanbaar, is. Die direkte vertaling streef daarna om die Bybel so te vertaal asof die skrywers se woorde direk aangehaal word, met behoud van beelde, metafore, styl en struktuur maar in vloeiende, idiomatiese Afrikaans.
|
You may like...
Digital Video Communications
Martyn J. Riley, Iain E Richardson
Hardcover
R2,334
Discovery Miles 23 340
Handbook of Research on Engineering…
Loveleen Gaur, Arun Solanki, …
Hardcover
R8,946
Discovery Miles 89 460
|