Die rowwe en eerlike vertelling van 'n 'Bat in the bosoorloe van
Namibie en Angola. 19 en Gewapen is 'n aksiebelaaide vertelling van
Granger Korff se twee diensjare in 1980/81 saam met 1
Valskermbataljon tydens die hoogtepunt van die Suid Afrikaanse
Bosoorlog in Suid Wes Afrika (Namibie) en Angola. Afgesien van die
standaard teen-insurgensie aktiwiteite van die Fire Force
krygsverrigtinge asook lokvalle en patrollies om SWAPO guerrillas
te vind en te vernietig, was hy ook betrokke by verskeie
noemenswaardige konvensionele oorgrensoperasies deur die Suid
Afrikaanse Weermag (SAW) soos Protea, Daisy en Carnation, wat in
Angola in beweeg het teen FAPLA (Angolese MPLA troepe) sowel as
hulle Kubaanse en Sowjetbondgenote. Korff se vormingsjare op die
Oos-Rand as 'n straatbakleiende jeug het 'n invloed op sy
toekomstige militere loopbaan gehad wat ontsier was deur
omstredenheid. Hy was konstant in die moeilikheid: Sy afwesigheid
sonder verlof op die vooraand van die oorlog omdat hy na die front
beweeg het; dat hy verskyn het voor 'n krygsraad na hy n
sersantmajoor in trane gehad het na hy hom aangerand het voor sy
troepe; vuis gevegte met die dwelmeenheid en sy in hegtenisname na
die uitmergelende sewe-week, 700km Recce keuringsuithouresies, is
maar net 'n paar van die kleurvolle staaltjies wat hierdie
vertelling van diens in die Suid Afrikaanse Weermag deurspikkel. Sy
skryfstyl is pittig, brutaal, selfveragtend en by tye humoristies -
maar altyd eerlik.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Opwindend en Uiters Aksiebelaai!!!
Mon, 6 Apr 2015 | Review
by: Lenord L.
The closest any young guy or lady can come to expierence War - seen through the eyes of a 19 years old Parabat. Now translated into Afrikaans by Lenord le Hanie.An international best seller.
Did you find this review helpful?
Yes (1) |
No (0)