In Mei 1693 monster Lourens Vijselaar en Daniël Silleman in Nederland aan op die VOC-skip die Gouden Buys. Nog voordat die kus van Suidelike Afrika op die horison verskyn, het byna die hele bemanning van 190 reeds gesterf aan skeurbuik en ander siektes. Slegs Daniël Silleman sou uiteindelik weer sy vaderland sien. Hy vertel dan sy Ongeluckig, of droevigh verhaal aan sy Enkhuizense uitgewer, Van Straaten, wat dit in 1695 as boek publiseer.
Ná driehonderd jaar kon daar in argiewe en museums nog heelwat tasbare bewyse opgespoor word om die oorspronklike verhaal mee aan te vul en die rampspoedige reis van die Gouden Buys vir die hedendaagse leser verder tot lewe te wek. Die teks van die eerste druk is vir hierdie uitgawe in Afrikaans vertaal en voorsien van aanvullings, woordverklarings, aantekeninge en illustrasies.
In die daaropvolgende hoofstukke word beskryf wat ná die ramp met die skip en sy kosbare vrag gebeur het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!