Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in
die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC-
tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n
‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van
die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’.
Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen
na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef
Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville in Moby
Dick met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s,
soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van
die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era.
Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon
vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou
meer as ooit vantevore ondersoek word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!