Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die
Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te
verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die
Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat
help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf
dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik
moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings,
karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op
dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy
praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie,
maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk
in sy lewe van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel
deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes.
Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy
daaglikse lewe daarvolgens te rig.
•9.5-punt lettergrootte
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Sat, 8 Aug 2009 | Review
by: H J.
Gebasseer op die uitstekende reeks Life Application Study Bibles in KJV, NIV, NLT ens. deur Tyndale. Die uitgebreide aantekeninge, in-teks-kaarte en tabelle is hersien deur 'n bekwame span teoloe van Suid-Afrika en is mi beter as die Engelse weergawe, omdat dit minder fokus op "my eie belang" en meer op 'n gebalanseerde, geseende lewe as kind van die Allerhoogste. Dit is mi verreweg die beste studiebybel wat in Afrikaans beskikbaar is. Leemtes is moontlik dat die 1983 vertaling hierin hom nie leen tot tematiese Bybelstudie nie, omdat belangrike woorde soos bloed, olie, lig ens verdwyn wanneer die "dinamiese ekwivalent" benadering tot vertaling gevolg word. Psalm 23 is 'n goeie voorbeeld hiervan. Die Engelse weergawe bevat twee konkordansies - tematies en woordeliks, terwyl die Afrikaanse uitgawe slegs die tematiese een behou. 'n Paar ander indekse is ook weggelaat. Indien hulle bygevoeg word en die meer letterlike 1953 vertaling gebruik word, sal so 'n naslaanbybel 'n vyfster juweel wees.
Desnieteenstaande is die huidige weergawe 'n bron wat enige ernstige Bybelstudent 'n leeftyd lank kan besig hou, en die 1983 vertaling is met al sy gebreke lekker om te lees. Die uitleg werk goed omdat die boonste deel van die bladsy skoon Bybelteks is, met die aantekeninge ens onder.
4 uit 5 sterre en 'n hartlike dankie aan CUM!
Did you find this review helpful?
Yes (3) |
No (0)