Enige land se geskiedenis lewer figure op waarvan die grootsheid
nie deur tyd en vergetelheid gestroop kan word nie. In die
Suid-Afrikaanse konteks is Marthinus Theunis Steyn so ’n figuur: ’n
man wat hom selfloos aan sy volk gewy het en bereid was om alles
vir sy mense se vryheid op te offer. Die leser word op boeiende
wyse betrek by Marthinus Theunis Steyn se kleurvolle lewensverhaal:
hoe hy nooit sy herkoms as Vrystaatse plaasseun verraai het nie en
selfs as president in voeling met die eenvoudigste Boere gebly het;
hoe hy sy uitmergelende siekte met volharding bly beveg het en hoe
sy geloof in God en sy liefde vir sy gesin en sy erfgrond hom in
tye van beproewing staande gehou het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!