![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Dis die sewentigs en tagtigs. 'n Afrikaanse gesin trek gedurig rond, van Pietersburg na Randfontein na Durban en weer terug. Terwyl Vera se huwelik aan't verbrokkel is, knoop sy 'n verhouding met haar buurman aan en lees verbode seksboeke. Haar dogter Lien wens 'n UFO laai haar op. Split gaan oor grootword op 'n myndorp, soen op Durban se strand en 'n Indier wat sweet in die kaartjiekantoor van Louis Trichardt se publieke swembad.
Die Sirkel van Wraak bring internasionale misdaad, speurwerk, familiesaga en liefdesverhaal in 'n komplekse spanningsroman byeen. Die Sirkel van Wraak se premis is: Wat het van Tamara geword? Dis twintig jaar later en haar groot liefde, die psigiater Theo Rudman, word met 'n moordenaar se anonieme oproepe gekonfronteer. Die maniak dreig om 'n jong vrou in 'n hospitaal vir geestesversteurdes te vermoor, en Rudman kom voor een van die moeilikste besluite van sy loopbaan te staan. Intussen is Liu Xiong, internasionale skrywer van verskeie toptreffers, besig om op 'n onbekende plek haar nuutste manuskrip af te rond. Rudman beskik oor die volledige Xiong-versameling by sy Scarborough strandhuis. Wanneer hy met die pasient na hierdie stil, mistige kusdorp vlug, verdiep die misterie en intrige.
Lienke Botha: 23 jaar oud, hoof van Openbare Betrekkinge, honneursgraad in Kommunikasiekunde, praat Xhosa vlot en is rekenaarvaardig. Lienke Botha se sorgvrye lewe verander ingrypend toe sy vir die eerste keer werklik haar hart verloor. Sy gee haarself oor aan 'n allesoorheersende verliefdheid op die aantreklike dokter Gerhard Deetlefs. Sonder om aan die gevolge te dink, laat Lienke toe dat sy gelei word van die een verkeerde besluit na die volgende. Teen die tyd wat haar 'regmaak' plan in werking tree, is daar min oor van die gesonde verwysingsraamwerk waarmee sy as plaaskind grootgeword het. Haar selfopgelegde pad na vergifnis is besaai met uitdagings. Sy groei as nuutgebore mens, maar haar diepgesetelde liefde vir Gerhard, wat haar uit haar lewe verdwyn, bly onveranderd. Hoekom klou haar hart aan die krummels van herinneringe wat nie genoeg was om Gerhard se liefde te behou nie? Liefde vir Lienke is 'n geslaagde liefdesverhaal in die egte klubroman-tradisie. Dit is van die begin af vol drama. Die leser wonder heeltyd wat gaan gebeur. Situasies en die karakters se gevoelens word realisties weergegee.
Hierdie bundel is ‘n postmoderne spanningsverhaal in epiese digvorm in die voetspore van moderne tekste soos Awater en The Waste Land. Dit vertel die verhaal van die verset van ‘n baie gewone man teen sy mislukkings en teen die magte wat sy lewe beheer – ‘n verset waarin hy hom gaandeweg laat verlei om ‘n bomplanter te word. Die sentrale temas van liefde, verraad en vergelding word uitgespeel in ‘n ryk intertekstuele verwysingsveld.
Denise vind nog haar voete in die Boland nadat sy uit ’n toksiese
huwelik ontsnap het. Dirk is ’n toegewyde polisieman, maar sy eksvrou
het hom oor ’n enkele fout in sy verlede finansieel afgepers.
Irma het ’n bakkievrag probleme. Daar is haar eks-verloofde, ’n
sukkelende trekker en ’n koei wat dringend mediese hulp benodig.
Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex sonder enige verduideliking.
“Jy lyk ongelooflik. Sensueel. Ek het nie eens besef daar skuil so ’n
ongelooflike figuur onder daardie onooglike slaaphemp wat jy gisteraand
aangehad het nie.”
Juta Enslin is ’n spor tredakteur en aan oefen verslaaf. Tot meningitis
haar by die dood laat omdraai en haar gehoor en balans aantas. Sy is
skielik van almal om haar af hanklik en voel sy het alles verloor.
Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.
Die drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings
na die onlangse warrelwind van gebeure.
Joga-instruktrise Lexi Retief glo aan dankbaarheid en om in die oomblik
te leef. Toe fisioterapeut Alex van Aarde Lexi se geliefde hond Hilde
kom behandel, bly nié Hilde of Lexi se hart onaangeraak nie. Maar Lexi
is besig om haar besigheid op te bou en hou nie van rooikoppe nie, al
is sy self een.
Ná twee jaar op haar eie is Lelanie oortuig sy is oor haar verslawing
aan haar vervreemde man, Adam. Tot hy aangestel word as die besturende
direkteur by die maatskappy waar sy werk.
Ingi Friedlander, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop. Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe le. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos die van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem. Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra. Die swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloe en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wereldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.
Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste
staak en uit haar skilder ye ’n bestaan maak.
Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se 4×4. Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen Eksteenfontein en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy dood oor ’n afgrond te boender. Terwyl die twee vroue reis, ontvou die verhaal van Willemien en haar pa: ’n Storie oor ’n Afrikaanse Al Capone, ’n man wie se duister sakeondernemings nie net tot die grense van Suid-Afrika beperk was nie. In Palm Springs dra sy lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle sy huis dophou. Vroeër jare moet Willemien in haar pa se kattebak wegkruip terwyl hy sake in verlate parkeerareas doen. Ná sulke uitstappies was haar beloning altyd ’n lekkerny, en só word haar lewenslange stryd met kos aangevuur. Van Kaapstad na San Francisco en selfs Sri Lanka, met ’n wavrag vol seks, drugs & rock ’n’ roll, tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons denkende, spirituele wesens maak.
’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding. Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet. Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei. Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan. Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme. Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak. In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
Lesers sal met 'n lusbek aankom na hierdie boek, Die hart van ons huis, waarin Marita van der Vyver vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit alles so glamorous! Hier is 'n proeseltjie, want dis 'n boek om op te eet! Liewe leser, laat ek myself voorstel: Eintlik is daar verskeie maniere om dit te doen. As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuisvenster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ’n moeë huisvrou met ’n te groot gesin wat in Kerkstraat woon. Dat jy nou só ver moes reis, soos my vriend Michiel meewarig opmerk, net om in Kerkstraat te eindig. Dis seker maar waarvoor mens vriende het. Om jou op jou plek te hou. En deesdae is my plek inderdaad Kerkstraat. Dit klink miskien meer eksoties in Frans – Rue de l’église – maar dit bly ’n straat met ’n kerk op ’n plattelandse dorpie. Elke plattelandse dorp, in Frankryk soos in Suid-Afrika, het ’n Kerkstraat. Gelukkig het elke Franse dorp nie ook ’n Voortrekkerstraat nie. Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man, Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Sy twee seuns, Thomas en Hugo, woon nie al 365 dae van die jaar hier nie. Maar as jy al die naweke, die vyf korter skoolvakansies en die láng somervakansie van meer as twee maande bymekaar tel, is hulle omtrent die helfte van die tyd hier. My seun, Daniel, maak vanjaar klaar met laerskool hier op die dorp en begin binnekort met collège (middelbare skool) op ’n groter dorp. En ons dogter, Mia, het laas jaar by die babaklas van die plaaslike skooltjie ingeval. Hulle sê iewers deur die middel van Europa loop ’n onsigbare lyn. Die mense wat bokant die lyn woon, is groot en blond en kook met botter. Dié wat onder die lyn woon, is klein en donker en kook met olyfolie. Ons woon in die olyfolie-helfte van Europa – en ons kook alles met olyfolie, behalwe frites – maar ons lyk nie soos olyfolie-mense nie. Ek en die elfjarige Daniel is groot en blond. Mia is op die oomblik nog klein en blond, maar klaar langer as die meeste van haar klasmaats. Alain en Thomas het donker hare, maar nie een van hulle is juis klein nie. Hulle lyk ook nie of hulle rêrig hier hoort nie. Thomas die Tiener het die langste hare op die dorp, en nou praat ek van manlike én vroulike hare. Sy welige poniestert hang ver onder sy blaaie. Hugo, dieselfde ouderdom as Daniel, is waarskynlik die naaste wat ons gesin ooit aan die Mediterreense voorkoms sal kom. Klein met donker hare en donker oë. Maar hopeloos te bleek om as ’n inheemse spesie beskou te word. Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ’n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember, groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op ’n slag. Saam met ons ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag. Kos soos vir ’n kerkbasaar. Maaltye vir minstens vyftien mense op ’n slag. Nee, maak dit twintig, want die drie seuns, die Neef en die maats eet elkeen soos drie normale mense. Hulle kan dit nie help nie, hulle is op daardie ouderdom. O ja, en dan het Mia nog ’n onsigbare dubbelganger met die naam van Heloïse wat op mure teken, met water mors, met die TV lol; kortom, as daar kattekwaad aangevang is, kry Heloïse die skuld. Heloïse eet goddank net onsigbare kos. Ek noem haar naam hier bloot om latere verwarring te vermy. Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ’n wortel ’n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan. Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed. Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie. Aangename kennis.
Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is. Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het 'n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie 'n leuen kan lewe nie. Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. 'n Besluit wat nie net 'n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.
Toe Chrisjan Grey op Nicolene verlief raak, tel sy lewe as rykmanskind
teen hom. Nicolene se broer glo nie Chrisjan sal die mas opkom as die
plaas sou ondergaan nie. Chrisjan verbreek noodgedwonge kontak met
Nicolene, maar kan haar nie vergeet nie.
Franzelle se pa eis dat sy ses maande lank as ’n doodgewone
winkelbestuurder by die familiebesigheid werk. Sy mag vir niemand sê
dat sy sy enigste erfgenaam is nie en sy mag ook nie ’n verhouding
aanknoop nie. Haar sportmotor en bodemlose beursie moet ook tuis bly.
Anja is ’n verpleegsuster met ondervinding van terapiehonde. Toe sy
weens ’n bedrogspul sonder heenkome of geld op ’n kusdorp beland, bied
oom Er nst haar tydelike werk aan. Sy seun Stiaan glo egter sy het
bymotiewe. |
You may like...
|