Sandveldstories is ’n keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uit
Pofadder en Peddelford, Die pomporrel-kônsert en ander Sandveldstories en Bom
Appeltiet op Eselspoort. Die stories, geskryf in tipiese streekstaal, handel oor ’n
unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, of klein en
dwaas soos mense ook maar is.
Ferdinand Deist was ’n gesoute storieman en fyn waarnemer. Sy verhale is
humoristies en tydloos, sy karakters kleurryk, en sy vertelwyse is soos ’n
bontspul vygies wat in ’n dorre landskap uitbars.
Sandveldstories sluit onder meer die volgende stories in:
- “Die oorbesige prekkereer”
- “Die dood van die founmannetjie”
- “Hermaans Askies se opperasie”
- “Die suster m't die snôr”
- “Frans en Lakkie se Peddelford”
- “Ta' Anna se wye tanne”
- “Die plaag van Bawel”
- “Petrus se ontydige soenery”
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!