Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy
kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is
juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself
sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie
hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy
te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem.
Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is, wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai – die een plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry. Klein Witpop is opgewonde. Dalk kan sy nou televisie kyk en skool toe gaan. Haar broer Fansie hoop daar sal meer kos vir hom en hul babasussie Sponsie wees. Maar die duiwel is los in Leeu-Gamka en hulle moet desperaat vlug op hul karretjie. Sonder dokumente wat wys jy bestaan, kan die polisie jou nie veel help nie. In Carol Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die voorgrond geplaas.
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin: Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig haar seun Leo met sy liefde vir geweld en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid. Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word. En dinge raak self snog erger toe die meisie op wie hy verlief is ook by die spel betrokke raak.
Hulle is pole uitmekaar, tog word Adam Rossouw, lid van Kaapstad se sosiale elite, en Petronel Cilliers, sanger in ’n grot van ’n kroeg, na ’n nag van passie onherroeplik aan mekaar verbind.
In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ... Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
Adam Human het ’n verskriklike geheim. So groot, om die waarheid te
vertel, dat hy eers sou moes doodgaan as hy ooit ’n kans vir oor begin
wou hê. Hy sou alles moes agterlaat en wegraak in een van die laaste
wildernisse op aarde.
Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, le Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voels, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense om hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wel oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min se. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom ...
Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy is sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie. Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil he nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou. Ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur. Maar na ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn. Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar. En later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is. Maar sy gaan nie alleen nie. Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi. Net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie. En dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.
In Chaka word die geboorte, opgang en val van die historiese Shaka slegs as vertrekpunt gebruik. Die werk vertoon konneksies met verskeie mondelinge en literere genres soos die volksverhaal, legende, fabel, sage, fantasie en selfs mite. Daar is ook allegoriese kenmerke. Sy stilistiese grootsheid, poetiese prosa, historiese basis met vermenging van fiktiewe elemente en karakters, die idealisering van Shaka se krygsvernuf, die heroisering, is kenmerke wat die werk waarskynlik op die vlak van 'n literere epos plaas. Chaka se oorwinning oor die onregverdige behandeling wat hom in sy jeug te beurt geval het - gedeeltelik as gevolg van sy buite-egtelike verwekking - en sy vordering tot magtige heerser oor die grootste gedeelte van Suider-Afrika, word in die roman aangebied as 'n direkte gevolg van die intervensie van bonatuurlike magte wat hom dapper en bloeddorstig gemaak het: eers deur die vrouedokter van Bungane en daarna deur die invloedryke tradisionele geestelike Isanusi en sy kornuite Malunga en Ndlebe - wat almal briljant gekarakteriseer word. Chaka eindig met die AmaZulu wat nadink oor die tragedie wat hulle leier te beurt geval het en se: "Di a bela, di a hlweba! Madiba ho pjha a maholo!" (Dit kook en skif! Selfs die groot ryke kom tot 'n val!).
Sy is my buurvrou en my vriendin, en sy het net vir my ... Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is
AFRIKAANS – ware lewensketse van gebeure met gewone mense wat noodgedwonge in die regswêreld van prokureurs en howe beland. Treffend vertel deur ‘n ervare en ingeligte prokureur. Dollars Eventualis is lekkerlees-stories vir mense van alle soorte, van 18-81 jaar:
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met
liefdesverhoudings vaar sy minder goed.
Wanneer Alice Jules die oggend wakker word met die geur van koffie in haar neus, wat Jules, haar eggenoot gemaak het, kry sy vir die eerste keer in hul lewe saam die kans om 'n paar goed van haar hart af te kry. Dit, terwyl hy agter die koerant sit - sonder om 'n woord te (kan) se. "Hy is nie dood solank as wat sy dit nog nie vir iemand gese het nie," dink sy by haarself. "Hy leef, solank as wat sy wil. Daar is nog baie wat sy vir hom wil se. Wat dit is, sal nog vir haar duidelik word soos die dag aangaan. Vandag moet almal haar met rus laat." Die buitekant van Meneer Jules is 'n roerende relaas van hoe 'n vrou met die onverwagse dood van haar man omgaan. Daarmee saam slaan die uitspraak van Dawid, die outistiese buurseun, wat soggens met Meneer Jules kom skaak speel, dat hierdie figuur slegs die buitekant van meneer Jules is, die leser vierkant tussen die oe. Saam met Alice en Dawid word die leser ingetrek in 'n intieme, soms erg humoristiese, verslag oor Alice en Jules se vroeere lewe saam. 'n Boek wat elke vrou wat nog iets wou se, sal bekoor.
Boas Mei is verward oor baie dinge. Oor hospitaaldrag en boude wat uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om te maak met die wreedheid van die wereld. So verward is Boas dat hy in die hospitaal beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie: Wat die probleem in sy kop is. Geleerde dokters kom naby vuisslaan oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys na hy sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil bek grens aan Tourette- sindroom soos sy stoei met die probleem. Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dit help nie. Daar is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie. Tot hulle hom huis toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. 'n Beter een, want sy ware storie is nie mooi nie. Tinus Horn se aangrypende roman ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms aan die waarheid loop.
Sjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar na die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met 'n mes mis. Haar reputasie is aan skerwe. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke in allerhande gekonkel op die kusdorpie met die kriminele element. As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en uitbuiter-oupas met krawatte...Net toe dinge op dreef kom, keer Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met ’n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou en 'n sukses van haar nuwe werk maak?
Die lyk van Ernst Richter spoel oop in die duine anderkant Parklands - dié Ernst Richter, baas van die omstrede Alibi.co.za, wat 'n maand gelede verdwyn het. Die saak sukkel; boonop het Griessel weer aan die suip gegaan en is Cupido verlief. Dan begin 'n jong wynboer bieg voor 'n advokaat in Kaapstad en keer die hele saak op sy kop . . .
Vuurtoringwagter Hannes Harker word met sy vrou na ’n afgeleё eiland verplaas. Hy ontdek iets wat lank in die toring weggesteek was wat hom sy balans laat verloor, en hy val. In die hospitaal vertel hy met rukke en stote aan verpleegsuster Rika sy lewensverhaal – van sy ma se geheimsinnige dood, van sy onbeheerbare jong vrou, Aletta, en van die verlate eiland waar net die vuurtoringwagters en ghwanowerkers woon. Dié twee groepe leef saam maar tog ook streng apart op een van die onherbergsaamste plekke op aarde. Met die aankoms van ’n karakter uit Aletta se verlede kom haar eie geheime onvermydelik aan die lig, net soos die pruttende spanning en onregte wat die ghwanowerkers so lank verduur het tot uitbarsting kom in ’n enkele, skokkende gebeurtenis. Die Bewaker is die verhaal van twee geslagte vuurtoringwagters – mans verbete in hulle plig, en vroue wat saam met hulle in skrikwekkende afsondering leef. Dit is geskryf in die kenmerkende meevoerende styl waarvoor Marguerite Poland so bekend is, nou vir die eerste keer in Afrikaans. ’n Roman oor die krag van geheime, die krag van die liefde en die krag van stories.
In hierdie bloemlesing ontvou die wonderwereld van mites oor verskeie kulture en grense heen. In Die ding in die riete ontmoet ons opnuut die bose slang in die Skeppingsverhaal, maak ons kennis met die Khoisan se waterslang en al sy seksuele en lyflike konnotasies en leer ken ons die Chinese uitbeelding van Kwan-Yin, ‘n slang van wysheid. Om nie van die meerminne en ander wonderbaarlike wesens ‘n woord te rep nie. Antjie Krog se: “Ek het die stories absoluut boeiend gevind en agtergekom ek sit vasgenael terwyl ek elke een van hulle lees. Die een is werklik so goed soos die ander en ek dink dit is ‘n wonderlike skat wat hier bymekaargemaak is. Ongelooflik dat al die stories so goed is.”
In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue
se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en
inbors word beproef.
Vir die gebruikers van die webwerf Fermata.com is selfmoordvideo’s iets om gedeel en gevier te word – die mees egte ervaring wat hulle kan beleef, en ook wat hulle kan skep. Daniel Roberts, eienaar en bestuurder van die besonder gewilde webwerf, verkoop dit ook so aan sy gebruikers, maar wanneer hy vir die eerste maal in die openbaar oor Fermata.com praat op ’n televisiekletsprogram, gee dit aanleiding tot ’n reeks verstommende gebeure wat nie net sy lewe nie maar ook die van Megan Oosthuyzen (belowende joernalis en jong ma), Chris Grobler (geskeide polisiebeampte wie se oorlede dogter ’n Fermata-bydraer was) en Simon Potgieter (student aan Oxford wat met ontgogeling op talle vlakke worstel) onherroeplik verander . . . en in minstens een geval beeindig. ’n Donker, meesleurende tragikomedie. Dit is Henry Jack Cloete – skrywer, joernalis en musikant – se eerste roman.
Diepsee is ’n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het. Die uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: “Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgele word.” Daar is verlate soutpanne waar mense na jare se saamwoon mekaar eindelik leer ken; wraaksugtige vuurgeeste wat besweer moet word en huwelikspaaie vol duwweltjies om te bewandel; ’n jong man wat vreemde draaie op land en see loop om die Nagmaalvieringe te kan bekostig. Die swaar lot van vroue en kinders in die onherbergsame wereld, in ’n tyd toe die beskawing nog ver kon voel, word subtiel en treffend geteken. So ook die swaarkry van ’n vissermanslewe, maar altyd met die oog ook op die mooie, die humoristiese. Die unieke landskap is aan die verteller en mensekenner so intiem bekend dat die leser moeiteloos saamreis daarheen.
Danie Botha versamel hier sy kortverhale, rubrieke, artikels en gedigte waarin hy dae in sy lewe so helder moontlik probeer oproep. Die helderheid ontstaan onder meer met die gebruik van erns, sensitiwiteit en humor. Hy illustreer hoe hy uit benoudheid na vreugde beweeg. Die drie afdelings (jeugjare; professionele lewe; godsdienstige rubrieke) vorm ’n outobiografie in die kleine van die man van die uitgewerswese, radio en teater.
Dalk begin ’n 1000 stories oor Johannesburg buite ’n konsentrasiekamptent in Turffontein. Miskien op ’n Sondagoggend in Mei 2008 met Samson Dube se xenofobiese moord. Heel moontlik 41 jaar vantevore wanneer ’n jong Zweig en Serenita die stad moet verlaat omdat hul liefde onwettig is . . . Soos wat die geval met ’n 1001 Arabiese nagte is, kan gedeeltes van ’n 1000 stories oor Johannesburg byna in enige volgorde gelees word! Dit is ’n behendig verweefde verhaal oor boorlinge van Johannesburg – uitgewekenes, terugkerendes en die wat nog altyd daar gebly het – hul wel en wee deur die twintigste eeu, en die plekke waar Suid-Afrika hulle in hul lewens laat beland het.
Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik hy die diepte in, na waar die blou water gitswart verkleur. In die donker wiebeling swem hy saam met glimmende visse, kom hy gestorwe voorsate en mitiese figure tee. Bedags hou hy sy nagtelike eskapades geheim. In die oseaan beur hy weg van die sleur wat sy lewe geword het. Hoffie, die wonderkind wat op vyftien sy eerste graad ontvang het; Jan, die minister wat onder Louis Botha en Jan Smuts in die kabinet gedien het. Dis sy soort liberalisme waarteen die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku. Maar wat gaan soek hy snags in die diepblou waters? Francois Loots vervleg kontreitaal met mitologie en die magiese om in die diepblou see gestalte te gee aan een van die fassinerendste Suid-Afrikaners van alle tye.
Die groot anders-maak (1964) is die tweede deel van Jan Rabie se reeks prosawerke oor die vroee geskiedenis aan die suidpunt van Afrika, wat onder die algemene titel Bolandia verskyn het. Die eerste deel was Eiland voor Afrika (1964), die derde deel Waar jy sterwe (1966) en die vierde Ark (1977). Toe die eerste wit trekboere die berge tussen die Boland en die Karoo oorgesteek het op soek na nuwe weiding vir hul steeds aangroeiende veetroppe, was dit die begin van die einde vir die onafhanklike leefwyse van die Khoi-Khoi wat so lank die heersers oor die uitgestrekte vlaktes was. Aan die hand van die lotgevalle van die Hottentotvrou Keas, wat die witmense se lewenswyse leer ken en aanvaar het, maar dan probeer om na haar volk terug te gaan en ontdek dat hulle reeds tot ondergang gedoem is, teken Jan Rabie in Die groot anders-maak die sedelike en fisieke verval van 'n trotse ras en eiesoortige lewensvorm wat nie kon staande bly teen die invloede wat van die nuwe, Europese, intrekkers uitgegaan het nie. "Rabie se [Bolandia]-tetralogie [is] een van die deurtastendste verkennings van die Afrikaner se herkoms en identiteit en - veral wat Die groot anders-maak en Waar jy sterwe betref - 'n waardige bydrae tot die "roots"-verkenning in die hedendaagse literatuur"- JC Kannemeyer. "Die hele verwikkeldheid van ons vroee geskiedenis kristalliseer hier. …" - Anna van Zyl, Kriterium. This novel was published in 1964 as part of a series of novels depicting the early history of Southern Africa, and was regarded as Rabie's best novel. When the first white farmers crossed the mountains from the Boland into the Karoo it was the beginning of the end for the Khoikhoi people who had lived in these parts for so long. This is the poignant story of the decline of a once proud race. |
You may like...
|