Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik
hy die diepte in, na waar die blou water gitswart verkleur. In die
donker wiebeling swem hy saam met glimmende visse, kom hy gestorwe
voorsate en mitiese figure tee. Bedags hou hy sy nagtelike
eskapades geheim. In die oseaan beur hy weg van die sleur wat sy
lewe geword het. Hoffie, die wonderkind wat op vyftien sy eerste
graad ontvang het; Jan, die minister wat onder Louis Botha en Jan
Smuts in die kabinet gedien het. Dis sy soort liberalisme waarteen
die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku.
Maar wat gaan soek hy snags in die diepblou waters? Francois Loots
vervleg kontreitaal met mitologie en die magiese om in die diepblou
see gestalte te gee aan een van die fassinerendste Suid-Afrikaners
van alle tye.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!