Diepsee is ’n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat
sedert 1982 verskyn het. Die uitsonderlike vertellings handel oor
die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die
eerste bundel se flapteks dit gestel het: “Dit is tydlose verhale
waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met
deernis blootgele word.” Daar is verlate soutpanne waar mense na
jare se saamwoon mekaar eindelik leer ken; wraaksugtige vuurgeeste
wat besweer moet word en huwelikspaaie vol duwweltjies om te
bewandel; ’n jong man wat vreemde draaie op land en see loop om die
Nagmaalvieringe te kan bekostig. Die swaar lot van vroue en kinders
in die onherbergsame wereld, in ’n tyd toe die beskawing nog ver
kon voel, word subtiel en treffend geteken. So ook die swaarkry van
’n vissermanslewe, maar altyd met die oog ook op die mooie, die
humoristiese. Die unieke landskap is aan die verteller en
mensekenner so intiem bekend dat die leser moeiteloos saamreis
daarheen.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!