Boas Mei is verward oor baie dinge. Oor hospitaaldrag en boude wat
uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om
te maak met die wreedheid van die wereld. So verward is Boas dat hy
in die hospitaal beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie:
Wat die probleem in sy kop is. Geleerde dokters kom naby vuisslaan
oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys na hy
sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil
bek grens aan Tourette- sindroom soos sy stoei met die probleem.
Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dit help nie. Daar
is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie. Tot hulle hom huis
toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. 'n
Beter een, want sy ware storie is nie mooi nie. Tinus Horn se
aangrypende roman ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms
aan die waarheid loop.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!