Vir die gebruikers van die webwerf Fermata.com is selfmoordvideo’s
iets om gedeel en gevier te word – die mees egte ervaring wat hulle
kan beleef, en ook wat hulle kan skep. Daniel Roberts, eienaar en
bestuurder van die besonder gewilde webwerf, verkoop dit ook so aan
sy gebruikers, maar wanneer hy vir die eerste maal in die openbaar
oor Fermata.com praat op ’n televisiekletsprogram, gee dit
aanleiding tot ’n reeks verstommende gebeure wat nie net sy lewe
nie maar ook die van Megan Oosthuyzen (belowende joernalis en jong
ma), Chris Grobler (geskeide polisiebeampte wie se oorlede dogter
’n Fermata-bydraer was) en Simon Potgieter (student aan Oxford wat
met ontgogeling op talle vlakke worstel) onherroeplik verander . .
. en in minstens een geval beeindig. ’n Donker, meesleurende
tragikomedie. Dit is Henry Jack Cloete – skrywer, joernalis en
musikant – se eerste roman.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!