0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (676)
  • R250 - R500 (774)
  • R500+ (104)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee
R390 R193 Discovery Miles 1 930 Save R197 (51%) Ships in 5 - 7 working days

Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ’n weggooilam wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin gesin in die Lange Kloof kry.

Fiela se kind is ’n boek met ’n warm hartklop, dit is ’n boek oor moederliefde, oor liefde wat oor alle grense heen strek.

“Hierdie roman bevestig op skitterende wyse dat min mense by Dalene Matthee kan kers vashou as dit by die vertelkuns op sy eerste en onderhoudendste kom.” - André P. Brink, Rapport

Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.

Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.

Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.

Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?

Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.

Fransi en die Filmster (Afrikaans, Paperback): Anita du Preez Fransi en die Filmster (Afrikaans, Paperback)
Anita du Preez
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou.

Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is – nonsens.

Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir ’n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis ’n uitstekende reëling – pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerhande lekker dinge aan haar lyf.

Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart gaan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?

Lang Pad Onnetoe (Afrikaans, Paperback): Jason Reynolds Lang Pad Onnetoe (Afrikaans, Paperback)
Jason Reynolds
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Een van die mees bekroonde internasionale jeugromans wat die afgelope tyd verskyn het, is nou in Afrikaans beskikbaar (Oorspronklike titel: Long way down).

Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.

Will is vyftien jaar oud. Hy het 'n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s'n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek.

Of weet hy regtig?

Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van 'n groter storie as die een wat hy dink hy ken …

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om 'n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen - en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.

Satyn Omnibus 7 (Afrikaans, Paperback): Anita du Preez, Lizet Engelbrecht, Ettie Bierman Satyn Omnibus 7 (Afrikaans, Paperback)
Anita du Preez, Lizet Engelbrecht, Ettie Bierman
R227 Discovery Miles 2 270 Ships in 5 - 7 working days

In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na Skamanga verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia daar hê nie. In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk ná hul rampspoedige eerste ontmoeting. In Geërfde liefde moet Nikki Swart noodgedwonge op Kapisya boer. Jan, die mede- erfgenaam, maak die lewe egter vir haar onuithoudbaar.

Plek Van Poue (Afrikaans, Paperback): Henriette Linde-Loubser Plek Van Poue (Afrikaans, Paperback)
Henriette Linde-Loubser
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. In die plek van ’n plaashuis vind Stela ’n stokou kasteel. Met ’n dwerg as butler, ’n preutse huishoudster wat aandring daarop om almal “Master” en “Juffrou” te noem, ’n Sjinese kok en ’n meester wat van bui verwissel soos die weer, kriewel haar ruggraat.

Boonop hang die kasteel vol skilderye van die vorige mistress wat selfmoord gepleeg het. Stela word toenemend geteister deur nagmerries en die gevoel dat sy dopgehou word. Sy word gewaarsku teen spoke en vermoed iemand krap in haar kamer waar sy gereeld pouvere kry. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense?

Plek van poue is ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt.

'n Huis Vir Ester (Afrikaans, Paperback): Carol Campbell 'n Huis Vir Ester (Afrikaans, Paperback)
Carol Campbell
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Twintig jaar lank wag Ester Gelderblom al vir ’n huis. In Oudtshoorn se sner­pende winter tree sy en haar vriendin Katjie aan om te sien of hulle name dalk dié keer op die regering se lys van nuwe huiseienaars verskyn. Ester droom van ’n tuiste vir haar dogter Liedjie, wat Sondae klawerbord by die Bless Me Jesus speel, en ’n plek waar haar man Neville weer op sy voete kan kom.

Maar korrupsie beduiwel alles: Vir omkoopgeld manipuleer amptenare die behuisingskema se waglyste. Wanneer Katjie se blyplek afbrand, neem die twee vroue die reg in eie hande en beset hulle twee leë huise. So sit Ester en Katjie ’n reeks gebeure aan die gang wat alles kosbaar in hul lewens sal bedreig.

’n Huis vir Ester is ’n verhaal oor gierigheid en mag en diestryd om geregtig­heid wanneer goeie mense besluit genoeg is genoeg.

Wintersrust (Afrikaans, Paperback): Joyce Kotze Wintersrust (Afrikaans, Paperback)
Joyce Kotze; Translated by Daniel Hugo 1
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Een familie, deels van Britse en deels van Boere-afkoms, ontdek dat hul lewens onlosmaaklik verstrengel raak deur die onverbiddelike gang van die geskiedenis.

Die Transvaalse politiek en die Britte se arrogante imperialisme sleur hulle mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Liefdes- en vriendskapsbande wat in die Trandvaalse bosveld en die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, word op die slagvelde van Suid-Afrika getoets. Wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in die gruwelike beleid van die verskroeide aarde en ’n guerrillastryd, moet die familielede riskante keuses maak. Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer.

Sommige, wat deur wanhoop oorweldig word, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ’n plek van vrede en vergiffenis uitkom.

(Hierdie is die Afrikaanse vertaling van The Runaway Horses)

Web (Afrikaans, Paperback): Naomi Meyer Web (Afrikaans, Paperback)
Naomi Meyer
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.

Die Reen Kom Nie Maklik Nie (Afrikaans, Paperback): Ina Le Roux Die Reen Kom Nie Maklik Nie (Afrikaans, Paperback)
Ina Le Roux
R167 R109 Discovery Miles 1 090 Save R58 (35%) Ships in 5 - 7 working days

Hierdie belangrike bundel verhale het in 1996 verskyn onder die titel "So lief as wat daardie hoender vir 'n skoot is". Die heruitgawe sluit twee nuwe verhale in: "Die dikwielfiets" en "Die kerk van die holiness". Die vertellerstem is die van Piet Mavhetha, 'n Venda-pastoor, wat met eenvoud en humor vertel van sy mense agter die Soutpansberg en hul swaarkry. Die titels van die stories is reeds sprekend, bv "Ons kry clinic", "Die maand van die honger", "Skool maak meisies mal".

Die Tuiskoms Van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback): Zuretha Roos Die Tuiskoms Van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback)
Zuretha Roos
R385 R227 Discovery Miles 2 270 Save R158 (41%) Ships in 5 - 7 working days

Ná jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in Whitewing Lodge, ’n gastehuis op die rotse naby Visbaai. In die moderne kombuis leef sy haar ten volle uit as sjef; sy raak al hoe meer betrokke by die interessantste mense. Dan verander 'n doodgewone aankondiging oor bykomende gaste vir middagete alles.

Skielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.

Eilande (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh Eilande (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh
R807 Discovery Miles 8 070 Ships in 18 - 22 working days
Salemstraat (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Salemstraat (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie.

Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel.

Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Kroonwild (Afrikaans, Paperback): Henk Breytenbach Kroonwild (Afrikaans, Paperback)
Henk Breytenbach
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ... In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanie deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Die wat in Azanie wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders. Maar in Azanie wil elkeen sy deel hê en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.

Tussen Heinings - 'N Roman (Afrikaans, Paperback): Corlia Fourie Tussen Heinings - 'N Roman (Afrikaans, Paperback)
Corlia Fourie
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Tussen heinings is die oorrompelende verhaal van gewone mense wat ten spyte van alles (misdaad, egskeiding en emigrasie) dit moontlik vind om met hulle lewens voort te gaan en dit tog regkry om die mure van agterdog en onbegrip af te breek. Corlia Fourie weet hoe om emosie vanagter haar karakters se skanse te laat deurglip – effektief, ontroerend en aangrypend.

Die meester se verdigsel (Afrikaans, Paperback): Patricia Schonstein Die meester se verdigsel (Afrikaans, Paperback)
Patricia Schonstein
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days
Witwatersrand (Afrikaans, Paperback): Wilbur Smith Witwatersrand (Afrikaans, Paperback)
Wilbur Smith
R575 Discovery Miles 5 750 Ships in 18 - 22 working days

Op 'n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook 'n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na 'n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem. Maar wie nie waag nie, wen nie . . . In die wildernis wag 'n nuwe avontuur. Niks kry hom onder nie - nie 'n verwoede aanval deur 'n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie - en steeds bly Sean droom van 'n gesin en 'n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het . . .

Witwatersrand is the Afrikaans translation of Wilbur's first book - When the Lion Feeds.

Van Sprokie Tot Tragedie In Die Kollig (Afrikaans, Paperback): Ilse Salzwedel Van Sprokie Tot Tragedie In Die Kollig (Afrikaans, Paperback)
Ilse Salzwedel
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad.

Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beïnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak.

Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur ’n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. ’n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer.

In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou ’n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?

Skoppensboer (Afrikaans, Paperback): Duane Aslett Skoppensboer (Afrikaans, Paperback)
Duane Aslett
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

“Want swart en droef, die hoogste troef . . . oor al wat roer, is Skoppensboer” – die laaste woorde wat Skoppensboer se slagoffers hoor voor hy hulle “uitvee”. Want as hy van iemand ontslae raak, is dit asof hulle nooit bestaan het nie. En dus weet niemand wie Skoppensboer werklik is nie. Daarom word Rex Reynecke se hulp ingeroep. Sy opdrag: infiltreer die onderwereld van georganiseerde misdaad en stel vas wie Skoppensboer is. Maar in hierdie onderwereld is vertroue ? luukse wat niemand kan bekostig nie. Want almal het geraamtes in die kas. Soos Niel Campher, wat slegs sy samewerking gee om die Valke van sy rug af te hou. En wat is die beeldskone Alicia Vermeulen se geraamtes? Want die laaste ding wat Rex in sy omstandighede kan bekostig, is om op ? prostituut verlief te raak.

Die Sirkel Van Bekende Dinge (Afrikaans, Paperback): Johan Vlok Louw Die Sirkel Van Bekende Dinge (Afrikaans, Paperback)
Johan Vlok Louw 1
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Billy se draaktatoe sal skewe kyke lok op die Karoodorpie waarheen sy gesin verhuis. Dis moeilik om in te pas as jou pa die nuwe polisiekolonel is en jou ma haar pille saam met wyn sluk.

Voordat Billy vir Sue ontmoet, wat hom laat droom in ’n aweregse wêreld, bied die gangster Ou Joe se bordeel ’n vreemde troos vir trokdrywers én nuuskierige seuns. Ou Joe beplan om iets hier na te laat voordat hy sy finale geveg met die groeiende kanker in sy maag het.

Ná ’n bloedige nag is Ou Joe se plek in die kolonel se visier en moet Billy stelling inneem terwyl goed en kwaad nog kant kies.

In die styl van ’n moderne western is Johan Vlok Louw se roman vol driftige jonges, motors en gewere. Die boek is ’n vuishou in die maag; die styl so evokatief soos die Karoolandskap waar die verhaal afspeel.

Ctrl Z My Lewe (Afrikaans, Paperback): Cherene Pienaar Ctrl Z My Lewe (Afrikaans, Paperback)
Cherene Pienaar
R133 Discovery Miles 1 330 Ships in 4 - 6 working days

Lucky (oftewel Carla van der Veen) het pas matriek klaargemaak. Haar missie die afgelope twee jaar was om na haar sussie om te sien terwyl haar ma haar drankprobleem probeer uitsorteer. Noudat die huis se geldsake weer klop en haar ma weer OK is, weet Lucky skielik nie wat volgende nie. ’n Antwoord kom in die vorm van ’n Whatsapp-boodskap van haar vervreemde pa wat haar na Barcelona nooi . . .

'n Duisend Stories Oor Johannesburg - 'n Stadsroman (Afrikaans, Paperback): Harry Kalmer 'n Duisend Stories Oor Johannesburg - 'n Stadsroman (Afrikaans, Paperback)
Harry Kalmer
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 6 working days

Dalk begin ’n 1000 stories oor Johannesburg buite ’n konsentrasiekamptent in Turffontein. Miskien op ’n Sondagoggend in Mei 2008 met Samson Dube se xenofobiese moord. Heel moontlik 41 jaar vantevore wanneer ’n jong Zweig en Serenita die stad moet verlaat omdat hul liefde onwettig is . . . Soos wat die geval met ’n 1001 Arabiese nagte is, kan gedeeltes van ’n 1000 stories oor Johannesburg byna in enige volgorde gelees word! Dit is ’n behendig verweefde verhaal oor boorlinge van Johannesburg – uitgewekenes, terugkerendes en die wat nog altyd daar gebly het – hul wel en wee deur die twintigste eeu, en die plekke waar Suid-Afrika hulle in hul lewens laat beland het.

Stippellyn (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron Stippellyn (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R114 Discovery Miles 1 140 Ships in 4 - 6 working days

Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop: ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly.

Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is.

Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van ’n ontdekking van die lewe self.

Madefu se Dieregiere en Goggageite - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Sybie Kleynhans Madefu se Dieregiere en Goggageite - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Sybie Kleynhans
R400 Discovery Miles 4 000 Ships in 18 - 22 working days
Pastoor (Afrikaans, Paperback): Pat Stamatelos Pastoor (Afrikaans, Paperback)
Pat Stamatelos
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Jansie Ziman weet daar het iets verskrikliks met sy vrou gebeur toe sy 'n kind was. Hy weet Kleintjie het 'n berader nodig, hy kan dit insien. En hy moet toegee, sedert sy hierdie Wanda-vroumens begin sien het, lyk dit asof daar iets van die vrag op haar skouers afgelig is. En dit sal seker help as Kleintjie, soos die sielkundige voorstel, haar verhaal begin neerskryf. Hy sal help lees, ja, hy weet mos wat om te verwag. Jansie Ziman het geweet, maar ook nie geweet nie. Weekliks kry hy ’n stapeltjie papier van sy vrou. Hy sukkel aanvanklik, maar leer later haar gedagtestroom verstaan. Dit is die weergawe van Kleintjie se gesprek met die sielkundige, kan hy sien, maar dit is 'n maalkolk van 'n gesprek, 'n byna desperate skermutseling wat om en om tol om ’n donker gat, en stelselmatig in daardie donker gat afgesleur word. En daardie donker gat het ’n naam. Sy naam is Pastoor. Pat Stamatelos vertel op ’n skreiend aangrypende wyse die ware verhaal van ’n vrou wat as ’n jong kind in die hande van ’n pedofiel beland het – in die hande van ’n kerkleier wat sy duiwelswerk onder die dekmantel van jeugberading verrig. Dit is die verhaal van ’n kind wat deur haar lewensomstandighede in hierdie leeukuil gewerp is, die verhaal van ’n vrou wat stadig doodbloei aan die wond wat daardie pastoor haar toegedien het, met die hulp van haar pleegouers se ellendige onkunde. 'n Mindere skrywer sou maklik hiervan iets sensasiewekkend kon maak, maar Pat Stamatelos se hantering daarvan is ’n noukeurige studie van ’n verwonde psige, en ’n onverskrokke oopvlekking van ’n kanker aan die hart van ons samelewing. Hartverskeurend en terselfdertyd absoluut aangrypend.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
IoT Sensor-Based Activity Recognition…
MD Atiqur Rahman Ahad, Anindya Das Antar, … Hardcover R3,987 Discovery Miles 39 870
Applied Semantic Web Technologies
Vijayan Sugumaran, Jon Atle Gulla Hardcover R3,967 Discovery Miles 39 670
Arizona's Historic Bridges
Jerry A Cannon, Patricia D Morris Paperback R557 R511 Discovery Miles 5 110
Open Source Database Driven Web…
Isaac Dunlap Paperback R1,159 Discovery Miles 11 590
The Finite Element Method in Structural…
Gangan Prathap Hardcover R7,182 Discovery Miles 71 820
American Trypanosomiasis Chagas Disease…
Jenny Telleria, Michel Tibayrenc Hardcover R3,484 R3,260 Discovery Miles 32 600
Malassezia and the Skin - Science and…
Teun Boekhout, Eveline Gueho-Kellermann, … Hardcover R4,049 Discovery Miles 40 490
Pathogenesis, Treatment and Prevention…
Mukesh Samant, Satish Chandra Pandey Paperback R2,522 Discovery Miles 25 220
Online Survey Design and Data Analytics…
Shalin Hai-Jew Hardcover R5,304 Discovery Miles 53 040
Advances in Imaging and Electron…
Peter W. Hawkes Hardcover R5,277 Discovery Miles 52 770

 

Partners