Een familie, deels van Britse en deels van Boere-afkoms, ontdek dat hul lewens onlosmaaklik verstrengel raak deur die onverbiddelike gang van die geskiedenis.
Die Transvaalse politiek en die Britte se arrogante imperialisme sleur hulle mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Liefdes- en vriendskapsbande wat in die Trandvaalse bosveld en die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, word op die slagvelde van Suid-Afrika getoets. Wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in die gruwelike beleid van die verskroeide aarde en ’n guerrillastryd, moet die familielede riskante keuses maak. Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer.
Sommige, wat deur wanhoop oorweldig word, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ’n plek van vrede en vergiffenis uitkom.
(Hierdie is die Afrikaanse vertaling van The Runaway Horses)
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!