|
Books > Afrikaans > Fiksie
"Katrienkie is ʼn móét-lees boek, ʼn móét-versprei, móét-bespreek boek. Dit word sonder enige voorbehoud, onvoorwaardelik aanbeveel vir enige persoon wat in chroniese trauma leef of ʼn ongestrykte bondel eie trauma in ʼn laai geprop het." – Maretha Maartens
Hierdie is nie net ’n storie nie maar ’n geselsboek vanuit die skrywer se eie agtergrond wat stap vir stap terapeutiese tegnieke bied aan die getraumatiseerde.
Grondhervorming jaag verskillende emosies by verskillende mense op net soos die kunsmatige skeiding tussen mense. Die onsinnigheid van hierdie skanse blyk eers wanneer verhoudings spontaan ontstaan en toegelaat word om natuurlik te ontwikkel.
Dié boek toon hoe die aktuele werklikheid van grondhervorming in Suid Afrika deur die spontane goeie verhoudings tussen blanke boere en bruin plaaswerkers tot sinvolle en vreedsame naasbestaan kan lei. Hierdie goeie verhoudings is dan uiteindelik verantwoordelik vir die suksesvolle afhandeling van dieselfde plaaswerkers se grondeise op dieselfde en aangrensende plase waarop hulle grootgeword en gewerk het. Die teenoorgestelde word ook in die boek getoon hoe jy weens onaanpasbaarheid en selfsug alles kan verloor indien jy nie hierdie nuwe strewes in Suid Afrika kan aanvaar en daarby aanpas nie.
Die skrywer toon ook die beperkings van eie beheer oor mense se keuses in die lewe. Jy loop jou paaie soos wat dit vir jou uitgestraat is. Die vraag of dit “nie beter sou wees” as die mens vooraf “sy paaie wis” nie, word in die boek aan die orde gebring met die oopvlek van ou geheime van familievetes en buurtwiste. Verbode manewales oor die destydse kleurskeidslyn heen deur die baas van die plaas het drastiese gevolge op die grondeise van al die voorheen benadeelde plaaswerkers. Die aanvaarding van hierdie gevolge laat geen eie keuse nie maar is ook ‘n werklikheid waarmee die lewe almal dan dwing om te lewe.
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet.
Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie.
Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
Die verhaal neem die leser van grootwordjare op die platteland tot 'n verblyf in Rusland waar die heldin steeds nie inpas nie. Die lemming word gebruik as 'n metafoor vir blinde menslike konformisme onder druk van groepe en opvoedkundige instellings.
Die leser sal die heerlike, absurde humor geniet. Sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika loop onder skerp kommentaar deur.
In ʼn afgeleë Kalahari-woestyndorpie ontdek ʼn jong Franse non, Léonie Duvernois, dat haar lewe lyflik en aards is; en om lief te hê onkeerbaar soos ʼn fontein in jou opborrel.
Sy leer ken die jong Vader Simon, die kaalvoet priester wat die klein woestynkatedraal eiehandig gebou het en wie se biblioteek vol verbode boeke is. Ook die vreemde hondkind wat hande-viervoet deur die dorpie se strate hardloop en die geheimsinnige, streng Suster Agnes. By die wyse ouma Pop leer sy: “… hier op die aarde het ons net ons lywe en ons moet lewe en glo met ons lywe.”
Wanneer Léonie in die skemerlig kaal swem in die Grootrivier, raak sy met verwondering aan haar borste en heupe en voel hoe die water al langs haar rug streel as sy haar oorgee aan die sorgelose vryheid van ligter word en wegdryf.
Hierdie is die universeel, eg-menslike verhaal van ʼn klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ʼn skrale wete is.
|
You may like...
Droomjagter
Leon van Nierop
Paperback
R340
R304
Discovery Miles 3 040
Kwaaiwater
Irna van Zyl
Paperback
R365
R342
Discovery Miles 3 420
Doolhof
Rudie van Rensburg
Paperback
R365
R342
Discovery Miles 3 420
Polsslag
Marie Lotz
Paperback
(1)
R360
R337
Discovery Miles 3 370
Dolos
Jaco Wolmarans
Paperback
R370
R347
Discovery Miles 3 470
Koors
Deon Meyer
Paperback
(4)
R375
R352
Discovery Miles 3 520
|