Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Thea Holland se vorige Romanzas, Doodgewone wonderwerk, ’n Onverstandige vrou en Bruid in blou.
Doodgewone wonderwerk
Elizabeth se erfporsie is daarmee heen en sy moet vir die temperamentele Simon, ’n skrywer, huishou om te oorleef. Dit sukkel maar met die kosmakery. Dalk is ’n huishoudster nie wat hy nodig het nie ...
’n Onverstandige vrou
Toe Jens Nielsen Laetitia destyds nie wou hê nie, het sy die pad gevat en hulle kind alleen kom grootmaak. Nou gaan sy terug Denemarke toe om Dot se pa vir haar te gee. Maar opnuut tuimel haar kaartehuis ineen.
Bruid in blou
Sondagoggend gesels Jess met haar vriendinne oor haar wittebrood wat oor twee weke begin. Haar droomtroue is tot in die fynste besonderhede beplan. Maandagmiddag trou sy in ’n blou rok en met die verkeerde man voor die landdros.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!