0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (776)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie.

En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.

Son Op Die Water - (15+) (Afrikaans, Paperback): Louis Kruger Son Op Die Water - (15+) (Afrikaans, Paperback)
Louis Kruger
R134 Discovery Miles 1 340 Ships in 4 - 6 working days

Mannas vlug weg van die benouende kleindorpse bestaan saam met sy ouers. Hy neem 'n verlate woonboot oor en wil al met die river langs vaar, al met die kusdorpe langs tot daar waar daar nog nie oorlog is nie... Ongenooid kom Gaai by hom aan, dan Fia, dan die twee naamlose kleintjies uit die geplunderde dorp. Die tog met die rivierboot in die skadu van die paddastoelwolk word 'n soektog na 'n verlore paradys. 'n Besonderse jeugroman oor 'n groepie jongmense te midde van 'n kernoorlog. Maar dit is meer as net 'n jeugverhaal - ook volwassenes sal aangegryp word.

Landskap Met Vroue En Slang (Afrikaans, Book): Lettie Viljoen Landskap Met Vroue En Slang (Afrikaans, Book)
Lettie Viljoen
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days
Bakgat, En Wat Van My? (Afrikaans, Paperback, Reissue): Hans Du Plessis Bakgat, En Wat Van My? (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Hans Du Plessis
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 6 working days
Naand, Ella! Nag, Joan... (Afrikaans, Book): Albert Lintveld Naand, Ella! Nag, Joan... (Afrikaans, Book)
Albert Lintveld
R78 Discovery Miles 780 Ships in 4 - 6 working days
Pan SE Pretboek (Afrikaans, Paperback, Reissue): Charles Malan Pan SE Pretboek (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Charles Malan
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 6 working days
In Die Skadu Van Berg Athos (Afrikaans, Book): Rona Rupert In Die Skadu Van Berg Athos (Afrikaans, Book)
Rona Rupert
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 4 - 6 working days
Vuurvlieg En Boomklim (Afrikaans, Book): Pieter Lourens Vuurvlieg En Boomklim (Afrikaans, Book)
Pieter Lourens
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 6 working days
So Lief as Wat Daardie Hoender Vir 'n Skoot Is (Afrikaans, Book): Ina Le Roux So Lief as Wat Daardie Hoender Vir 'n Skoot Is (Afrikaans, Book)
Ina Le Roux
R101 Discovery Miles 1 010 Ships in 4 - 6 working days
'n Middag-Special (Afrikaans, Book): Junita Joubert 'n Middag-Special (Afrikaans, Book)
Junita Joubert
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 4 - 6 working days
Koms Van Die Hyreen (Afrikaans, Paperback, Reissue): Dolf van Niekerk Koms Van Die Hyreen (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Dolf van Niekerk
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days
Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback): Elsa Hamersma Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Hamersma
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar.

Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.

Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.

Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?

Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle geërf het.

Dag Drie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Dag Drie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie.

Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.

Hoefyster Van Die Hart (Afrikaans, Paperback): P.J. Philander Hoefyster Van Die Hart (Afrikaans, Paperback)
P.J. Philander
R162 Discovery Miles 1 620 Ships in 4 - 6 working days
Spieserye (Afrikaans, Paperback): Jan Spies Spieserye (Afrikaans, Paperback)
Jan Spies
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days
Meulenhof SE Mense (Afrikaans, Book): Linda Joubert Meulenhof SE Mense (Afrikaans, Book)
Linda Joubert
R99 Discovery Miles 990 Ships in 4 - 6 working days
Die Hemeltuin (Afrikaans, Book): Karel Schoeman Die Hemeltuin (Afrikaans, Book)
Karel Schoeman
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days
Uit Die Hart Van 'n Vrou (Afrikaans, Paperback): Rozaan De Wet Uit Die Hart Van 'n Vrou (Afrikaans, Paperback)
Rozaan De Wet 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Claire die krat met leë drankbottels ontdek, skiet haar gemoed vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem.

Dit grief haar dat haar man so pateties afhanklik geword het van drank en dat dit veroorsaak dat selfs sy waardigheid in die slag bly. Die ergste is sy ontkenning van die probleem en dat hy halsstarrig op ’n pad van selfvernietiging is.

Daarenteen weifel Wanda by haar eie vurk in die pad. Net toe sy dink Sephus het sy ou streke laat staan, steek dit weer kop uit en moet sy uit noodweer optree om dinge stil te hou want die dorp is klein.

Sy ken haar man en sy beheer oor haar. Hy maak haar sag om haar lojaliteit te koop, maar sy is gekonfyt daarin om hom te paai en sy onbeheersde woedebuie te temper, hoewel dit nou so geëskaleer het dat dit onhoudbaar is. Beide vriendinne sukkel om emosioneel kop bo water te hou, maar daar is troos in susterskap.

Liefde in die Tyd van die Internet (Afrikaans, Paperback): Fransi Phillips Liefde in die Tyd van die Internet (Afrikaans, Paperback)
Fransi Phillips
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 2 - 4 working days

Al sê haar shrink nou ook wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut.

Om uit haar nagmerrie-verhouding en -werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap, kry Hanna werk as Engelsonderwyser in Moskou – met die raad en hulp van skrywer-karakter Fransi Phillips, wat self in Moskou Engels gee en Hanna as storiekarakter wil inspan. Daar gekom, is een van Hanna se eerste Skype-leerders die onweerstaanbare Nureyev lookalike Wolf79, ’n skeepsmagnaat en man van formaat. Maar sy’t dan juis Rusland toe gevlug om haar as professionele vrou te kom bewys, nie om halsoorkop verlief te staan en raak nie! En wat voer Phillips anyway in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van ’n verloofde wat Hanna in Pretoria agtergelaat het . . .

In hierdie verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser verras word, lê van die lag, dalk ongemaklike nuwe gedagtes dink, en régdeur tonekrul-lekkerkry vir die mees oorrompelende romanse nóg.

Die Hele Dorp Weet - (15+) (Afrikaans, Paperback): Santie Grosskopf Die Hele Dorp Weet - (15+) (Afrikaans, Paperback)
Santie Grosskopf
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 6 working days
Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback): Stefan Enslin Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback)
Stefan Enslin 1
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou.

Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig.

Fiela Se Kind - (Massa-Sagteband) (Afrikaans, Paperback): Dalene Matthee Fiela Se Kind - (Massa-Sagteband) (Afrikaans, Paperback)
Dalene Matthee
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 6 working days
Vlindervlerke (Afrikaans, Paperback): Anna Penzhorn Vlindervlerke (Afrikaans, Paperback)
Anna Penzhorn
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Madagaskar is Ilana se volgende bestemming, waar sy foto’s van modelle gaan neem. Al wat sy nog moet afhandel, is ’n ontmoeting met die vlieenier van ’n privaat vliegtuig wat haar en een van die modelle soontoe sal neem. Dit is in hierdie stadium wat sy ’n onaangename verrassing in haar en haar verloofde se woonstel kry en die verlowing summier beeindig voor sy die vliegtuig haal. Maar die noodlot werk nie saam nie en Madagaskar is nie waar die ligte vliegtuig met Ilana, ’n model en die vlieenier neerstryk nie. Dit het verreikende gevolge ... Terug in Suid-Afrika het Ilana meer as net haar verbreekte verlowing om te hanteer. Ou beloftes, haar voog se verswakte gesondheid en ’n sameloop van omstandighede bring haar onder die besef dat sy nie anders kan as om die verlowing te heroorweeg nie. Die verwikkeling pas glad nie in by die gevoel wat sy en die vlieenier vir mekaar begin ontwikkel het nie maar dit lyk nie asof sy ’n keuse het nie. En so kom haar troudag al hoe nader terwyl haar hart huil oor ’n man wat haar hele lewe verander het. Ilana gaan blykbaar die onwillige verloofde bly wat byna van buite toekyk hoe haar toekomsdrome ineenstort.

Bome Van Kennis En Ander Verhale (Afrikaans, Book): M.C. Botha Bome Van Kennis En Ander Verhale (Afrikaans, Book)
M.C. Botha
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 4 - 6 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Stiltetyd
Marita van der Vyfer Paperback R297 Discovery Miles 2 970
Moederland
Madelein Rust Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R370 R321 Discovery Miles 3 210
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150

 

Partners